Medihelp-saak dalk volgende week in hof

Zachary de Wet is verlede jaar met mukopolisakkaridose‑tipe 2, ook bekend as Hunter‑sindroom, gediagnoseer. (Foto: Verskaf)

Die saak tussen Medihelp en die organisasie Rare Diseases South Africa (RDSA) rakende die behandeling van ʼn kleuter met ʼn skaars siekte, sal moontlik Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor word.

Die mediese fonds staan die dringende hofaansoek teen wat deur RDSA ingedien is om die fonds te dwing om Zachary de Wet (3) se medikasie Elaprase te betaal, wat nodig is om sy toestand as deel van minimum voorgeskrewe voordele (VMV) te behandel.

Zachary ly aan mukopolisakkaridose‑tipe 2, ook bekend as Hunter‑sindroom. Weens die siekte kan Zachary se liggaam onder meer nie die spesifieke ensieme produseer wat nodig is om sekere suikers af te breek nie. Dit het ʼn uitwerking op verskeie liggaamlike funksies, onder meer hart- en breinfunksies.

Megan Harrington-Johnson, RDSA se regsverteenwoordiger, sê alle nodige verklarings en dokumente is reeds deur albei partye by die hof ingedien.

“Die kern van die dispuut is dat Medihelp nou tog toegegee het dat Hunter‑sindroom wel ʼn VMV-toestand is, maar hulle voer aan dat die behandeling daarvan met Elaprase (ensiemvervangingsbehandeling) nie ʼn VMV-voordeelmedikasie is nie,” het Harrington-Johnson aan Maroela Media gesê.

“Ons argument is dat dit die enigste geregistreerde behandeling vir Hunter-sindroom is. Dus is dit ʼn goedgekeurde, voorgeskrewe VMV-voordeelmedikasie. Die mediese fonds voer aan die enigste behandeling wat hulle kan goedkeur, is palliatiewe sorg. Ons meen dit is onredelik in ʼn geval waar daar ʼn geregistreerde, doeltreffende en bewese medikasie is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Anonymouse ·

Ek het nie woorde nie! Volgens hulle kan hulle hom net help om dood te gaan?! Dit, terwyl daar medikasie beskikbaar is. Die mediese fondse in die land is buite beheer. ‘n Ruk terug was daar vir terugvoering gevra oor medies fondse. Ek het ‘n lang skrywe ingestuur. Wonder wat het daarvan geword?

Ou Baardbek ·

Geagte Anonymouse, dergelike “skemas” is meestal gelegimiteerde roof. Hou, wyd en spaar liewer self.

domheks ·

Skande Medihelp. Julle is vinnig om die maandelikse premies te vat – maar verder moet pasiente maar opdok, en nog steeds betaal!

Net ek ·

Dit is ongelukkig nie net medihelp nie, Discovery is ook vinnig om premie te vorder maar o wee, as dit by betalings kom is hulle maar stadig en dis elke verskoning in die boek op hoekom hulle dit nie betaal nie…..

Oosieoos ·

Mediese fondse is net uit om geld te maak en die wat daarteen moet waak sit en slaap of is ook deel van die gravy train

Wielspore ·

Dit is nie net Medihelp wat lede probeer benadeel, die ander mediese fondse doen maar dieselfde. My skoonma is by Bonitas en ons help haar om eise af te handel nadat sy heup gebreek het. Bonitas keur sommer net die eise af as vertragings tegniek om betaling te doen. Ek het Sondag vir hulle ‘n epos gestuur vir ‘n restelling en tot vandag toe (Woensdag) het hulle nog nie terug ge-antwoord. Intussen word nie verwante sake geborg deur die mediese fondse en hierdie borgskap het geen voordeel vir lede. Dit is die speelgrond vir die administreerders geborg deur jou ledegeld, lekker Gholf dag elke Woensdag en naweke. Klere en eetgoed op die huis.

Elize ·

Het Medihelp soos ‘n warm patat gelos want hulle kom met allerhande verskonings uit die dag as daar ‘n eis is. Soek maandelikse bydraes maar as hulle moet betaal is almal stom of die grootste verskonings wat daar is.

fs ·

so hulle wil eerdie die kind laat doodgaan pleks van behandel… nee wat GAAN GROOT op die een asb – dit is tog duidelik in die wet dat VMV voordele gedek moet word – en as dit die ENIGSTE Medikasie is moet hul dit dek… baie fondse het ‘n formulêr en wil dan nie vir sekere goed betaal as daar ‘n alternatief is wat goedkoper is ens – maar hier is net die EEN medikasie beskikbaar wat die lewens kwaliteit van die kind kan verander… seriously het die Medihelp besluitnemers dan geen menslikhied of geen brein nie…. daar is mos ‘n nuwe besem (fonds bestuurder) wat nou moet skoon vee en kostes spaar ten koste van pasiente se lewens kwaliteit!!! ROER HULLE en maak dit sommer n toets saak!

