Mbeki ontken beroep vir aksie teen Mandela-Hlongwane

Oudpres. Thabo Mbeki. Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency(ANA)

Oudpres. Thabo Mbeki het mediaberigte dat hy ʼn beroep op die regering gedoen het om stappe in te stel teen Zindzi Mandela-Hlongwane, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, ten sterkste ontken.

Mbeki se stigting het gesê die voormalige president het vrae beantwoord wat aan hom gestel is deur ʼn joernalis van die Sunday Tribute. Die joernalis het tydens die onderhoud aan Mbeki gevra of hy Mandela-Hlongwane se omstrede twiets gelees het.

“Sy antwoord was dat hy nie die twiets gelees het nie. Hy het egter die dissipline en kultuur van die diplomatieke wêreld verduidelik waarin ambassadeurs en hoë kommissarisse, as verteenwoordigers van die president van die Republiek en breedweg die regering, amptelike regeringsbeleid verteenwoordig; nie hul standpunte en menings nie,” het die Thabo Mbeki-stigting gesê.

“Dit is gedeeltelik so omdat die regeringstelsel, asook die buitelandse beleid, ernstig verontagsaam sou word as amptenare hul persoonlike standpunte uitspreek soos hulle dit goeddink. Dit het absoluut niks met ambassadeur Mandela-Hlongwane se standpunte of haar reg op haar siening te doen nie.”

Mbeki het verduidelik voordat stappe sou volg, indien dit enigsins beoog word, moet die president of regering Mandela-Hlongwane se kommentaar oorweeg relatief tot die posisie van die regering oor die grondkwessie. “Hy het in geen stadium gevra dat enige stappe teen ambassadeur Mandela-Hlongwane gedoen word nie.”

Die EFF het ná die mediaberig ten sterkste teen Mbeki uitgevaar en gesê hoewel hy erken het dat hy nie Mandela-Hlongwane se twiets gesien het nie, hy “weens ʼn onbeheerbare lus om as ʼn voorbeeld van korrektheid te verskyn” steeds kommentaar gelewer het.

Die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, het vroeër gesê sy het Mandela-Hlongwane beveel om nié te vergeet dat sy ʼn verteenwoordiger van Suid-Afrika en pres. Cyril Ramaphosa is nie en dat sy haar te alle tye só moet gedra.

Zindzi Mandela (Foto: Twitter)

Mandela-Hlongwane het haar die gramskap van talle mense op die hals gehaal ná ʼn reeks omstrede twiets. Sy het haar onder meer uitgelaat oor grondhervorming en na wit mense verwys as lafaards en “stelende verkragter-afstammelinge” van Jan van Riebeeck.

Die EFF het sy steun aan Mandela-Hlongwane se uitlatings toegesê, terwyl die burgerregte-organisasie AfriForum Pandor gevra het om haar terug te roep en af te dank.

Pandor het aan Talk Radio 702 gesê sy het met Mandela-Hlongwane gepraat en die ambassadeur het bevestig dat dit wél haar twiets was. Sy het gesê sy is weke lank uitgelok, terwyl onsmaaklike opmerkings boonop oor haar ouers, Winnie Madikizela-Mandela en oudpres. Nelson Mandela, gemaak is.

“Ek het vir haar gesê sy is ʼn diplomaat en ek verwag diplomatiese optrede van haar,” het Pandor gesê. “Sy moet aan die sosialemediabeleid vir staatsamptenare voldoen.”

“Ons het ooreengekom dat sy haar moet beteuel en fokus op regeringsbeleid omdat sy, as ons verteenwoordiger, Suid-Afrika se beleidsdoelwitte moet bevorder,” het Pandor gesê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Sakkie ·

Niemand sal optree nie. Enige neerhalende of vernederende opmerking teen Blankes word as korrek beskou en is aanvaarbaar.

JohanL ·

Nie verbaas dat Mbeki nie vir optrede gevra het nie. Dit was immers in sy era dat dinge subtiel erg begin swaai het teen blankes.

Het nog altyd sy broer se opinie meer gerespekteer as syne.

Maljan ·

Dit behoort nie nodig te wees dat hy vir optrede VRA nie. Die ANC weet mos sy het oortree. Ek hoop Nederland (ou Jan se geboorteland) sit alle SA amptenare uit.

Wonner ·

Wat so erg is is dat hulle kan loop en sing “kill the boer” en niks gebeur met hulle nie terwyl ons boer(blankes) wel vermoor word.Een wit ou sê net iets oor doodskiet (en ons reg om onsself te beskerm) dan gons dit.Die ergste vir my is dat ons onsself teen mense moet beskerm ,…nie eers diere nie……dit wys mos hulle is erger as diere….

Wie weet ·

Nou dat hulle Steve aangekla het moet daar n manier wees hoe ons hom finansieel kan bystaan

John ·

Hoe kom jy by daai logika uit. Of rig jy ‘n waarskuwing aan Sy Edele dat sy val ook wag?
Hofmeyr & Seun sal hul eie hofkostes moet dra, of hoop hy Gerrie rym met charity?

fred ·

hierdie man het ook groot drome vir die ganse afrika gedroom……en niks van gekom nie..

