Meer as 400 jaar agter tralies vir reeksverkragter

Argieffoto

ʼn Reeksverkragter wat meer as 35 slagoffers verkrag het, is Vrydag in die Pinetown-streekhof tot 35 keer lewenslange tronkstraf gevonnis, en ʼn bykomende 425 jaar tronkstraf vir aanklagte van verkragting, roof en poging tot moord.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê Moses Mavila (30) sal die res van sy lewe agter tralies deurbring nadat hy jare lank vroue in Westville, Durban, geterroriseer het.

Mavila se misdaadtog het in 2013 begin. Hy sou vroue langs die M19 in Westville oortuig om saam met hom te gaan onder die voorwendsel van ʼn werksgeleentheid. Hy sou hulle dan in die bosse langs die M19 verkrag, wurg en van kontant en selfone beroof. Die laaste soortgelyke voorval is in Januarie vanjaar aangemeld.

Volgens Naicker is al hierdie sake aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings oorhandig. ʼn Toegewyde taakspan is opdrag gegee om die skuldige op te spoor en Mavila is uiteindelik in Februarie vanjaar in New Germany in hegtenis geneem.

“Die oomblik toe hy in hegtenis geneem is, het die verkragtings langs die M19 tot ʼn einde gekom,” sê Naicker.

Mavila het skuldig gepleit op 35 aanklagte van verkragting, 15 aanklagte van roof een twee aanklagte van poging tot moord. Hy is gevonnis tot 35 keer lewenslange tronkstraf op elke aanklag van verkragting, altesaam 27 jaar tronkstraf vir elke aanklag van roof en tien jaar tronkstraf vir elke aanklag van poging tot moord.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die vonnis verwelkom en gesê die gemeenskap van Westville is baie veiliger noudat Mavila agter tralies is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Arno Scheepers ·

Verkragter wat n student verkrag kry R10 000 boete. Regter koppel nou al n randwaarde aan verkragting.
Moses Mavila is binne 10 jaar terug op straat om weer te verkrag.
Vroue maand en die verskriklike aanklag teen die mensdom van die mishandeling van vroue en kinders het blykbaar nog nie by ons sogenaamde “regters “ van vandag uitgekom nie.
As n vrou verkrag word, word sy lewenslank geskend. Haar privaatheid en vroulikheid word op die wreedste denkbare manier verpletter.
Lewenslange tronkstraf MOET die enigste gepaste straf wees…..eintlik die doodstraf.
Dit is ons plig om ons land se vroue te beskerm.

Jakes Jacobs ·

Stem saam Wouter, want al die vonnise is sekerlik samelopend.

Abe ·

Jakes Jacobs,
Leke moet liewer nie kommentaar lewer oor straftermyne nie. Dit is iets wat iemand wat nie die strafreg ken nie, nie kan oordeel nie.

colleen ·

Vir die res van sy lewe agter tralies deurbring? Nee wat nie in SA nie. Geharde moordenaars kom na 10 jaar uit. Ons land moet soos Amerika maak, lewenslank is tot die dag wat jy dood al sit jy al 40 jaar agter tralies.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoekom vat dit 5 jaar om hom gevang te kry? 35 aanklagte oor 5 jaar is gemiddeld 7 voorvalle per jaar…..dis meer as 1 per maand. Oor en oor en oor….almal op die M19….en NIEMAND kry hom opgespoor of vasgevat nie? Hoe pateties…..en nog meer pateties as mens besef hulle kon “boek hou” van al sy oortredinge….sodat hy daarvoor gestraf kan word, maar jy kan hom nie voorlê en elimineer nie?

PaulV ·

… “gemiddeld 7 voorvalle per jaar…..dis meer as 1 per maand”? Hoeveel maande in JOU jaar? – maar ek stem met jou saam; baie verkragtings kon/moes verhoed gewees het.

Abe ·

Gemaskerde Sopbeen,
Jy weet nie mooi wat aangaan nie en jou wiskùnde is verkeerd. Moenie kommentaar lewer oor dinge wat jy geen kennis van dra nie.

Elsa ·

Regter moet ander straf uit dink. Nou moet die belastingbetaler elke dag R350 (huidiglike koste) vir die res van sy lewe betaal. Gratis kos, hospitaal, slaap plek, TV en boeke……. betaal

Christa ·

Sê liewer Hy verdien 400 Jaar. Dis lagwekkend Om 400 op te lê maar hulle sit 6 maande voor hulle met volgende slagoffer besig is. As Hy 20 Jaar, Moet Hy 20 Jaar sit.

Rooi ·

Pos die vark Indië toe. Hulle sal weet wat om in so situasie te doen. Suid-Afrika se straf stelsel lyk soos een siek grap. Tronke is oorvol en moordenaars kry parool. So siek van dit.

INA ·

Ek wens ook dat die doodstraf her- ingestel moet word, maar is bang velkleur sal die hoofrol speel en die “deurslag”gee…

Johan ·

Ek dink die vroue van Westville se dankie Genl.Ek wonder net wat die Ander 35 Vir jou Wil se……

Niklaas ·

Dir klink na een gepaste lang straf. Daar moet nou net nie na 6 jaar amnestie aan sulke gevangenis gegee word nie.

Ig ·

Belastingbetalers gaan maar vir hom moet sorg terwyl hy sit. Hy het vrouens se lewens permanent geskend. Daar is geen straf in SA wat die mense laat skrik nie. Hulle doen dit tot hulle gevang word en dan begin hulle royal life in jail. Give the man to society!!!!!

jakes ·

Hierdie vonnise word samelopend uitgedien, hy kan na 25 jaar in aanmerking kom vir parool. Hy kan verniet verder studeer en die staat betaal daarvoor. Hy kan dus 2 of 3 grade bekom en n model gevangene word. Langtermyn gevangenes kry ook werk in die tronk en word n maandelikse salaris betaal. Dis nou nie baie geld nie maar hy sal ook van tyd tot tyd verhoging ontvang. Ek is baie seker van my feite.

Jannie van Niekerk ·

Ek stem saam Jakes. Hulle behoort die woorde “samelopend uitdien” as onwettig te verklaar in enige geregtelike uitsprake. Verder moet sulke oortreders alle vorm van menseregte ontneem word. Daar moet ‘n wet wees dat hy nie eers ‘n boek, die Bybel ingesluit , mag lees nie. Sulke kriminele moet ook mediese behandling, besoeke deur familielede en kommunikasie in enige vorm soos bv praat en gesels , ontsê te word. Straf moet straf wees. Geen misdadiger kan gerehabiliteer word nie al sê die menseregte aktiviste ook wat.

Von ·

Toegewyde polisie het na 35 verkragtings hom gevang ……????….huiwer om te dink wat gebeur as hulle nie toegewyd is nie…wonder net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.