Maties verdedig prof. wat Omikron bevestig

Prof. Tulio de Oliveira (Foto: World Health Organization African Region/Facebook)

Die Universiteit Stellenbosch (US) het in die bres getree vir een van sy navorsers wat gekap word omdat hy die voorkoms van die Omikron-variant bekend gemaak het.

Prof. Tulio de Oliveira – ’n bioinformatikus en professor in Bioinformatika aan die US se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke – is een van verskeie wetenskaplikes wat Donderdag saam met die departement van gesondheid die voorkoms van die nuwe B.1.1.529-variant bevestig het.

De Oliveira word sedertdien wyd op sosiale media gekritiseer vir die bekendmaking, veral nadat verskeie lande hul grense in reaksie daarop vir reisigers vanuit Suid-Afrika en sy buurlande gesluit het. Duisende reisigers se planne is boonop in die wiele gery.

Die US sê nou De Oliveira het ’n morele plig en verantwoordelikheid teenoor die publiek gehad om die variant bekend te maak – ongeag hoe hulle daaroor voel.

“As ’n voorste navorsingsintensiewe universiteit in Suid-Afrika neem die Universiteit Stellenbosch sy morele plig ernstig op om die publiek en openbare gesondheidsowerhede oor enige navorsingsbevindings oor nuwe variante in te lig wat uiteindelik in die publiek se beste belang sal wees en om maatreëls voor te stel ter beskerming van openbare gesondheid.

“Gegewe die pandemietoestand waarin ons ons bevind, is dit ons plig om die breër publiek van ’n nuwe variant bewus te maak,” sê prof. Eugene Cloete, die US se viserektor: navorsing, innovasie en nagraadse studies.

“Ons het dit voorheen gedoen en glo dit is ons wetenskaplike en etiese verantwoordelikheid om betyds inligting oor deurbraakvariante te deel soos en wanneer dit geïdentifiseer word. Dit sou onverantwoordelike wetenskap wees om nie hierdie belangrike inligting aan die publiek bekend te maak nie,” sê Cloete.

Hy sê voorts die US bly verbind tot die verskerpte nakoming van bewese veiligheid- en gesondheidsmaatreëls. Die universiteit bestempel veral inenting as ’n onontbeerlike instrument in die bekamping van die Covid-19-pandemie.

“Daar bestaan geen twyfel dat entstowwe die oordrag van die virus verlaag en dat dit mense teen ernstige siekte, hospitalisering en sterfte beskerm nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

casper ·

Die man het sy werk deeglik gedoen en verdien alle eer – Nie kritiek nie!!!

Marius ·

Het hy media toe gehardloop of die departement van gesondheid ingelig? Indien hy dit net uitbasuin het is dit verseker ñ dom ding gewees om te doen want wat het dit ons gebaat? Kansellasies stroom sedertdien in en nog mense het geen inkomste nie.

Deon ·

Die berig lees dat hy dit saam met die departement van gesondheid publiek gemaak het

Henri ·

Gun hom sy oomblik. Oor drie maande is daar weer ‘n nuwe variant en ‘n ander wetenskaplike wat die lof en eer ontvang vir die ontdekking.

Ellie ·

Ek wil net baie graag weet hoe besluit hulle op die naam?
Ek meen B1 klink mos nou baie beter as omikron…

Herman ·

Die die 15 letter van die griekse alfabet. Met ander woorde die 15 variant van covert sedert die begin. Diw volgende een gaan die 16 letter wees, wat dit ookal is.

Kokerboom ·

Kon meer diskreet en sensitief gewees het! Hy is nie een wat gaan ly!Dit gesien teen massa histerie wat sosiale media veroorsaak

Kalla ·

Sy werk is sy eer, kom net sy pligte na! Is dit so moeilik om te verstaan?

Kokerboom ·

Dit was nie in twyfel getrek maar hoe jy die sensitiewe saak hanteer

ONTPS ·

So hoe moes hy dan die saak hanteer het na jou mening? Hy het die Departement van Gesondheid ingelig en daarna het hulle dit saam bekend gemaak. Wat moes hy meer doen?

Jacobus ·

Eers is die virus in China gemaak nou is daar sommer n nuwe variant wat van SA is.

Hennie ·

Hy wou ook maar net sy naam in die kollig kry, en kyk waar sit ons nou! Die hele situasie kon beter gehanteer gewees het.

Astrain ·

Morele plig sluit ook in om die nagevolge van so ‘n aankondiging te maak? Met ‘n styging van 90% in selfmoord syfers, waar is die moraliteit dan? Dinge is nooit net swart en wit nie!

AH ·

Wat sou enige van julle wat sulke negatiewe kommentaar lewer gedoen het as dit jou werk was? Tel eerlikheid en integriteit nie meer nie?

Johan ·

Hy onder opdrag van biden en gates soos meeste van elites van die wereld orde sal nooit jab neem eks nie ryk maar het gesonde verstand

4ntj13 ·

Arme man! Dis vir my ondenkbaar dat hy moes stilbly na so ʼn belangrike ontdekking.
Ek bid dat Omicron sal uitdraai as die eerste nie-dodelike variant, maar intussen sal ek ekstra versigtig wees vir dit. Baie dankie!

SomeOne ·

die son mag ook nie op ander skyn nie, prof moenie dat die wêreld jou probeer onderkry nie

christo ·

Die US het sekerlik prosesse en prosedures wat gevolg moet word. Indien daar nie prosedures gevolg is nie, dan is dit ‘n interne aangeleentheid by US. Ek dink mense is besig om te kritiseer sonder dat hulle bewus is van al die feite op die tafel is.

annie ·

Was hierdie variant nie maar die sg ligte-covid nie, terwyl die erger vorm selfs die dood tot gevolg het? Dalk is daar nog ander variante wat iewers lustig rond kater. In 1918 was dit veral jong gesonde mense wat gesterf het en niemand weet hoekom nie. Om met sulke vetters te peuter soos in Sjina moet strafbaar wees. Uiteindelik word dit groot geld vir ‘n paar mense en verdriet en skade vir baie ander.

DJ ·

Net nog ‘n professor. Wat die Corona virus met al sy kamtige variante aangryp om vir homself naam te maak. Die oomblik is net te groot en hy gee nie om vir die skade wat sy vreesaanjaery veroorsaak nie.

Samuel ·

Hy het sy werk baie goed gedoen. Ek het gedink hy is aan KRISP verbonde?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.