Markus Jooste as lid van Saica geskors

Markus Jooste. Foto: Henk Kruger/ANA

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica) het Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, se lidmaatskap opgeskort.

Saica het Donderdag in ʼn verklaring gesê Jooste het vroeër vanjaar sy bedanking aan die instituut aangebied, maar die direksie het dit egter goedgedink om hom eerder te skors hangende die afhandeling van tugstappe teen hom.

Steinhoff se destydse aankondiging oor “moontlike rekeningkundige onreëlmatighede” en Jooste se bedanking in Desember 2017 het dié maatskappy se aandeelprys laat tuimel waarna ʼn ondersoek na Jooste se aandeel in die skandaal van stapel gestuur is.

Luidens die verklaring is die besluit om Jooste se bedanking van die hand te wys en eerder sy lidmaatskap op te skort, gemaak kragtens die instituut se verordeninge.

Dit is ook só aan Jooste se regspan deurgegee, verduidelik Saica.

Saica het ook Jooste se regspan daarop gewys dat hul kliënt nie die tugondersoek wat hulle teen hom gaan instel, kan vermy deur bloot sy bedanking in te dien nie.

Die instituut verseker dat die verordeninge só ontwerp is om seker te maak dat enige dissiplinêre ondersoek onafhanklik, wettig en regverdig sal geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jepetto ·

Markus Jooste en die Guptas kan onder die selfe kam geskeur word Ek weet van ou mense wat nou deur hulle kinders versorg moet word . Dit deur sy toedoende Hy sal sy dag kry Tronk toe !!!

Linda ·

Staatsamptenare en pensionarisse se pensioene is in gedrang!

Linda ·

Jooste het hierdie idee dat as hy bedank hy net van alles af kan wegstap. Saica doen dinge op die regte manier. Dankie !

Johann M van Heerden ·

Of hy Markus of Marcus is nie ter sake nie. Die groot saak is egter dat hy deur sy optrede ons Afrikaanse besigheidsmense ‘n ongelooflike vernederende slag toegedien het in ons geveg om moreel staande te bly binne ‘n see van onbevoegde amptenare en politici. Hy het die morele mat onder ons voete uitgepluk en ongelooflike geloofwaardigheid skade gedoen. Dit is meer skade as die miljoene Rand wat hy laat verdwyn het. Ek dink hy moet lank tronk toe gaan.

A ·

Amen – ek stem saam.

Ek hoop net SAICA gaan nou ander ook skors wat bedrog pleeg.

Aksie Suid-Afrika ·

Dis gewis so….. sy selfsug-en hebsuggedrewe kriminaliteit, kan ook as hoogverraad verklaar word. Hy het nie bloot sy vriende, familie en sakevennote verraai nie, maar elke belegger en burger. Wanneer word daar op sy bates beslag gelê? Wie beskerm hom en waarom? Tronk toe vir die res van jouu lewe, Markus!

erika ·

Laat Markus met ‘n C of K maar tronk toe gaan en sy duur perde, vakansie huise en lewe maar verder agter trallies gaan doen. Dit is hoekom ons almal meer moet opdok agv mense wat korrup is. Hoop hulle maak van hom ‘n voorbeeld en van vele meer!!

ne ·

Skors? Wie betaal hom? Hy het lankal sy eie voorsorg fonds met al die warm geld.

Gert van Wierdapark ·

Hy het miljarde Rande se beleggings vernietig, nie miljoene nie! Die feit dat hy nog “los rondloop” en niemand hom ‘n potlood-pil voer nie, is’ n wonder!! Hoe gouer hy aangetree en uitsorteer word, hoe beter. Hoop nie dieselfde pad gaan geloop word soos met die Sharemax-sage nie, want dit is en bly ‘n SKANDE! Jooste hoort in die politiek. Sit hom in pres CR se taakspan om Eskom “reg te ruk”! Hy sal egter gou agterkom dis’ n ” perd van ‘n ander kleur” waarop jy nie kan wed nie!! He-he-he

Niklaas ·

Ek dink Jooste lag stilletjies vir almal. Hy het sekerlik goed voorsorg getref en miljoene iewers veilig belê en lê intussen maar laag, uit die openbare oog. Want deur sy dade is menigtes in wanhoop en daar word sekerlik baie wraak planne gesmee deur vele. Maar geen sukkel bestaan wag op Jooste nie. Die wiel draai , maar te stadig na die sin van baie van ons.

Willem ·

Ek stem. Lyk my die wiele gaan ‘n ewigheid vat. Sou gehoop het Saica het hom lankal geskors. Ongelukkig soos met alles in ons regstelsel, het almal van dit vergeet voor iets gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.