Mediese ondersoek vir ‘kung fu’-polisieman

Skermgreep uit die video

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se eenheid wat werknemersgesondheid en welstand behartig werk saam met mediese praktisyns van ʼn plaaslike mediese fasiliteit waar ʼn polisiebeampte Donderdag opgeneem is.

Beeldmateriaal van die polisiebeampte, wat sy kollegas by die Mitchells Plain-bushalte met karate-tipe houe aanval, word op sosiale media versprei. Hy word die “kung fu”-polisieman genoem.

Dit is nog nie duidelik wat tot die aanval gelei het nie, maar die video wys hoe polisiebeamptes poog om die man onder beheer te bring. Hy skop en bestorm dan die beamptes. Hy skree ook op die polisiebeamptes om hom uit te los en wil weet of hulle hom in hegtenis gaan neem. Ná ʼn paar sekondes spuit ʼn beampte vermoedelik pepersproei op die man. Hy word kort daarna van die toneel verwyder.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê die polisiebeampte het heeltemal buite sy geaardheid opgetree. “Hy ondergaan waarneming by ʼn plaaslike mediese fasiliteit. Die nodige ondersteuning sal aan hom en sy gesin beskikbaar gemaak word.”

Skermgreep uit die video

Potelwa versoek sosialemediagebruikers om nie te spekuleer oor die onderliggende oorsake van die voorval nie. “Alhoewel die voorval in die openbaar plaasgevind het, is die verspreiding van beeldmateriaal van die voorval onvanpas. Ons maan diegene wat in besit is van die video om dit nie verder te versprei nie.”

Die aard en besonderhede van die polisiebeampte se toestand kan nie onthul word nie, uit respek vir sy waardigheid, het Potelwa bygevoeg.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het intussen aangedui dat hy nie die voorval gaan ondersoek nie, omdat dit nie onder die mandaat van Opod val nie. Opod verduidelik alhoewel die beampte in uniform was, was hy nie aan diens ten tyde van die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Niel ·

Duidelik het sy clutch begin gly. Moontlik oor al die stres in sy lewe. Wens hom n spoedige herstel toe.

Pieter ·

Jy ka nduidelik sien die ou rook iets op die video, so ek hoop hy word daarvoor angeklae, en ook vir aanranding. Ek dink dit sal van pas wees, as hy ook afgedank word,want jy kan nie jouself so gedra, as jy n polisieman is nie.

MakersMark ·

Nog ‘n nar in die sirkus wat bekend staan as die SAP.

krodedil ·

As iemand van die publiek so optree sal hy geskiet word deur die polisie.
Swak onaanvaarbare gedrag van ‘n polisie lid.

Lee101 ·

Ag asb. Hoekom moet die video nie verspry word nie? Name and shame sodat die wereld kan sien watse law enforcement ons het nah…

Johnny ·

En wat gaan die SAPS nogal doen indien mens die video versprei? Dis in die openbaar, so daar is geen skending van enige privaatheid of sulke dinge ter sprake nie.

piet ·

Duidelik iets groots verkeerd gegaan daar. Kop het uitgehaak. Hoop hy kry die regte hulp.

lollapot ·

Mens moet eerder jou kommentaar vir jouself hou, as jy nie die omvang van PTSD ken nie. Hierdie man se broer, ook n SAPD lid, is volgens FB inskrywings, verlede maand aan diens vermoor! My innige simpatie aan hom, sy gesin en kollegas, mag hy NET die beste behandeling kry en sy lewe positief, normaliseer.

MakersMark ·

Elke dag in die wêreld word mense, en polisiemanne, se geliefdes vermoor. Hoe sal die wêreld lyk as almal so optree?

Bugsby ·

Almal hanteer stress op sy/haar eie manier. Ek hoop vir geregtigheid en dat hy die regte hulp sal kry. Geen mens kan dink hy kan in ander mens se skoene loop nie, party mense sterker as ander.

piet ·

Ons mense is baie veroordelend en dan noem hulle hulself Christene. Skokkend.

Waarnemer ·

Hy was glo nie aan diens nie,waarom is hy dan in volle uniform?Hy was of gerook of gesuip of sy kop het uitgehaak….PTSD…

Pierre ·

Wat n vraag los jy jou klere wat jy by die werk dra by die werk as jy van diens afkom,?

Harley Davidson ·

Ledigheid is die duiwel se oorkussing, pleks doen hulle net hulle werk en hou op om die misdadigers te na-aap

madels ·

So wel keer word dit gesê dat persone “sielkundige” probleme het maar eintlik is dit duiwels besetenheid. Hoe verder mense van die Herr af beweeg en al alle duiwelse goed blootgestel word, hoe meer gaan mense hierdie tipe manifestasie a in die publiek sien

christo ·

Polisielede wat hulle werk doen, ervaar verskriklike druk. Ek’s ‘n familielid van een, dus weet ek waarvan ek praat. Die publiek is nie engeltjies nie en tart hulle uit. Indien elke polisieman die mense wat hulle skel en vloek hof toe moes sleep vir crimen injuria, sou die howe nie al die sake kon hanteer nie. Moenie oordeel oor iets waarvan jy nie ‘n benul het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.