Maroela Media se 10 gewildste nuusstories vir 2023

Hierdie nuusstories is in 2023 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. ‘My kind is dood en niemand het antwoorde’

ʼn Ma van Gqeberha (Port Elizabeth) pleit vir antwoorde ná haar geliefde dogter in haar woonstel oorrompel en geskiet is en enkele dae later gesterf het.

  1. SA rockreus sterf

“Ons sal hom onthou  vir sy opregtheid, sy liefde vir sy medemens en sy absolute passie vir musiek.”

Kobus de Kock Jnr (voor) saam met André Kriel (regs) en Casey Rothman en Gareth Bunge van The Black Cat Bones. (Foto: The Black Cat Bones/Facebook)

  1. Oorsaak van Bradley Olivier se dood bekend

Bradley Olivier, bekend om sy rol as Danny Jantjies in Binnelanders, is op 20 Julie in die Life Flora-hospitaal in Roodepoort oorlede nadat hy aanvanklik deur masjiene aan die lewe gehou is.

  1. Willem Kruger: Uitslag van nadoodse ondersoek bekend

Die uitslag van die nadoodse ondersoek op Willem Kruger is bekendgemaak.

Willem Kruger (Foto: Facebook)

  1. Ma, twee kinders, met selfdoodbrief aangetref

ʼn 41-jarige ma en haar twee jong kinders is dood by hul huis in die Wierda Glen-landgoed, Centurion, aangetref.

Die Joubert gesin (Foto: Facebook/Deon Joubert)

  1. ‘Geen vuilspel’ vermoed in Mia Kühn se afsterwe

Mia Kühn, die 16-jarige leerder van Hoërskool Garsfontein in Pretoria wie se liggaam op die skool se rugbyveld ontdek is, se familie sê geen vuilspel word in haar afsterwe vermoed nie.

Mia Kühn (Foto: Gustav Kühn/Facebook)

  1. Geliefde gesinshond verskeur ma, seun

ʼn Gesin van Benoni se lewe is onherroeplik verander toe hul geliefde gesinshond, Zeus, sy eienaar, Linda Venter (37), en haar 11-jarige seun, Breyden, by hul huis in Brentwoodpark aangeval het.

Die Venter gesin (Foto: Verskaf)

  1. Paartjie dood by Clarens-saamtrek gevind

’n Paartjie van Gauteng is dood in ’n tent buite Clarens in die Oos-Vrystaat aangetref. Hulle was saam met honderde ander Suzuki Jimny-aanhangers by ’n saamtrek wat die naweek daar gehou is.

Carl Koen en Sharon de Villiers. (Foto: Carl Koen/Facebook)

  1. Jong man sterf ná hou buite kuierplek

“Seun, hoe begin ek môre sonder jou? Hoe moet ek elke dag sonder jou aangaan? Jy was my steunpilaar …”

Charlotte en Celvin Seaborne (Foto: Facebook)

  1. Van skottelgoedwas tot ongevalle: ‘Ek wou net my ma help’

ʼn Jong man wat sy enkelma wou help deur die skottelgoed te was terwyl sy by die werk was, moet nou maande lank rehabilitasie ondergaan nadat ʼn glas in sy hande versplinter en sy linker-middelvinger tot op die been gesny het.

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.