‘Metropolisie’ boelie glo gesin

Argieffoto

Talle voorvalle van korrupte gedrag onder metropolisiebeamptes, of boewe wat hulle soos die metropolisie voordoen, is die afgelope paar maande in die ooste van Pretoria aangemeld. In dié gevalle word motoriste in die aande van die pad af gedwing deur mense wat hulle as metropolisie identifiseer en dan probeer afpers om omkoopgeld te kry.

Volgens speurders trek beamptes gewoonlik motoriste van die pad af, vra om ʼn blaastoets met ʼn gemanipuleerde of wanfunksionele blaasinstrument te doen om ʼn valse resultaat te verkry, en intimideer motoriste dan op dié manier om omkoopgeld te betaal.

ʼn Man van Pretoria het onlangs die privaat speurder Mike Bolhuis genader nadat hy deur beweerde metropolisie geïntimideer en afgepers is.

Bolhuis sê klagtes van dié aard het die afgelope drie tot vier jaar eksponensieel toegeneem. Hy sê volgens statistieke sal een uit elke tien motoriste só gevang word. Volgens Bolhuis het die bedrae wat motoriste betaal ook oor die jare toegeneem. Waar motoriste ʼn paar jaar gelede nog R200 omkoopgeld sou betaal het, trek dit nou al by R2 000.

Bolhuis se kliënt, wat anoniem wil bly, en sy gesin het die betrokke aand van ʼn restaurant af huis toe gery. Net nadat hulle by die restaurant vertrek het, het die man agtergekom dat hulle deur ʼn motor agtervolg word.

Iewers langs die pad het die motor blou ligte aangeskakel en op die gesin se motor geflits. Daar was geen aanduiding dat die motor wel dié van die metropolisie is nie, maar die insittendes het wel uniforms soortgelyk aan dié van die metropolisie gedra.

“Die kliënt het langs die pad stilgehou omdat hy onder die indruk was dat dit metropolisiebeamptes is wat dit van hom vereis. Nadat hy stilgehou het, het die verdagtes, wat hulself as metropolisielede geïdentifiseer het, hom beveel om uit sy motor te klim. Sy vrou en kinders het in die motor agtergebly en hy moes saam met die beamptes na hul voertuig stap.

“Die beamptes het nie naamplaatjies aangehad of enige vorm van identifikasie gehad nie,” sê Bolhuis.

Volgens hom het die beamptes vir die kliënt gesê dat hy soos alkohol ruik. Hy het vir hulle gesê dat hy meer as gewillig is om by die naaste polisiestasie ʼn blaastoets te doen. Die beamptes het hom egter afgelag en gesê hulle sal hom na die polisiestasie van hul keuse neem om die blaastoets en selfs bloedtoetse vir alkohol te laat doen.

“Die kliënt het geweet dat hy nie oor die wettige alkoholperk is nie, maar was bereid om sy samewerking te gee.”

Bolhuis sê die beamptes het die kliënt gedreig en gesê indien hy in hegtenis geneem word, sal hy eers die volgende Dinsdag of Woensdag op borgtog vrygelaat word. Die kliënt het sy vrou gevra om sy vriend, wat ʼn prokureur is, te bel, maar die beampte het haar beveel om die foon neer te sit.

Een van die beamptes het glo vir Bolhuis se kliënt gesê dat hy ʼn mooi vrou en dogter het en dat dit ʼn jammerte sou wees indien een van hulle “iets sou oorkom”.

Die beamptes het R5 000 omkoopgeld van die kliënt geëis, maar hy het net R650 kontant by hom gehad.

“Hulle het daarna die R2 000 wat in die kliënt se bankrekening is, geëis en gevra dat hy na die naaste kitsbank toe ry en die geld trek. Hulle wou egter nie by ʼn nabygeleë vulstasie stilhou nie, aangesien daar glo te veel kameras op die perseel is. Hulle het toe besluit dat die kliënt die geld elektronies deur eWallet aan hulle kan oorbetaal.”

Bolhuis sê die beamptes het daarna die kliënt aangesê om te ry.

“Die kliënt en sy gesin was erg getraumatiseer deur die voorval.”

Bolhuis sê motoriste weet nie altyd wat om te doen wanneer hulle van die pad af gedwing en deur metropolisiebeamptes geïntimideer word nie. “Gewoonlik plaas die blou ligte, polisieuniforms en die polisie se gesagshouding meer druk op motoriste en voel hulle gou geïntimideer.

“In 90% van die gevalle beskou motoriste omkoopgeld as die enigste uitweg omdat hulle onder die indruk is dat daar nadelige gevolge gaan wees indien hulle nie hul samewerking gee nie.”

Volgens Bolhuis is dit baie belangrik om nie omkoopgeld te betaal of aan te bied nie en eerder deur die wettige prosesse te gaan.

Wat staan my as motoris te doen?

Bolhuis sê dis van sleutelbelang dat mense nie snags alleen rondry nie. Die insittendes moet ook seker maak hul selfone is vol gelaai sodat hulle video’s en klankopnames van die voorval kan maak. Hy sê enigiemand het die reg om so ʼn video te neem.

