Meisie verdink van polisieman se moord

sapd-saps-polisie uniform

Foto: SAPD/Facebook

Bongiwe Praise Magwaza (22) sal na verwagting Woensdag in die Boksburg-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Ao. Bonnie Nxumalo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê sers. Kgopotso Ntsana (34) van Elsburg-polisiestasie is op 2 Desember 2022 deur sy meisie vermoor ná ʼn bakleiery. Die voorval het by Leomakalapa langs Windmill Park Estate in Boksburg plaasgevind.

“Ntsana het tydens die bakleiery glo Magwaza se hare gesny. Sy het sy vuurwapen by hom afgeneem, hom met ʼn mes aangeval en hom geskiet. Sy het daarna na vriende se huis in Germiston gevlug.”

Magwaza het op 3 Desember na die huis teruggekeer en na bewering op Ntsana se liggaam afgekom. Hy het ʼn skietwond in sy kop opgedoen. Sy het die bure laat weet en hulle het die polisie ontbied.

“ʼn Voorlopige ondersoek het tot Magwaza se inhegtenisneming gelei op die misdaadtoneel. Sy het op 7 Desember 2022 vir die eerste keer in die hof verskyn en bly in aanhouding.”

Die saak is tot 14 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.