Matrieks: Afrikaans agter die rug

Argieffoto (Foto: Morné van Rooyen)

Matriekleerders wat Afrikaans Huistaal of Afrikaans Eerste Addisionele Taal neem, het Vrydagoggend hul derde en laaste Afrikaanse vraestel in die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen geskryf.

Die opdragte in dié kreatiewe skryfkuns-vraestel was duidelik met geen uitvangplekke nie, meen ’n departementshoof van Afrikaans.

Volgens die departementshoof was daar ’n wye verskeidenheid van onderwerpe waaruit leerders kon kies om te skyf. Leerders kon ook met dié onderwerpe identifiseer.

Een van dié onderwerpe het gelui: ‘Totsiens Matriek, Dagsê lewe’.

Xander Bezuidenhout (18) van HTS John Vorster in Pretoria vertel hy het gekies om oor dié onderwerp te skryf en het net-net in die gegewe tyd van twee en ’n halfuur klaargekry.

Bezuidenhout sê hoewel hy verwag om ’n onderskeiding in Afrikaans te behaal, dit nie gewaarborg is nie. “Ek hou daarvan om kreatief te dink. Dit voel egter of ons hoër gemerk word as wat ons geleer word. Hulle merk te streng.”

Bezuidenhout sluit Dinsdag sy eksamen met Engels kreatiewe skryfwerk af.

“Ek is gelukkig om amper klaar te wees. Ek kan nie wag om op vakansie te wees nie,” meen dié tiener.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Sê dankie aan lesoefi wat moeite doen om Afrikaans te laat floreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.