
Massmart Holdings bedryf ondermeer Game, Makro, Dion Wired en BuildersWarehouse in Suid-Afrika. Foto: InceConnect.co.za
Die kleinhandelsgroep Massmart gaan dalk binnekort 34 winkels sluit. Dit sal na verwagting duisende mense hul werk kos.
Die groep het Maandag in ʼn verklaring gesê hulle is besig met ʼn konsultasieproses in ooreenstemming met die Wet op Arbeidsverhoudinge. Massmart se moedermaatskappy is Walmart in Amerika en besit winkels soos Game, Makro, Builders Warehouse, DionWired en Jumbo. Sou die groep voortgaan met die sluiting van 34 winkels, kan tot 1 440 mense hul werk verloor. Volgens die verklaring sal die sluitings veral DionWired- en Masscash-winkels beïnvloed.
Maroela Media het reeds in Mei verlede jaar berig dat Massmart se toekoms troebel lyk. Toe het die maatskappy reeds sowat 13% van sy waarde op die aandelebeurse verloor nadat hy gewaarsku het dat sy tussentydse wins met tot 50% kan daal.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
41 Kommentare
DionWired doen mense so in, met swak customer service, dis nie asof die mense daar werk nie, so kan net sowel toemaak.
Realiteit van ANC SA besig om nou in te tree.
Builders kan ook maar toemaak, swak diens en hoë pryse is hulle ondergang
Klagoworna dat dit gaan gebeur , maar slimmer as die wyse met die lang baard wat op die berg sit . Walmart gaan nie hul vingers brand in ‘n smeulende stinkende ashoop nie .
Ek moet sê dat ek nog elke keer dat ek by Builders Warehouse in N1 City was, ek fantastiese diens gekry het.