Miljoene se dwelms in Wes-Kaap gekry

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

Die polisie in Kaapstad het Donderdag drie mans in hegtenis geneem en beslag gelê op kokaïen van sowat R400 000 000.

Lirandzu Themba, woordvoerder van die minister van polisie, sê beamptes het saam met die Valke en die Wes-Kaapse verkeersdepartement gewerk om die inhegtenisnemings te doen.

“Die span het die drie verdagtes op die N1-snelweg onderweg na Kaapstad aangekeer. Meer as 600 kg kokaïen is in die vragmotor gevind waarin hulle gery het. Die dwelms is versteek in opgestapelde houtplanke aan die agterkant van die vragmotor,” sê Themba.

Die mans, tussen 39 en 47 jaar oud, het Maandag hul eerste verskyning in die Athlone-landdroshof in Kaapstad gemaak.

Bheki Cele, minister van polisie, en lt.genl. Thembisile Patekile, die provinsiale polisiekommissaris in die Wes-Kaap, het die hofsaak bygewoon.

“Dié dwelmoperasie sal daartoe bydra dat meer misdade wat met onwettige dwelmhandel verband hou, bekamp word,” het Cele gesê.

“Die polisie word dikwels daarvan beskuldig dat hulle bloot reaktief optree en dié operasie is ’n duidelike bewys dat die polisie se misdaadvoorkoming verskerp en proaktief is.”

Cele moedig gemeenskappe aan om voort te gaan om na vore te kom met inligting wat die polisie in hul ondersoeke kan help.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kokerboom ·

Enige rede vir Cele se konstante kuier in WesKaap?
So moeg vir die politici se sinnelose opmerkings waarvoor hy ten duurste betyaal word!

domheks ·

Dan is hy in Wes Rand, dan in die Kaap – maar geen uitkomste nie, net praat, praat en nogmaals BOLLIE praat. Hy hou van sy eie stem. En belasting betalers betaal vir sy op en af reise en sy massa veiligheids wagte.

Anel ·

Van wanneer af woon ‘n minister sommer ‘n hofsaak by? Het hy niks beters om te doen nie? En die is maar net ‘n druppel in die emmer. Gaan geen verskil maak nie!!!!

Hayntjie ·

Die SAPS en die publiek maak dit moontlik dat al hoe meer teen misdaad opgetree word en die suksesse wat behaal word, word ook groter. As sindikate se koppe begin waai gaan misdaad beheer, vermoed ek, ʼn baie interessante wending aanneem. Ek vermoed dat kabinetslede se betrokkenheid by misdaad die land gaan skok. DIE MAKSTE HOND EN VOORBEELDIGSTE RESPEKVOLLE PERSONE GAAN DALK UITGEWYS WORD OM NIE TE WEES WAT DIE PUBLIEK GEREKEN HET HULLE IS NIE. DASRDIE MAK HOND KAN HEEL MOONTLIK SY SLAGTANDE DIEP BÊRE.

Witbaard ·

Cele moet minder “roadtrips” doen en sy werk begin doen……o sorry, hy weet nie hoe nie

Nie Verbaas ·

Cele leef regtig op sy eie planeet. Hierdie man het maar net nie die insig om die omvang van die probleem te verstaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.