Maroela Media kan onthul dat die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik glo aansoek gedoen het om sy mediese parool na gewone parool om te skakel.
ʼn Betroubare bron in die departement van korrektiewe dienste het gesê Shaik het die aansoek ingedien.
Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement, kon slegs aan Maroela Media bevestig dat die departement korrespondensie van Shaik se regsverteenwoordiger ontvang het, maar dat die inhoud daarvan nie in die stadium bekend gemaak kan word nie. “Volgens ons beleid kan ons nie gevangenes se persoonlike lewe of gesondheid in die media of enige ander openbare domein bespreek nie,” het Wolela gesê.
Shaik is in Maart 2009 op mediese parool vrygelaat nadat hy twee jaar en vier maande van sy vonnis uitgedien het. ʼn Groot gedeelte hiervan is egter in tronk- of private hospitale deurgebring. Daar is aangevoer dat Shaik chroniese hoë bloeddruk het en dat dit van sy ander organe aangetas het. Die wetgewing rakende mediese parool is ná Shaik se vrylating verander.
Shaik, pres. Jacob Zuma se gewese finansiële adviseur, is in 2005 skuldig bevind aan twee aanklagte van korrupsie en een van bedrog. Hy is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Shaik het in 2008 om presidensiële kwytskelding aansoek gedoen.
Die departement van korrektiewe dienste moes al by meer as een geleentheid ondersoek instel nadat Shaik glo sy paroolvoorwaardes oortree het. Hy het glo een keer op ʼn ongemagtigde tyd gaan inkopies doen terwyl hy die ander keer na bewering springlewendig op die gholfbaan gesien is.
Die wonderwerk van die eeu,Half dood en skielik gesond.Hy wil seker vryelik op Nkandla gaan kuier.
Ag waarom nie, al die ander kriminele, moordenaars en terroriste loop vry rond, watter verskil maak dit watse parool , hy loop In elk geval lankal vry rond.
Maar Clive Derby Lewis word nie mediese parool toegestaan nie, iemand wat werklik siek is!
Geld wat daar praat,jy kan alles vandag regkry met geld.
Dan kan Shaik mos nou sy tronkstraf uitdien as hy nou so gesond is
Terminaal siek beteken lewensverwagting van 12 maande en minder, sluit hom onmiddelik op as sy toestand so wonderbaarlik herstel het.
Dan is die wetsem mos nou uiteindelik gesond genoeg om sy vonnis uit te dien?