Matriekseun oorlede ná hy erg brand

Dian Terblanche. Foto: Verskaf

Dian Terblanche (18), wat ernstig beseer is tydens ʼn veldbrand, is Woensdag oorlede.

Dian was sedert die voorval presies twee weke gelede in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Sy ouers het verlede week gesê dit lyk of Dian se toestand verbeter en dat “wonders besig is om te gebeur”.

Dian se ma, Riana, het Woensdagoggend egter aan Maroela Media gesê dit gaan baie sleg met Dian en dat hy baie kritiek is. Riana, ʼn onderwyseres aan die Hoërskool Reitz in die Vrystaat, het intussen bevestig Dian is oorlede.

Dian, ʼn matriekleerder aan die Hoërskool Reitz, se regterarm is verlede Sondag geamputeer nadat hy brandwonde oor 85% van sy liggaam opgedoen het.

Dian en sy pa, Dieter, was besig om ʼn brand te bestry op hul familieplaas in die Reitz-distrik in die Vrystaat toe die vlamme hulle oorval het. Volgens Dieter het die wind skielik gedraai terwyl hulle besig was om die brand te blus. Dieter het ook brandwonde opgedoen, maar is reeds verlede week uit die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg ontslaan.

Dian, kaptein van sy skool se eersterugbyspan, is ook in dié hospitaal behandel.

Riana en Dieter het almal bedank vir hul gebede. Hoërskool Reitz het ook vroeër ʼn biddiens vir Dian in die skoolsaal gehou.

Huldeblyke stroom intussen in op sosiale media.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

izette ·

My hart is saam met julle sin seer….
Wat n verlies…nog so jonk…
Bid vir kalmte en sterkte….

Genieve ·

My hart sit in my keel.. dis so sad ek dink aan julle as ouers, skool en die bree families.

Anoniem ·

Dis so so hartseer!!!baie sterkte aan sy ouers en familie

Louise Claassen ·

Rus in Vrede Dian jy was ‘n Hero, mag God jou baie styf vashou asook vir jou familie :'(

liefie ·

Rus sag liewe kind. Jou toekoms was oop vir jou. So jammer.

adriana ·

Ai dit is verskriklik hartseer. Hoe troos mens die ouers/familie en vriende?

Jane ·

Ai nee wat ‘n verskriklike verlies. Baie sterkte aan die vriende en familie van hierdie seun, spesiaal aan sy ouers. Mag julle by Jesus vertroosting vind. Dit is ‘n pragtige seun wat julle seker baie trots gemaak het.

Friesperd ·

Mag die Vader se arms om julle as gesin en gemeenskap geslaan word en mag Sy genade en vertroosting julle dra in die moeilike tyd. As oud leerling en Reitzer is julle in my gebede.

Veronica ·

Ai tog! Dis is SO tragies! So pragtige jong man! Glo Jesus self sal julle vertroos! Sterkte!

HPH ·

Baie hartseer. Ek dink aan julle ouers en familie. Ek is ‘n pa wat saam my seun nou regmaak vir matriek afskeid en saam voorberei vir eksamen. Ek kan net probeer dink hoe julle moet voel.. vanaand dra ek julle spesiaal op in my gebed. Hartseer Hartseer !!

Vera ·

Nog ń ongelooflike opoffering deur ons boere op hul plase. My opregte medelye met jul enorme verlies.

So ongelooflik hartseer ·

Dit is sooo ongelooflik hartseer, baie sterkte aan sy familie en vriende, ek fokus op die oomblik net op die feit dat hy daardie verskriklike pyn gespaar word, en huil in stilligheid saam met julle.

