Meester van die hof, kêrel bly in aanhouding

Bina Mfandifuna Masuku (44).

Die voormalige meester van die hooggeregshof in Mpumalanga en haar medepligtige moet agter tralies bly totdat hul saak weer in Januarie aangehoor word.

Bina Masuku (44) en Elvis Kgosiemang (35) staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Immigrasiewet. Die Nelspruit-hooggeregshof het die twee Woensdag borgtog geweier.

Masuku het glo eise na Kgosiemang wat homself as prokureur voorgedoen het, gestuur. Van die eisers het nooit hul geld ontvang nie aangesien Masuku en Kgosiemang dit glo vir hulself gehou het. Masuku en Kgosiemang was in dié stadium in ʼn verhouding. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, is reeds vasgestel dat minstens R1,7 miljoen van agt verskillende gesinne gesteel is.

Die departement van binnelandse sake kon ook intussen vasstel dat Masuku nie ʼn Suid-Afrikaanse burger is nie, maar van Malawi afkomstig is.

Genl.maj. Zodwa Mokoena, provinsiale hoof van die Valke in Mpumalanga, het die besluit om die beskuldigdes borgtog te weier, verwelkom.

“Ons hoop om ʼn behoorlike vonnis aan die einde van die verhoor te bekom,” het Mokoena gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

MH ·

Meester van die hooggeregshof? Lyk vir my meer na ‘n skoonmaker.

Eddie ·

Hoe op aarde het sy die pos as Meester van die Hof gekry , dit behoort ook ondersoek te word !!

TN ·

Maak ‘n Meester Skelm, die Meester van die Hof, nou toe nou, niks in die land verbaas my enigsins meer.

Arak ·

So hoe het sy die pos gekry as sy nie ‘n Suid-Afrikaner is nie? Hoeveel ander mense sit in die staatsdiens van ander lande afkomstig? Is sy darem wettig in die land?

Scalla ·

Het daar nie fout gekom met werksomskrywing en aanstellings nie, besef dinge is te ingewikkeld vir sekere amptenare.

Attie. ·

Ons sou kon lag indien dit nie so tragies was nie. Net in SA kan soiets gebeur maar volgens ons hoofregter is dit die fout van die jare voor 1994.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.