Johan ·

Die feit dat hierdie madam deur die Minister tereg gewys is, is ‘n bewys dat sy buite haar mandaat opgetree het. Nou lawaai die EFF vreeslik in die agtergrond omdat hulle dink dat rassisme teen mense van Europese afkoms is die mode.

Anoniem ·

Teenwoordiger se dinges man sy moet af gedank en vervolg word en ook n stywe boete betaal soos Penny en die ander en dan sommer vir haar n tronk sel reg kry. Hulle haat alles wat blank en afrikaans is.

lanie ·

Sy is veronderstel om n ambassadeur vir Suid Afrika te wees en wat doen sy, sy laat haar uitlok, soos sy beweer. Wat se voorbeeld is sy Suid Afrika. GA !!!!

Mbeki ·

As Mbeki iets gesê het, haal ek my hoed vir hom af! julle moet onthou, die ANC het hom uitgewerk om vir dubbelkop Zuma as president aan te stel. Wat ‘n fout!

CallieL ·

Almal kan duidelik sien dat swartes alle wittes kan beskuldig van enige iets en dan is dit aanvaarbaar. Steve verduidelik net dat hy homself en sy gesin sal verdedig en word aangekla. Afriforum, ek betaal maandeliks, ek sal ekstra betaal, kry vir Gerrie Nel om Steve te verteenwoordig. Dan moet daar n saak namens alle blankes teen Pandor en Zinzi gemaak word vir hoe sy eittes beledig. Ek glo baie wittes sal bydra want daar moet nou n punt gemaak word. Wat verstaan n staatsDIENS werker nie. Ons betaal hulle salarisse

Lana ·

Pandor, jy sê Zindzi moet die regering se beleidsdoelwitte bevorder. Dit is presies wat sy gedoen het deur haar vieslike uitlatings teenoor blankes.
Dit verduidelik hoekom die regering nie haar uitlatings veroordeel nie, maar net sê sy moet onthou dat sy die president en regering verteenwoordig.
Sy onthou dit maar te goed EN doen dit uitstekend.

James ·

Interresant hoe partye dit goedkeur en die haat so aan hits. Lekker om ook te weet dis wat die wereld wou he na 94

Wondernet ·

Ek hoop nie SA blankes kom ooit in die moelikheid in Denemarke en vra vir hulp by die Ambasade nie

Robert ·

Haar uitlatings het Denemarke ook maar nie gepla nie. Maar dieselfde soort…..

Stephen Namibia ·

Waar is die DA as amptelike opposissie wat hierdie dinge moet aanspreek.?
Los liewer die binnegevegte wat julle nog meer steun kos!!

Adam ·

Me Mandela beweer sy is “uitgelok”. Sy kan gerus ons in haar vertroue neem en aandui hoe sy uitelok is sodat ons kan sien of sy die waarheid praat.

Wonner ·

Sy beweer sys uitgelok…sy het mos dan vir Steve uitgelok soooo……wat nou?????

Hanna Hoekom ·

Ons blankes word elke dag “uitgelok” maar ons mag niks kwytraak nie. O nee, dan spring die MRK en ander vervolgingseenhede vinnig op jou kop: boete en/ of tronkstraf. Hierdie dubbele standaarde maak my SIEK!

Gert van Wierdapark ·

Mbeki se reaksie van :” Relatief tot die posisie van die regering oor die grondkwessie mbt Mandela se gebrabbel uit Dene-make, is pure twakpraat. Die man rook mos hoeka pyp. Haar tweet was haatspraak en hy het geen Grondige rede om die dieplo-maat te probeer verdedig of haar vergrype as verteenwoordiger van SA, met wit handskoentjies te hanteer nie. Miskien moet hy hom hou by dit waarvan hy ietsie weet, soos Vigs ens! He-he-he.

Drikus Kotze ·

Ek dink Steve Hofmeyer is besonders begaafde om die bedryging wat hy gevoel het, komende van me. mandela, so mooi te verwoord. Toe word hy gevra om sy uitlatings om te draai, wat hy, weer pragtig reg omgedraai het. Nou moet Steve net vir enige regter vra wat wil die “ruwe” Suid-Afrika nou eintlik van ons hê?

Johan ·

Soos ek die berig verstaan: Indien die ANC regering en president nie optree teen haar uitlatings nie, het sy hulle standpunte verkondig op Twitter, en hulle is dan oraait daarmee. Hmmm, hulle het nie opgetree nie, so wie verkondig nou eintlik haatspraak en blatante rassisme so in ons gesigte. Die vraag word gestel aan DA, BLF, ANC en EFF en sommer die hele spul wat so stil is oor die petalje…… My arme land, sy sterf n stadige pynvolle dood.

Pieter h ·

Ons weet mos nou al in Rsa kan net blankes rassiste wees soos per definisie van die staat Mrk ANC EEF BLF meeste media en natuurlik baie blankes ook. Weet iemand dalk of ene Max du Preez nog skryf. Hy was drstyds die Vrye Weekblad man wat gehelp het om vryheid vir almal te bewrkstellig. Wonder maar net hoekom hy so stil geraak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.