VM ·

Vandat ek die 1ste artikel van Dian gelees het was ek aan flardes! Ek het gebid en gesmeek en sy gesin aan ons Vader opgedra. In trane uitgebars nadat ek gelees het Dian is nou ‘n engel… Ek ken hom nie, ken nie sy gesin nie, maar hierdie kind het aan my hart geruk! Wil amper sê ek kan of WIL nie verstaan nie – hoekom so jonk? Ons Hemelse Vader het antwoorde… al verstaan ons nie nou nie en al word die hoekoms en waaroms nie minder nie… sjoe dis vir my baie rou en seer! Ons ken nie daai gesin se hartseer en pyn nie – dit moet hartverskeurend wees! Ons kan die familie absoluut net aan die Here opdra – bly bid! Here – asb dra hierdie gesin – omsingel hulle met liefde, ondersteuning en rustigheid… Amen

Petro ·

Ek voel dieselfde VM. Ek dink hoekom dit my so ruk is omdat my seun ook 18 jaar oud is en ‘n kranige rungby speler. Ek huil saam met hierdie familie vandag. Ek kan my nie indink waardeur hulle gaan nie. Mag hulle net vrede en vertroosting kry by God.

EW ·

Vandat ek die artikel die eerte keer gelees het, het ek seker net soos elke ouer gehoop my kind sal hier deur hy is sterk maar ons Hemelse Vader weet van beter…Is so hartseer .. Abba Vader gee aan die hartseer ouers en familie die nodige rustigheid..AMEN EN AMEN

susan meintjes ·

♥ mag die HEMELSE VADER JULLE AS SY FAMILIE NOG STYWER VASHOU as die afgelope 2 weke , in die tyd vorentoe.

Charmaine ·

My hart stukkend oor jou wat ek nie geken nie..Sterkte aan jou ouers.

Tracey ·

Ek is so bitter hammer vir julle verlies. My gebed is dat Jesus julle sal dra ouers, familie, vriende, onderwysers in hierdie bitter moeilike tyd. Hy is ons enigste anker

Annatjie ·

Ek ken julle nie maar my hart is vandag soo seer met julle groot verlies .. rus sag pragtige seun!

Alida vd Westhuizen ·

My hart pyn vir sy ouers en familie. Wat ‘n hartseer dag. Mag julle krag en vertroosting vind by Jesus. Sterkte en weet julle is in ons gebede

Lucasina ·

Didi het hard terug baklei. Rus sag by Jesus se voete . Jy n ware Hero .
Sterkte Riana, Dieter en ouma Annatjie en al die familie en vriende

Gesiggie ·

Ek het nie woorde… ek sluk swaar aan die knop in my keel, ek het saam Mamma en Pappa soveel hoop gehad vir Dian, maar Jesus het sy Engel kind kom haal. My innige meegevoel aan die Ouers, sy Familie en vriende, my hart breek vir jul. Mag God jul vertroos en laat verstaan? hoekom Dian op so n jong ouderdom moes gaan. RIV Dian.

Anoniem ·

Innige simpatie, mag Jesus Julle vertroos en Julle in die Holte van Sy Hand toevou ???

Nina ·

Julle pragtige seun is ‘n dapper held. Ons is saam met julle trots op hom. Julle is in ons gedagtes en gebede, liewe ouers en familie.

Katerina ·

Bitter hartseer. My innige simpatie met sy gesin, familie en vriende. So n lieflike jong man.

DS ·

My hart bloei. Geen woorde om vir julle te se hoe jammer ek is vir julle verlies nie. Rus in vrede Seun.

Yvonne ·

My hart is seer saam met julle! Mag liewe Jesus jul toevou in Sy liefde hou jul in Gebed .

Andre Fouche ·

Dis vreeslik as VS boer en pa is dit iets wat ek niemand toewens nie.
Dis vreeslik…

Meis Bester ·

Ons innige meegevoel met julle verlies. Daar is geen woorde om hierdie seer wat julle nou ervaar, kan beskryf nie. Ons dra julle op aan ons Hemelse Vader en vra dat Hy julle sal toevou met Sy wonderlike liefde en julle sal vertroos in hierdie ongelooflike hartseer tyd. ………
Ons harte is seer vandag en die trane lê vlak. Liefde en sterkte aan Dian se ouers, grootouers, familie en vriende ………..

