Matriekeksamen: Alles in plek, sê minister

Minister Angie Motshekga (Foto: @DBE_SA/X/Twitter)

Die matriekeindeksamen van 2023 begin Maandag en volgens Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, is alle maatreëls ingestel om te verseker dat dit glad sal verloop.

Volgens Motshekga het Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding, alle vraestelle vir die eindeksamen goedgekeur.

“Ons het veiligheidsmaatreëls verbeter om die uitlek van vraestelle in al nege provinsies te voorkom. Die Staatsveiligheidsagentskap het ook hierdie prosesse geoudit. Provinsiale onderwysdepartemente moet standaardbedryfsprosedures volg wat stoorpuntbestuurders in sekuriteitsprotokolle oplei.

“Verder is spesifieke afhaaltye vir vraestelle deur hoofopsieners vasgestel om vroeë toegang af te weer. Elke provinsiale departement het sy eie onreëlmatigheidskomitee om krisisse te antisipeer en te verminder.”

Om die uitdaging van beurtkrag te versag, het alle provinsiale departemente en skole gebeurlikheidsplanne opgestel, wat onder meer rugsteunkragopwekkers insluit, het Motshekga gesê.

Die praktiese eksamens vir rekenaartoepassingstegnologie en inligtingstegnologie is reeds afgehandel en volgens Motshekga was daar geïsoleerde voorvalle wat kragprobleme betref.

“Hierdie jaar is ons trots daarop om aan te kondig dat ons 717 377 kandidate het wat geregistreer is om die eindeksamen af te lê. Hierdie getalle is nie blote statistieke nie; dit beliggaam die aspirasies, drome en vasberade pogings van ons gr. 12-leerders.”

Dit is 34 626 kandidate minder as verlede jaar. Daar is ’n toename in die getal deeltydse leerders – van 168 631 in 2022 tot 181 143 in 2023. Altesaam 207 vraestelle, 72 500 toesighouers en 52 500 nasieners sal die eksamenproses dryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pietertjie ·

En volgende jaar verbeter hulle wéér die sekuriteit om die uitlek te keer wat hierdie jaar voorgekom het. Ek kan nie aan ‘n enkele jaar van ANC regering dink waar vraestelle níé uitgelek het nie: wat gaan hierdie jaar anders maak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.