Drie beamptes van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) wat glo ʼn bekende joernalis doodgeskiet het, is Vrydag op borgtog van R5 000 elk in die Roodepoort-landdroshof vrygelaat.
“Hulle staan tereg op ernstige aanklagte en die vraag is of die beskuldigdes vir hul verhoor sal verskyn en of dit in die belang van geregtigheid is. Daar is geen bewyse dat die drie beskuldigdes ʼn vlugrisiko is of die publiek se lewe in gevaar sal stel as hulle borgtog toegestaan word nie,” het landdros John Baloy in sy uitspraak gesê.
Die JMPD-beamptes, Nhlanhla Vilakazi (29), Lincon Moloyi (35) en Thozamile Mhlanga (37), se borgtogvoorwaardes sluit in dat hulle elke Maandag en Vrydag by hul naaste polisiestasie moet aanmeld, glad nie kontak mag maak met enige getuies nie en om nie die provinsie te verlaat sonder om die ondersoekbeampte in kennis te stel nie.
Die drie beamptes is Donderdag op aanklagte van moord, aanranding en dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem.
Die joernalis, Godknows Nare (40), is op 17 April 2017 in Florida, wes van Johannesburg, tydens ʼn oënskynlike skietgeveg met die polisie doodgeskiet. eNCA het berig die beamptes het na bewering aangevoer hulle het geglo Nare is ʼn kaper toe hulle op hom geskiet het. Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) het daarna ʼn ondersoek van stapel gestuur.
Bewyse het aan die lig gekom wat teenstrydig is met die JMPD-beamptes se weergawe dat daar op hulle geskiet is. “Inteendeel, hulle het die oorledene doodgeskiet en het ʼn misdaadtoneel opgestel om hul spore dood te vee,” het Moses Dlamini, Opod-woordvoerder, gesê.
Nare het as ʼn joernalis vir plaaslike en internasionale mediahuise gewerk, insluitend die SAUK, eNCA, BBC, Al-Jazeera en die New York Times. Volgens berigte was hy bekend vir sy grondige kennis van onwettige mynbedrywighede, smokkel van renosterhoring en die onwettige handel van sigarette.
Hulle is polisieamptenare wat jy moet vertrou en dan gaan pleeg hulle moord en kry borg maar n witman druk n ou in n kis en borg word geweiwr n witman klap n swartman en borg word geweier????
Vel is reg
Dan word daar gesê dat die regstelsel nie kant kies nie. Daar us soveel bewyse waar die skien aan die ander voet was en dan was borgtog geweier. Siek stelsel
Ja nee Kops kan jy nie vertrou nie net so skelm soos die skelms vra my ek weet,MM sal dit nie plaas nie.
En eintlik sal ek geld opsit dat verslaggewer iets op die spul gekry het. Hy is toe maar net uitgehaal. SA gaan Uhuru na n piekniek laat lyk. Berei julle self voor.
Wragtig borgtog! Mense wat mense moor moet agter tralies bly. Die verslaggewer het duidelik “footage” van ongeruimthede en is vermoor en die bewyse vernietig. Hoe kan jy ‘n kamera en ‘n vuurwapen met mekaar misgis. Hoop dit word baie goed ondersoek. Hoop die gamilie van die afgestorwene kry geregtigheid.
Geen vertroue in regstelsel nie.
Dis baie duidelik dat die oorlede joernalis op die spoor van die waarheid was en ‘n gevaar begin raak het vir die korrupte en skelmagtige kaders . Die misdaad netwerke ,van wie sommige se “koppe” binne in die S.A. Parlement sit. Die ANC moet volle verantwoordelikheid neem van die “Boulevard of Broken Dreams” waarin hulle hierdie mooi land van ons gedompel het…………….dit deur hul eie onbevoegdheid , Hebsug , Diefstal, Bedrog en Ontkenning van hul misdade teen die S.A. Publiek en belasting betalers. Pres. Zuma en ‘n hele klomp van sy Kaders staan nou met een voet op ‘n piesangskil, omdat hulle nie die vermoee het om te weet ‘n piesangskil hoort in ‘n Asdrom.
Pragtig verwoord.
So n vermorsing van hoop.
Maar Benson in Brits waar geen bewyse is nie moet in aanhouding bly wat n klug
her my ook aan Benson en die doodskis duo laat dink Pieter waar daar in een geval geen lyk was nie, in die ander heen moord nie, maar hulle was maande lank in aanhouding. waar is die geregtigheid?
Die bewyse is daar vir almal om te sien. Maar wie doen wat aan die saak. ?
Kan Solidariteit of die pers nie iets daaraan doen nie?