“Motoriste moet die nodige protokol volg sodra hulle langs die pad moet stilhou – vra die beampte se identifikasie en maak dan seker daardie identifikasie is wettig. Vra ook op video wat die klagte teen jou is en wat die beampte van jou versoek. Vra ook of die toerusting wat vir die blaastoets gebruik word, nagesien is en neem die blaasinstrument se lesing met jou selfoon af. Indien die beampte aggressief daaroor wil raak, moet dit klaar vir jou ʼn aanduiding wees dat iets nie pluis is nie.

“Verder moet jy nederig bly en jou volle samewerking gee. Hanteer die situasie so asof jy op ʼn misdaadtoneel is. Moenie uitlokkend wees of te veel oogkontak maak nie. Indien jy gekonfronteer word, moenie daarteen stry nie. Hou jou sinne kort en kragtig. Laat die aggressie van een kant af kom.”

Bolhuis sê indien jou lewe werklik in gevaar is, moet jy na die naaste polisiestasie toe ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Tanja ·

Ek het nou ook al agter gekom dat daar nie ń standaard is van hoe diè metro polisie se voertuie lyk en gemerk word nie en dit maak dit net so moeilik om te weet wiè is wiè

Excalibur ·

Nou word ons gyselaar gehou in ons eie tuistes deur ‘n klomp “polisie” rampokkers wat jag maak op sagte teikens en soos met die Boere-Oorlog slegs sukses kan proe as hul die Afrikaner man kan dreig met geweld teen sy vrou & kinders. Nee!, getroue SAPD-, Sekerheidsfirma lede & Mike met sy speurderspan wys jul staal en staan op vir wie & wat julle is om die landsburgers te beskerm. Gebruik jul gedeelde inteligensienetwerke, informante en observasie tegniekke en stel “wippe” (beplande lokvalle waar jul jul voordoen as ‘n gesin na ‘n aandmaal oppad huis toe of ‘n vrou alleen oppad na vriende, ens) vir hierdie voelvry-misdadigers en trap hul watsenaam af deur hulle sonder veel seremonie in die oorvol tronke te boender. Sou hul skiet gebruik jul skutopleiding om met doelgerigte vuur, vyandelike vuur met dodelike akuraatheid & resultaat te beantwoord. Dit is al hoe jul hierdie walvis in die huis gaan verorber; happie vir happie /klein suksessies = groot oorwinnings

Fred ·

Hoe kan Bolhuis se advies nog werk met wanfunksionele en misdadige polisie?
Vermy ritte huistoe vanaf kuierplekke…

melaney ·

Sogenaamde metropolisie weet mense ry snags rond. Beste manier om vinnig geld te maak.

Werner ·

Dink nie hulle het hulle glo geboelie nie.Glo hulle is defnitief geboelie

Chris dupreez ·

Dit is moontlik dat dit korrupte metro polisie is en net hulle naambalkies afhaal

Herpiet ·

Familie lid van my moes ook R2000 opdok naby Silver Lakes laas Saterdag.
Hoeveel van hierdie insidente word nie eers aangemeld nie
Ons is besig om in n mafia staat te verval

Grassie ·

Die uitvaagsels weet as jy ‘n witman se gesin teister gee hy in. Dit is hoe die British Empire die Boereoorlog gewen het. Lafaards!!

Jana ·

As die “beampte” aggresief is en jy voel jou lewe is werklik in gevaar gaan hulle jou mos nou nie laat gaan sonder dat hulle gekry het wat hulle wil hê nie? Dit lyk vir my asof dit reeds te laat is as jy gestop het want wat kan jy regtig doen as hulle jou intimideer en fisies bedreig?

Cecilia ·

Onthou volgens wet is jy nie verplig om na donker stil te hou as jy nie veilig voel nie. (Soos bv op n verlate pad of hoofweg). Jy het d reg om aan te hou ry (teen d spoedgrens) tot waar jy gerus en veilig voel bv a garage of openbare plek waar ander mense teenwoordig is.

D Varke volg jou vd restaurant af en het j dopgehou. So hulle weet jy het n pasr drankies gedrink en dat jy reeds senuweeagtig is d oomblik as jy d “bloulig varke” gewaar.

Nog so klein stukkie advies. Koop n bottel powerade as jy uitgaan vir n kuier en los d bottel in jou kar. As jy klaar gekuier het. Drink eers n paar slukke powerade voir j ry. Dit sit weer vog trug in jou liggaam en jy sal soomer more oggend beter voel.

Strandloper ·

Weereens….dankie fw en gespuis jy het jou volk verkoop om vertrap te word deur varke! Mooi koekies gebak met jou glade mond om die wereld se guns te kry….en nou?

Alleen Wolf ·

Sjoe, verbaas hierdie een oor die lands verraaier is nie gesensor nie.
Geld gekry, nie guns nie.

Danie ·

Metro is so korrupte spul. Ek het besluit ek ry na die polisie stasie van my keuse en as hulle my dan afdruk dan praat ons maar oor die loop.

Blikkies ·

Weet ook nie meer so lekker van ry na die naaste Polisie kantoor toe nie? Daar wag vir jou nog miskien ‘n ander nagmerrie. Wat staan ons dan regtig te doen?

Jack ·

Neem maar n uber of taxi net nie die gewone minibus nie. Ek glo hulle word nie gestop nie want die klag van dronk wees gaan nie werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.