Mboweni: Ras moenie hulpverlening aan ondernemings bepaal

Tito Mboweni, minister van finansies. (Foto: GCIS)

Tito Mboweni, minister van finansies, ondersteun nie die kriteria wat finansiële staatshulp aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) toeken op grond van ras nie.

Mboweni het in ʼn vergadering van die parlement se staande en gekose komitees oor finansies gesê alle ondernemings wat finansieel deur die Covid-19-pandemie geraak word, moet steun by die staat kry, ongeag die ras van die eienaar.

Hy wil Mmamoloko Kybayi-Ngubane, minister van toerisme, uitdaag oor die standpunt van dié departement wat ras as kriteria vir finansiële hulp aan kleinsakeondernemings wil gebruik.

Mboweni het in die vergadering vertel van die eienaar van die Magoebaskloof-hotel naby Polokwane in Limpopo. Dié het aan hom gesê het dat hy sy hotel se deure sal moet sluit omdat hy as ’n wit man nie finansiële hulp van die staat kry ten tyde van die afsondering nie. Mboweni sê hy het vir die eienaar gesê dat hy dit nie glo nie.

“Die eienaar het egter aangedring dat die staat werklik nie sy kleinsakeonderneming finansieel wil steun nie, omdat hy wit is. Hy het ook aangedring dat ek met die minister van toerisme oor die saak moet praat,” vertel Mboweni.

Mboweni sê hy het opgemerk hoewel die eienaar van die hotel wit is, byna al sy werkers swart is. Hy het bygevoeg dat hy nie die regering se beleid kan ondersteun waar die staatshulp aan dié eienaar geweier word slegs omdat hy wit is nie.

“Daar sal altyd ’n vooroordeel wees teenoor opkomende swartbeheerde sakemanne, omdat daar vir so lank teen hulle gediskrimineer is. Maar laat ons eerder saamwerk en die Suid-Afrika van ons drome bou: nie-rassig, demokraties en welvarend, ” het Mboweni gesê.

Die DA het Mboweni se opmerkings oor hierdie saak verwelkom. Dié party hoop Mboweni daag ook ander ministers uit wat raskriteria vir Covid-19-hulpverlening ondersteun.

Die DA het verlede week ’n hofaansoek geloods waarin die gebruik van SEB vir Covid-19-hulpverligting uitgedaag word.

“Mboweni se opmerkings onderstreep die belang van die DA se hofaksie teen die regering. Ons versoek die hof om die toepassing van SEB vir staatshulpverlening in alle sektore onwettig te verklaar,” sê Zakhele Mbhele, die DA se skaduminister van kleinsake-ontwikkeling.

Mbhele sê die DA meen ook dat dit volkome ongrondwetlik is vir die regering van ’n vrye en demokratiese land om finansiële hulp op grond van ras te wil bied.

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit het op 25 Maart ʼn klag teen die departemente van kleinsakeontwikkeling en toerisme by die Menseregtekommissie ingedien nadat albei departemente aangedui het dat hulle SEB as vereiste gaan voorhou vir die kwalifisering vir noodfondse.

AfriForum en Solidariteit se regsverteenwoordigers het Maandag hofstukke uitgereik waarin hulle die Konstitusionele Hof direk nader met ’n appèlaansoek teen die uitspraak van regter Jody Kollapen in die hooggeregshof in Pretoria. Dit volg nadat Kollapen Donderdag beslis het dat die departement van toerisme ras wel ras as kriterium vir die toekenning van finansiële hulp aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) kan gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Anel ·

Kla sommer die regter ook aan van rasisme. Nou word die saak gewen en almal mag voordeel trek. Hoe gaan ons weet dat dit reg toe gepas gaan word? Al wat hulle gaan sê dat daar nie meer geld is nie. Wat dan?

Bernard ·

Tito, jy praat defnitief nie uit die anc-mond nie. Jy moet pasop dat jou agterent nie gaan slae kry nie.

Pierre ·

Dis darem wonderlik om hierdie net op Afrikaanse blaaie te sien. Niks in Engelse ANC media nie.

Fedup ·

I would rathher the whole world to read this. But i do get your point.

capie ·

Dit sal goed wees as alle berigte ook in ingels beskikbaar kan wees. Nie net vir plaaslik nie maar ook oorsese mense wat graag die situasie dophou

JN ·

Wys jou hoe gekoop die ander koerante is en stewig in die Anc se agterent sakkie sit..

JohanR ·

My maat jy beter gou inval by daai ander kollegas van jou in die KGB. Seker ons sal gou, of is dit baie stadig hoor van NDZ oor die saak? Lyk my jy is die enigste een met ‘n brein daar!

stephe ·

Mnr Ramaphosa jy moet wakker skrik. Jou kaders is hard besig om teen jou te organiseer. Hul wil mense in opstand bring teen jou. Honger mense het geen lojaliteit nie

Fedup ·

mboweni, if you can get mamaloko or whatever that one is called, to see this from your point of view, i will personally, in view of all off south africa to see, give you a little gold star. Good luck.

Jerry ·

Moenie te gou opgewonde raak oor mboweni se kommentaar nie, dis net woorde.

Jr ·

This man is the only one who is able to claim that he is in politics because he loves his country. He has a intelligent rebellious streak which comes from his morals. Like Thuli Madonsela.

Willem ·

Tito jy sal vir Cyril moet help. Wat ek can hom waardeer is sy moed om sy mening te lig.

SomeOne ·

regter Jody Kollapen is ‘n rassis deur en deur net omdat sy ma in die 50’s gearresteer was deur die wit regering
“can be found in his early familial influences: His mother, an attendee of the 1956 Women’s March, who was twice arrested for her involvement in the passive resistance movement of the 1950s.”

Michael 1 ·

Ek wonder of Mboweni weet dat sy president diskriminasie en rassisme teen minderhede ondersteun

Marieta ·

Bravo to you, mr Mboweni. I, and thousands of fellow South-Africans, can respect a politician who is not afraid to call a spade a spade, just because he or she fears the backlash from their colleagues or political party. Both you and ms Madonsela have proven yourselves worthy to be leaders of a nation.

Boerkind ·

Tito, lig asb. daai ou CR uit die kussings… lyk my jy sal ‘n baie beter job doen as daai vent…

Eerlik ·

Tito maak nogal n baie goeie indruk op my die laaste ruk. Dalk enigste een in die kabinet wat logiese denke het.

Johanné ·

Hulle benadeel 1 WIT PERSOON deur nie sy aansoek vir hulp goed te keur nie, maar daarmee benadeel hulle seker 30 swart families wat vir die 1 wit man werk. Is die logika daarrondom die oorsaak van ‘n 30%-slaagsyfer?

Okmardom ·

Regter Jody was ook betrokke desryds by Sharpville. Hou sou so uitspraak gelewer het. Die saak moes nie met hom aangehoor word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.