Meer as 10 000 siviele eise teen SAPD ingedien

(Argieffoto: Maroela Media)

Altesaam 10 689 siviele eise ter waarde van R16,7 miljard is die afgelope finansiële jaar teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens ingedien.

Ian Cameron, woordvoerder van die burgerregte organisasie Action Society, sê dié syfers is die afgelope week tydens ʼn vergadering van die portefeuljekomitee oor polisie bekendgemaak. “Die benarde finansiële toestand en die feit dat siviele eise teen die SAPD toeneem, is vir ons geen verrassing nie. Die SAPD word gebruik as die ANC se politieke instrument en kaderontplooiing het die instansie laat ineenstort.”

“Dis kommerwekkend dat laboratoriumdienste slegs 7.3% van hul toegewysde begroting spandeer het – terwyl daar ʼn yslike DNS-agterstand van meer as 300 000 sake bestaan. Dit is ʼn krisis en regsdwaling wat al sedert Junie 2020 toeneem.”

Daar is ook onthul dat slegs 14.59% van nuwe DNS-bewyse binne ʼn 90 dae periode afgehandel is. Hofsake word van die rol geskrap en oortreders van gewelddadige misdaad en aanranding met die doel om ernstig te beseer word vrygelaat – maar tog is daar nog geen dringende optrede van minister Bheki Cele om die DNS-agterstand op te los nie, sê Cameron.

“Spesialis-kennis binne die SAPD het drasties afgeneem en die gehalte van opleiding van SAPD-beamptes is ook ʼn groot kommernis. Daar was die afgelope twee jaar geen nuwe rekrute nie en dit plaas ekstra druk op bestaande lede wat reeds oorwerk en hulpbronbehoewend is. Die SAPD, onder die swak leierskap van Bheki Cele, het ʼn verswakte regeringsinstansie geword en bied geen beskerming of sekuriteit aan die burgers van Suid-Afrika nie.”

Van die ander bevindings in die verslag, wat deur die kantoor van die ouditeur-generaal saamgestel is, het onthul dat slegs 24 133 uit 62 000 vuurwapenlisensie-aansoeke binne 120 dae geprosesseer is. Altesaam 545 mense het uit polisie-aanhouding ontsnap en ʼn verbysterende R1,6 miljard is aan BBP-beskerming spandeer.

“Kaderontplooiing en wanbesteding het ʼn eens magtige SAPD verwoes. Dit is nou ʼn ystervuis vir die politieke elite wat belyn is met die ANC. Alternatiewe moet oorweeg word – of dit nou afwenteling, verhoogde betrokkenheid van die privaat sektor of algehele herstrukturering is – as iets nie verander nie, sal anargie voortduur. Die SAPD kom nie sy mandaat na nie en versaak die burgers van Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Erita ·

Hoekom moet ons Pa staan vir hulle optrede?
Laat hulle self persoonlike dekkings kry en betaal

AW ·

Dan vertrou ook nie my Broer wat in die SAPD is, Nié

En jy ken hom nie eens Nié!!

Dis seker maar hoekom, Nê!!

Keelvol ·

Die probleem het ingekom toe regstellende aksies ingetreë en dit het verger toe hulle die “performance” nonsense ingebring het. Want nou word verwag dat soveel arrestasies n maand gemaak word. Dan word druk toegepas. Meeste van die tye word gearresteer om te ondersoek in plaas van onderdoe om te arresteer. Die bestuur van die SAPD moet pa vir die siviele begin te staan.

Pieter ·

Ja en ons belasting betalers betaal die niks werd s. a. p se selarisse n kommunis bly maar net n niks werd.

Grassie ·

Die besonderhede soos verstrek deur mnr Cameron is skrikwekkend. Ek kan byna nie glo dat die eens betroubare en doeltreffende polisiemag tot so ‘n laagtepunt gedaal het nie. Ek onthou nog die tyd toe die speurtak van die Mag deur Interpol beskryf is as die beste speurdiens in die wêreld. Polisiemanne van alle range is deur die landsburgers gerespekteer want hulle het dit verdien. Hulle het nou ontaard in ‘n swak opgeleide, ondoeltreffende mafia in diens van die ANC leiers. Ek salueer die klein groepie onder hulle wat nog probeer om die landsburgers te beskerm en te dien, maar hulle is yl gesaai.

Shakespeare ·

Saluut aan die handjievol wat nog uithou tussen die onbevoegde, arrogante SAP kaders. Julle moet van staal gemaak wees.

Perdeby ·

Toe ek in die ou regering en gedeelte nuwe in die SAPD was, was die lid verantwoordelik vir die eis. Nou nie meer nie, dis hoekom dit gaan soos dit gaan. Bring die ou reeling terug, en dinge verander sommer baie vinnig.

Aanhouer ·

So vrot die vis dan van die kop af ondertoe.
Raak eerstens van weereens ň ANC puppet ontslae naamlik : Ramaphosa en dan die res van sý aanstellings in die kabinet.

Di ·

Weereens ‘n bewys dat alles wat deur die kommunistiese ANC beheer word ‘n TOTALE mislukking is. Raak ontslae van al die lede met KRIMINELE rekords asook die wat nie die nodige kwalifikasies het nie. Indien dit gebeur sal daar slegs ‘n handtjie vol oor wees in die SAPD. Vandat regstellende aksies ingestel is, het als inmekaar begin tuimel. Kyk maar na al die Staats instellings, een korrupte spul met geen dienslewering nie. Meeste sit in poste wat nie die kwalifikasies het nie en nog minder in staat is om die werk te doen nie.

Pablo ·

Alles moet ineenstort voor kommunisme ingestel kan word. Just a matter of time.

Pietertjie ·

Dis jammer mens kan hulle nie ook dagvaar vir ‘n gebrek aan dienslewering nie.

Yvonne ·

Minister moet maar hoed in die hand…erken hy kan nie die job doen nie

christo ·

Bheki Cele is niks anders as ‘n onbevoegde buffel nie. Net die plundering in KZN en Gauteng was meer as genoeg rede om ontslae te raak van hom. Is dit omdat Ramaphosa bang is dat Cele hom by die Zuma groepering aansluit?

Anthony ·

Nou ja, wat kan ons verder sê. Regerings instansies soos Eskom en die SAPD, beide (en andere) drasties agteruit! Kan die mense wat stem dit nie raak sien nie. Oftewel, hulle sien dit raak en ondersteun die kader-stelsel en landwye wetteloosheid. Tot waar moet dit gaan voordat dit beter gaan. Mnr die President – wat gaan jy doen as dit jou oorkom (en hopelik oorleef jy die trauma ens). Sal die SAPD eers dan uitgesorteer word of moet ons eers wag vir n algehele ineenstorting (met internationale gevolge) en miskien n landwye verkiesing (met nuwe reels waar mense kan stem mbt tot hulle bydrae tot die ekonomie ie hoeveelheid stemme mbt hoeveel SARS toe jy bydra ?). ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.