Matriekseun aan landbouskool vermis

Emiel Smit (18) word sedert Woensdag vermis. (Foto: Verskaf)

Daar word onverpoos na ’n matriekleerling van die Hoër Landbouskool Boland in die Wes-Kaap gesoek nadat hy sedert Woensdag vermis word.

Emiel Smit (18) is Woensdag net ná 12:00 vir die laaste keer in die omgewing van die skool in die Agter-Paarl gesien.

Nelius van Santen, voorsitter van die skool se beheerliggaam, sê medeleerders het Emiel gister net na tweede pouse vir die laaste keer gesien. ’n Soektog is omstreeks 13:00 na Emiel op die skoolterrein van stapel gestuur en het in dié stadium nog niks opgelewer nie.

Kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, sê Emiel is die laaste keer in sy skooldrag op ’n grondpad op die skoolterrein gesien. Hy is ’n inwoner van die skoolkoshuis.

Die landbouskool se terrein is redelik groot en ’n soektog deur die polisie is vanoggend weer hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

E ·

Hoop jy word veilig gevind. Sterkte aan sy familie in die krisis.

Anel ·

Hoekom is die honde nie eerste gestuur nie? Nou is die hele plek vertrap! Hoop en bid die seun word gekry. Dink aan sy geliefdes. Baie sterkte. ????

Friedrich ·

Dalk het hy weggeloop? Hoop dis net so iets. Ons dink aan julle.

Onnie ·

Ek hoop hierdie een het n gelukkige einde Hopelik het hy net gaan stokkies draai en is nou te bang om uit te kom.

Samuel ·

Ek hoop nie iets erg het met hom gebeur nie. In die besonder dink ek aan sy ouers.

Nita ·

Mag hy veilig wees en gou gevind word. Sterkte aan sy ouers.

Peetjie ·

Ai seuna kom terug huis toe. Jou ouers is sekerlik al rasend van bekommernis. Maak nie saak wàt gebeur het nie, alles kan uitgesort word. Sterkte aan die ouers en familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.