Mboweni maak reeks radikale uitsprake tydens vergadering

Foto: Maroela Media

Tito Mboweni, minister van finansies, het Dinsdag verskeie uitsprake gelewer wat skynbaar teenstrydig is met sy party se ideologieë of besluite wat die ANC vantevore geneem het.

Maroela Media het Dinsdag berig oor Mboweni se uitspraak dat hy nie die gebruik van raskwotas as kriterium vir die toekenning van finansiële hulp aan kleinsakeondernemings tydens afsondering steun nie.

Tydens dieselfde virtuele samesprekings van die parlementêre komitee vir finansies Dinsdag het hy ook gesê hy is nie ten gunste daarvan om enige verdere belastingbetalersgeld aan disfunksionele staatsbeheerde ondernemings te bestee nie.

Hoewel hy die wapenvervaardiger Denel by name daarvan uitgesluit het weens Denel se potensiaal vir buitelandse valuta, het hy die SAL spesifiek ingesluit as ʼn onderneming wat dalk maar moet groet.

In daardie verband doen die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, vandag ʼn belangrike aankondiging, maar Mboweni het laat glip dat Switserland se optrede toe Swissair ten gronde gegaan het, straks as voorbeeld sal dien. Dié lugredery word deur die openbare én privaat sektor besit.

Die adjunkminister van finansies, dr. David Masondo, het gesê dit is sy mening “soos wat ek dit binne die ANC uitgespreek het”, dat die Reserwebank onafhanklik van die staat moet bly. Dit trek nog ʼn streep deur ʼn resolusie van die ANC se Nasrec-konferensie.

Ook hier het Mboweni laat blyk dat hy met Masondo saamstem. Die onderleier en finansiële ghoeroe van die EFF, Floyd Shivambu, het in ʼn belangwekkende wending gekies om nie in ʼn ideologiese straatgeveg oor die Reserwebank met Mboweni en Masondo betrokke te raak nie.

Vierdens het Mboweni gesê hy het ʼn voorkeur dat die stand van algehele afsondering so gou moontlik opgehef moet word weens die invloed daarvan op die ekonomie. Hy het toegegee dat die mediese uitwerking daarvan ook dopgehou en verreken moet word, maar sy voorkeur nietemin uitgespreek.

Shivambu het tydens die vergadering aangedui dat die ANC besig is om die staat van inperking se ekonomiese gevolge as sondebok vir hul deurlopende swak bestuur te probeer gebruik, en dat die EFF die party nie daarmee gaan laat wegkom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Burgermeester ·

Ek wonder of Tito Mboweni dalk die minister van finansies hier op die vlaktes duskant Hebron wil kom wees? Dit wil voorkom of sy kop en hart op die regte plek sit. Ongelukkig swem hy tans teen ‘n baie sterk korrupte stroom op.

Maria M S ·

Burgermeester, ek eggo jou siening dubbel en dwars.
Mboweni is, na my mening, die enigste een in die regering met verstand, ook daarom wat hy nou wil uitbeweeg. Hy is ook verantwoordelik, na my mening, vir Andre de Ruyter se aanstelling.

Snowball ·

Shivambu jou insig verstom….maar dan weer, selfs ‘n stukkende horlosie wys twee keer ‘n dag die regte tyd.

Nie Verbaas ·

Minister Mboweni, ek bewonder jou vir jou logiese denkwyse. Klink my jy is die enigste een wat probeer om Suid Afrika weer soort van op sy voete te kry. Miskien moet hy presidentskap oorneem.

JohanR ·

In Engels praat mens van ‘n bad good, good cop. Die slegte polisieman neek die ou oor die kop
tydens ondervraging, en dan kom die goeie polisieman en bied hom ‘n glas water aan. Mens will Tito Mboweni glo waaneer hy dinge se wat teenstrydig is met die ANC se KGB komittee, maar speel hulle nie good cop, bad cop hier nie? Moenie die EFF weggooi nie. Hulle is kop in een mis met die ANC maar moet die regte geluide maak.

Jaco ·

Tito Mboweni het jare gelede homself as n aanhanger van kommunisme geopenbaar….ek wonder wie en wat hom tot sy sinne gebring het? Maar ja, ek raak beïndruk en begin hierdie ou nou te like.

ES ·

Oom Tito, jy moet maar versigtig wees met jou uitlatings… die ANC hou nie van lede wat nie saam met hulle stem nie.

Kattebol ·

Ons gryp na die strooihalmpie (Mtombeni) maar sodra hy mag het praat hy weer net ANC.

Grassie ·

Ek glo nie Mboweni gaan nog baie lank die minister van finansies wees nie.Die mense van Afrika duld nie enige teëspraak nie, ook nie van hul medeburgers nie.

Kokerboom ·

ENIGSTE mens in anc wat realisties is ,wat denkend is en sinvolle logiese uitsprake doen.
” Give that man a Bells”…wanneer beperkinge opgehef word

Fedup ·

mboweni, please remember that in the last few years, the very idea of telling the truth, the whole truth, and nothing but the truth is dredged up only as a final resort when the alternative options of deception, threat and bribery have all been exhausted.
And we as south africans are way past exhaustion. So, fight among yourselves. I am selling ring seat tickets.

Hennie J ·

Iemand wat klaarblyklik nugter dink. Iemand wie se agterstewe binnekort gaan slae kry by big brother!

Sittipotmis ·

Moet asseblief nie al jul hoop op Tito Mboweni plaas nie. Cyril het ons aanvanklik net so om die bos gelei, net om kop-oor-gat te slaan toe mev. Zuma en Ace hom na die klaskamer se hoekie toe stuur. Daar is werklik geen een in die ANC wat nie bang vir die “inside-Mafia” is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.