Miljoene rand se daggavonds in Springbok gemaak

Voor v.l.n.r. konst. Amy Fielding, konst. Brandon Cloete, konst. Wilmark Whitlow, konst. Zandre de Klerk, ao Leonard van Wyk, konst. Johnwin Farmer, ao Landro Mouton
Agter v.l.n.r. sers. Anton Cloete, konst. Thandi Melani, konst. Greg Whitlow, konst. Johnwin Crew, konst. Enrico Cloete, sers. Lorentius Raymond, sers. Jacques Julie
(Foto: SAPD)

Die polisie van Springbok in die Noord-Kaap het ʼn groot deurbraak gemaak in dwelmhandel toe twee verdagtes in hegtenis geneem is met dagga ter waarde van ongeveer R2 miljoen.

Verskeie eenhede van die Springbok-polisie en Namakwa-polisie het op 18 Oktober omstreeks 01:00 inligting opgevolg en ʼn bus deursoek wat van Johannesburg na Kaapstad op pad was.

“Die polisiebeamptes het 15 kg dagga in die bagasie van ʼn man en ʼn vrou opgespoor,” het kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die twee persone sal na verwagting Woensdag weer in die Springbok-landdroshof verskyn vir hule formele aansoek om borgtog.

Kol. Albie Kotze, waarnemende bevelvoerder, het die polisiebeamptes geloof vir hul optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Swanna ·

Op die foto is die hele Springbok polisie stasie. Wel gedoen. Wys jou weereens as daar ‘n wil is kan dit gedoen word. Goeie voorbeeld vir al die ander korrupte polisie stasies.

Chris Ws ·

Heng Springbok Polisie,julle maak my trots!Ek bly in Noordwes waar van die korrupste polisie lede in die land is.Helde soos julle sal maak dat mens minder sleg dink van die SAP in die algemeen!Julle is YSTERS!

Julius ·

Dit werk uit R133’000 per Kg? Onmoontlik, of waar is die res?

Hans ·

Straatwaarde is oordryf.
Dis egter baie dagga. Die polisiemanne in karoo kan BAIE meer dwelms opspoor, by transport voertuie wat as koeriers dit ry.

Gert van Wierdapark ·

Mooi so julle manne van Springbok! Jul vaar baie beter as die Krieket Vrot-eas!

Michelle ·

Fantasties werk baie geluk ons het meer lede soos jul nodig. Baie dankie dit word opreg waardeer.

Phil ·

Julle is YSTERS! Wel gedaan en ek trek sommer Springbok toe.

John ·

… van Johannesburg oor Sprinbok na Kaapstad… ‘n Bietjie van ‘n draai. Of moes al die padstalletjies se voorraad aangevul word?

Martin ·

Elke persoon se idiee van n beperkte hoeveelheid verskil en wanneer dit n privaat plek is. Hier naby ons word die goed in n winkel verkoop onder die dekmantel van gesondheid produkte en dit word tie gelaat. Het kamma n permit daarvoor.

Maru ·

Daar moet asb dringend verduidelik word aan die verslafdes wat bedoel word as Jul se dit is WETTIG. Almal rook nou meer want dit is wettig hulle het almal hul eie plantjies by hul huise.

Theo ·

Dit was vir private gebruik julle…
Ek kan nie glo dat mense nog met die goed smokkel nie…

Wonner ·

Aai siestog hulle gaan vakansie hou dit was hulle voorrad vir privaat gebruik hahahaha

Piet ·

Maar jy kan by enige cannapax winkel in stap en dit oor die toonbank koop ??

Marie Rossouw ·

Ek as oud inwoner van Springbok, ook my wortels is steeds inge ent daar, dit maak dat ek weer Springbok toe wil gaan, julle laat my bors swel, well done!

Uit Suid-Wes ·

Verstaan nie. Is dagga dan nie wettig in RSA nie?
Ek het verhuur my huis in Die Strand aan twee jong plattelandse Afrikaners (soos die meeste van julle) en hulle dagga plante is twee meter hoog. Ek spreek hulle nie aan nie, want dis dan wettig en in enige geval is het hulle geen maniere nie. Ek is seker siniel, soos Jugde Dredd opgemerk het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.