McBride wél verhoor vir ‘aanranding’

Robert McBride Foto: Werner Beukes/SAPA

Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod), het Dinsdag ʼn ommeswaai gemaak en sy aanvanklike plan om ʼn vertoë te rig oor redes waarom hy nie vir die beweerde aanranding van sy dogter vervolg moet word nie, laat vaar.

McBride het vlugtig in die Pretoria-landdroshof verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van kindermishandeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Landdros Ignatius du Preez het die saak na die streekshof verwys waar McBride verhoor sal word.

Een van McBride se dogters sal na verwagting ʼn getuie vir die verdediging wees.

Die hof het gehoor dat sy reeds ʼn verklaring ingedien het.

Maroela Media het vroeër berig McBride borgtogvoorwaardes is verslap sodat hy met sy een dogter wat gaan getuig kan praat en haar mag sien. Hy is in Augustus op borgtog van R10 000 vrygelaat op voorwaarde dat hy nie een van die getuies kontak nie.

McBride het vroeër die bewerings teen hom ontken en gesê dat hy sy dogter slegs vermaan het. Die aanklagte hou verband met ʼn voorval wat na bewering gebeur het terwyl McBride en een van sy dogters saam in ʼn motor was.

“Ek erken dat ek een van my dogters vir wie ek baie lief is, vermaan het. Sy het ten tyde van die voorval reg agter my in die motor gesit. Dit sou onmoontlik wees vir my om te bestuur, haar terselfdertyd ‘aan te rand’ en te ‘wurg’. Sy het ook nie beserings gehad toe ek haar by die huis agtergelaat het nie,” lui McBride se verklaring.

Die tiener het egter aan die media gesê dié aanval was nie geïsoleerd nie en “gebeur die heeltyd”.

Die verhoor is tot 20 Maart uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

christa ·

die ouers is sekerlik uit mekaar, did hoekom die kind so optree. Sy word bygestaan deur die ma

Vermeemde ·

Hy word nou wel nie verhoor vir die moorde in die kerk nie maar een ding is seker, sy loon gaan hy nog ontvang.

Hein ·

Die slagoffers van Magoo’s Bar het geen geregtigheid gekry nie. Hoekom sou enigiemand anders?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.