Mark Scott-Crossley in hegtenis geneem

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Mark Scott-Crossley, die man wat deur die Limpopo-polisie gesoek is nadat hy glo verlede maand ʼn man omgery het, is Woensdagmiddag in Pretoria in hegtenis geneem.

Brig. Motlafelo Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Scott-Crossley is vergesel deur sy regsverteenwoordiger toe hy homself aan die polisie oorgegee het. “Hy sal na Limpopo gebring word waar hy op ʼn aanklag van poging tot moord tereg sal staan. Hy sal binnekort in die Hoedspruit-landdroshof verskyn,” het Mojapelo gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn lasbrief is op 21 Desember vir Scott-Crossley se inhegtenisneming uitgereik in verband met ʼn voorval op 14 Desember.

Silence Mabunda (37) het glo op dié betrokke dag iets by ʼn winkel in Hoedspruit gekoop.

Mojapelo het vroeër gesê Mabunda het buite die winkel op sy foon staan en praat toe ʼn man dit uit sy hand gegryp en op die grond stukkend gegooi het.

Mabunda het toe glo teruggestap na sy werkplek, ʼn wildrehabilitasiesentrum buite Hoedspruit. Dit is toe dat hy glo deur ʼn voertuig omgestamp is waarna die bestuurder ook met die voertuig oor hom sou gery het. Volgens berigte het Mabunda ernstige beserings aan sy bene opgedoen en loop nou met krukke.

Die polisie het aanvanklik ʼn tref-en-trap-ongeluk ondersoek, maar dit is intussen na ʼn saak van poging tot moord verander.

Scott-Crossley is in 2005 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord op een van sy werkers, Nelson Chisale, wat in ʼn hok met drie wit leeus gegooi is. Chisale is glo ook erg aangerand deur twee ander werkers voordat hy in die hok gegooi is.

Scott-Crossley se skuldigbevinding is in 2007 deur die appèlhof ter syde gestel en sy vonnis is na vyf jaar tronkstraf verander vir medepligtigheid aan die daad aangesien daar nie bepaal kon word of die oorledene moontlik al weens die aanranding gesterf het voordat hy in die leeuhok gegooi is nie.

Scott-Crossley is in 2008 op parool vrygelaat en het teen einde 2010 sy vonnis uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Arizona ·

Sal geen bande met die man wil he nie. Hy klink soos n pshyco

Maryna ·

Ai tog, gaan hy ooit ophou die pad mis stap? Ek wonder egter hoe sy sussie se verdwyning destyds sy gemoed/menswees opgeneuk het… Dink ek sal beslis heeltemal uithaak as iemand van my net weg is asof hy/sy nooit bestaan het nie.

Net hartseer ·

Dit is hartseer, ek dink daar is nooit na hom gekyk nadat sy sussie weg is nie, inteendeel, ek dink al die familie het al hul energie gebruik om die sussie te vind. Dit is die hartseer wat sulke goed tot gevolg het, hy moes egter tot realiteit gekom het met die vorige probleem. Jy kan nie jou frustrasies op ander mense uithaal nie….. no ways.

dook ·

net daar gestaan en op sy foon praat en die word stukkend gegooi , hy stap toe maar terg kapama toe en word omgery deur die selfde persoon ? sonder geen rede . ja ja — nie reg wat hy gedoen het maar vertel die hele storie ??

Liewe heksie ·

Ek sê ook vertel die hele storie?????? En die man moet dringend hulp kry

Cherokee ·

Soos jy uitwys, die meeste word nie vertel nie. Dit klink asof hy ‘n skroef los het maar dit moet los bearings en nie net skroewe wees as hy dit alles sou doen sonder uitlokking. Betreffende sy sussie, was sy nie ‘n Van Rooyen slagoffer nie? Hy blyk uiters ongebalanseerd te wees.

Alida ·

Is daar konkrete bewyse dat hy die man met opset raakgery het.

Cherokee ·

As hy nie die man met opset raakgery het nie, is dit steeds tref en trap.

louis ·

Ek is seker die ou se kop is nie reg nie .stuur hom weskoppies toe.

snoefie ·

die trauma van wat met sy sister gebeur het wat hom Santa’s. maar selfoon uit vreemdeling se hand gryp en stukkend gooi dan dieselfde mens gaan omry klink nie vir my rassisties nie. wat het daartoe aanleiding gegee?

Francie ·

Weer ‘n geval van iemand wat eintlik nog in aanhouding moes wees (lewenslank ?). Hoeveel soortgelyke gevalle gebeur wanneer daar ‘n
bespotting van die strafreg gemaak word en misdadigers weer in die samelewing ‘losgelaat’ word? Jammer, trauma is vir my nie ‘n geldige verskoning nie – is almal wat trauma beleef het dan verskoonbaar vir hulle optrede? Wat van die slagoffers?

Piet ·

Mooi so mede Afrikaans sprekende vriende veroordeel hom na ‘n eensydige rubriek wat nie sy kant stel nie ….dit is hoekom ons is waar ons is

Katinka ·

Niks gee hom die reg om iemand leed aan te doen nie. Die feit dat hy Afrikaans praat, maak ook niks van my nie. Die feit bly staan hy het iemand omgery en weggery. Hy moes nooit parool gekry her nie, want hy toon duidelik dat hy geweldadig is en ‘n probleem met sy humeur het. Wat in sy kinderdae gebeur het, het dalk ‘n invloed op sy gedrag, maar dit gee hom nie die reg om te maak soos hy wil nie. Daar is baie mense wat deur trauma gaan en nie so optree nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.