Chantel ·

Ek het nie woorde nie … my hart is seer baie seer en ek dink aan die pragtige seun se ouers. Julle is in my gebede en die julle seun is nou sonder pyn by Jesus

jennefer ·

Dit sou as moord kon deurgaan as mens net kon bewys. Vanmiddag was daar weer 3 brande in ons area. Daar is mense wat die brande doelbewus stig. Vernietig die plaas dan vernietig jy die boer.

Yvonne ·

Sjoe mense, sit ek hier met groot knop in my keel. Saam jul hard gebid vir die jong seun se herstel, maar dit was nie te wees… Dit breek my hart in stukke, nog so jonk met sy lewe wat voor hom gele het. My innige meegevoel en simpatie met die naasbestaandes.

Nou bid ek weer: Onse Vader, ons verstaan nie altyd hierdie dinge, U wil is groter as ons verstand en begeerstes, maar ons vra: hou asb sy familie en vriende styf vas in hierdie moeilike tyd – ons glo en vertrou dat U met tyd vertroosting sal bring en die seer minder sal maak. Amen.

Andrea ·

Dis so tragies, so n lieflike jong seun. Mag die Here die ouers en vriende vertroos. Wat n verlies. Arme kind, wat n lyding het hy seker nie gehad nie.

Gebroke ·

Nie ‘n pad wat ek enige mens toewens nie. Milpark en sy brand eenheid. Reana en Dieter en sy twee broers. Oumas en Oupa ons harte is seer xx

Diefie ·

Mag die Vader Sy hand van vertroosting en krag oor julle hou.

Anél Engelbrecht ·

Wat ‘n pragtige kind! So jammer vir familie, vriende en almal wat hom geken het, se verlies, julle is in ons gedagtes en gebede. x

Anél ·

Wat ‘n pragtige kind! So jammer vir sy ouers, familie, vriende en almal wat hom geken het, julle is in ons gedagtes en gebede. x

annalie ·

My hart gaan uit na die familie, spesiaal na Mamma en Pappa!!! Sterkte

Conrad ·

@Jan – lees wat jy geplaas het en dan verduidelik jy jou stellings. Dit behoort baie insiggewend te wees!

Sandy ·

God het na almal se gebede geluister, maar Sy woord het geskied. Mnr en Mev Terblanche, ek sal nooit weet hoe julle voel nie, so ek kan dit nie se nie, maar ek weet julle harte is stukkend om so ‘n pragtige sterk seun te verloor. Ek bid vir julle vir sterkte in die moeilike tyd, ek bid vir julle terwyl ek die tik. Mag God julle vertroos en sy wakende hand oor julle almal hou.

Hannelie ·

My hart pyn vir sy ouers, dit is verskriklike hartseer nuus. So ‘n pragtige jong seun met nog ‘n mooi toekoms vorentoe……maar God se tyd is nie ons s’n nie. Baie sterkte aan sy ouers jul is in ons gebede.

Lizelda ·

Dis so verskriklik hartseer. My innige simpatie aan Dian se ouers, familie en al sy vriende in hierdie moeilike tyd.xxx

VanAfrika ·

Agge Nee!!! Sal nooit verstaan hoekom ons, ons kinders moet begrawe nie. Wil net vir die ouers sê, my innigste simpatie. Ek verstaan julle seerste seer. Al gaan dit baie tye nie so voel nie, staan Jesus altyd aan jul sy deur jul donkerste tyd, Hy doen dit stil, maar Hy is altyd daar. Brand n kersie vir julle grootman, as dit tyd is sit n verjaardag of kerskaartjie op sy graf, dit help vir my want dit gee die persona dat ek kuier. Dis die moelikste tyd en trane gaan nie min wees nie, rou op jul eie tyd en soos julle wil en sonder invloed. My hart is met julle.

Lizzy ·

Baie hartseer, sterkte aan Dian se familie, jul is in ons gebede, mag die Here jul dra deur hierdie moeilike tyd. RIV Dian.

Erich ·

My hart gaan uit na julle as gesin. Voel baie jammer vir die Pa wat die aaklige situasie saam met sy seun moes beleef. Sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.