Swerwer ·

Die mediesefondse in ons land beteken deesdae BETAAL en ontvang weinig. Van die nuwe wesens oral geinfiltreer is en besluite neem en maak soos dit hul pas en skep solank hul kan is daar geen hoop dat ons ooit weer aan ‘n mediesefonds kan behoort wat aan jou behoeftes voldoen nie. So het die “groot en gewilde duurste” mediesefonds ‘n paar jaar gelede my man se lidmaatskap beeïndig omdat hy glo nie verklaar het dat die moesie op sy gesig kwaadaardig is nie. My dooie donderdag, hoe op aarde weet jy as daar ‘n moesie is, dit is kwaadaardig want die GP wat dit elke keer brand sê niks. Natuurlik sal daar ‘n merk op jou vel wees as dit gebrand word. Met ‘n groot heen en weer korrespondensie het die Me voet by stuk gehou dat “alle moesies verklaar moet word”. Jammer maar ek kan nou wraggies nie elke moesietjie en vlekkie op my vel tel nie. Maar ek glo die wiel sal draai en die Me sal haar dag kry wat na willens en wetens “mediese” belsuite neem.

Nou wat nou ·

Dit het my nog altyd verbaas dat mediese fondse vir toestande wat die mensdom eintlik oor homself bring (HIV byvoorbeeld) dek so ver as hulle kan, maar kom dit by iets wat buite jou beheer is, soos hierdie, dan dek hulle die minimum? Hiermee se ek nie een siekte is minder belangrik as die ander nie, maar hoe regverdig jy die redenasie? Mediese fondse maak miljoene rande se wins maar elke keer moet ons baklei as jy werklik iets nodig het.

VaalDonkie ·

Ek moes net so lekker baklei om Synagis vir my kind te kry toe sy nuut uit die NICU was. Het my elke maand R18000 uit my eie sak gekos en dan moes ek baklei om dit terug te kry. Na baie dreig en klagtes by die ombudsman en ‘n prokureursbrief of twee het ek darem toe die geld teruggekry. En dit nadat haar verblyf in die NICU my R1.2m gekos het. Darem kon ek hulle makliker “aanspoor” om daai bedrag volledig to vereffen.

Frans ·

Wat my verstom staan is dat farmaseutiese besighede nie hulle pryse kan afbring nie. Mediese behandeling in ons land is hopeloos te duur. Hierdie besighede maak geld uit patiente om hulle navorsingsfooie te befonds. Is skemas dan die regte plek om vir antwoorde te soek vir behandeling?

VaalDonkie ·

Wag tot jy sien hoe dit in Amerika gaan. Jy kan die Rand bedrag dieselfde hou, maar net ‘n Dollar teken vooraan sit. Siek

Karien ·

Ek was in 2020 gediagnoseer met kanker en Medihelp het al my behandeling betaal sonder enige probleme. Ek glo dat Medihelp uitkyk vir hulle lede en vertrou dat hulle ingeligte besluite neem, veral indien dit mense se lewens raak. Ek is baie jammer vir die klein lyfie en hou die gesin in my gebede, maar ek kan nie help om te wonder of daar ‘n groter prentjie is nie. Ek het gelees dat die medikasie net iemand se simptome onderdruk. Ek sal graag wil hoor wat aptekers se mening hieroor is.

fs ·

Dit is oor niemand die fondse uitdaag en aanvat nie… die algemene publiek aanvaar maar net wat die fondse sê is reg…. DIT IS NIE!!! Ek werk elke dag met mediese eise en “skel” elke dag die fondse wat nie weet wat hulle doen en eise afkeur soos hulle wil… ek wens ek kon die publiek “educate” oor hul fondse se reels teenoor die wette… die fondse probeer enige “loophole” kry om nie te betaal nie!!!!

Duane ·

Ek persoonlik hoop een en elke lid van hierdie mediese fonds kanselleer hulle lidmaatskap soos in gister! En ook dat die hof hulle sleg gaan laat 2de kom!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.