Miljoene se onderdele, brandstof by Tutuka weggedra

Die Tutuka-kragsentrale in Mpumalanga. (Foto: Eskom)

Drie mense is reeds aangekeer nadat Eskom honderde miljoene rande betaal het vir goedere en dienste wat nooit by die Tutuka-kragsentrale gelewer is nie, of daar gesteel is. Twee van die verdagtes is Eskom-werkers en die derde ʼn verskaffer. Hulle is in hegtenis geneem op aanklagte van diefstal, bedrog en korrupsie.

Eskom sê die twee werkers, Sarah Nomsa Sibiya, ʼn tegnikus, en Bhekizizwe Solomon Twala, ʼn stoorman, is Donderdag in hegtenis geneem. Jessie Phindile Kubeka, wat 51% van ʼn verskaffingsmaatskappy besit, is kort daarna aangekeer.

Die drie het reeds in die Standerton-landdroshof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R5 000 elk. Die saak teen hulle word weer in Februarie volgende jaar hervat.

Die inhegtenisnemings volg op ʼn maande lange interne ondersoek wat saam met wetstoepassingsowerhede in Mpumalanga van stapel gestuur is.

“Eskom se ondersoek het ook die bestaan van ʼn sindikaat verantwoordelik vir die diefstal van brandstofolie van nagenoeg R100 miljoen per maand van die kragsentrale blootgelê.”

Nog minstens vier inhegtenisnemings word binnekort verwag in verband met die brandstofsindikaat.

“Eskom, en die Tutuka-kragsentrale in die besonder, is steeds die toneel van sommige van die mees afskuwelike misdade wat gepleeg word deur diegene in wie se sorg die instelling geplaas is, asook deur gewetenlose verskaffers,” sê André de Ruyter, hoof van Eskom.

De Ruyter sê hoewel die ondersoeke lank duur om vrugte af te werp, help die inhegtenisnemings en diegene wat aangekla word om te verseker dat die organisasie weer opgebou word.

Eskom sê terwyl sy bestuurspan bedrywighede by die kragvoorsiener herstel, is die organisasie ook besig om goed gevestigde misdaadsindikate wat die land duur te staan kom, te stuit.

Die organisasie het Vrydag aangekondig dat beurtkrag voorlopig tot Maandagoggend ingestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Riaan ·

Eskom is soos ‘n Lucky Packet, mens weet nie meer wat om van hulle te verwag nie.

Hennie ·

Februarie vgende jaar? Dan het hierdie skelm turfsmurfs alles al verkoop en sit hulle dalj in Dubai! R 5 000 borgtog vir miljoene se bedrog… Belaglik!!

MakersMark ·

Ek dog korrupsie is ‘n westerse konsep – volgens Zuma…..maar sien meer en meer nie westerlinge wat daarvoor gevang word. Snaaks.

Francois ·

En dis net by 1 kragstasie? Waar is die res van Eksdom se diewe?

Dries ·

Dit word in samewerking met personeel weggedra en dan weer terug verkoop aan Eskom. Dit is Kader ontplooing op sy beste

Martie Smartie ·

Ag vader tog De Ruyter, jy het nog net mooi niks vermag nie. Wat n gemors, maar toegegee jy het dit ge-erf. Nie 10 De Ruyters kan daai gemors uitsorteer nie.

gatgogga ·

Die kaders sal nooit met de Ruyter saamwerk nie – hom eerder saboteer.

Harley Davidson ·

Ek dink as dit nie vir hom was nie sou niemand geweet het van hierdie skelms nie.

Pieter ·

Wonderlike B.EE. Wonder indien die diensteleweraar ook finansiële bydraes aan die A.NC maak. Eskom is k.orrup verby, selfs die blanke personeel is k.orrup. Het hulle ‘n ruk terug op ‘n ontwerpfout gewys, slegs omdat ek die omgewing beter ken. Hulle ry my op belastingbetaler se onkostes tot in die hof omrede konflik van belange. Duidelik is my foutuitwysing ‘n aantal Eskom werknemers nie geleë nie, want nou kan die verkeerde ontwerp nie aanhoudelik geld in hul sak bring nie. Ontwerpfoute is doelbewus want dit vereis konstante herstel en geleentheid om te skep.

Papsak ·

Bedrog bedrog ja wat wat sal ek se die sirkus speel te mooi man

Keith ·

Eskom is a groot gemors. No operational controls, too many internal crooks and thieves. I was Ops Mgr of an R11 million a month (cash turnover) company years ago and the first thing i did, when i took over as Ops Manager, was got Board approval to remove ANY and ALL authority of the Accounts dept to approve or authorise ANY expenditure. It ruffled a few feathers BUT it worked ! I then used my 3 Area managers to “police” and control all expenditure, within budgetary controls (which were set by myself using an external Accountant), and the Area Managers were the only personnel who held “Order Books”. I effectively diverted authority for all expenditure to my Area Managers under my watchful eye. Our expenditure budget was +- R6.8 million per annum. Eskom needs to catch a wake up and bring their expenditure under control, by changing the way they do things, and by appointing an honest Operational Manager(s) to oversee ALL expenditure. It eliminates the “fraud chain” and it works !

Lourens CFG ·

Do you seriously think that anybody in eksdom can be thát honest?

Wielspore ·

Goeie instandhouding by kragopwekkers se resultate gaan jy nie binne 6 maande sien, dit neem tot 3 jaar want van die komponente se lewensduurte is 3 jaar. Wat André de Ruyter ook doen is om korrupsie en diefstal wat bydraend is tot die probleem spoedig op te los, van die sake neem tyd aangesien ondersoeke en bewyse gekry moet word. My werkgewer maak gebruik van onafhandlike florensiese auditeurs om bedrog en diefstal te ondersoek. Hierdie soort misdaad kom by alle kultuur groepe van ons land voor. Na my mening doen André de Ruyter puik werk, ek haal my hoed af vir wat hy doen.

Pablo ·

Die bedrog en diefstal sal nooit ophou nie. Ek kan nie verstaan hoe mense kan dink dat dit gaan ophou nie. Gegewe die huidige verkiesings uitslae is dit nou n geval van om so vinnig as moontlik te vat voordat daar niks oor is nie.

Jr ·

Ja en dan kom hulle met allerhande reporte en navorsing en experts advice wat sê – dus hoeveel elektrisiteit kos om op te wek en die publiek moet 15% meer opdok. Ja nee wie betaal vir al hierdie s””*’: niemand anders as ons DIE BETAALENDE PUBLIEK

Swanie ·

Hulle sal hulle ma se after end ook wegdra as dit geld werd is.

Papsak ·

Ja kyk terwyl ander in donkerte moet sit brand die townsbips se ligte aan mekaar nou hoe nou vra ek kom se my toe

Nie Verbaas ·

En daar het die ANC se jeug hulle antwoord op omkeerplan. As dit in jou gene is om te plunder en te verwoes is daar niks wat sal help nie.

Willem Wikkelspies ·

Ag nee wat mense! Gun hulle dit! Die regereing se sakke is mos onbeperk diep. hulle sal net maar weer voorsien en herstel en vervang soos altyd. .. O, ja, en hulle sal dit dan mos ook net weer verhaal van die mense wat eerlik hulle belasting betaal, want die betaal ook mos altyd maar net. So wat is die probleem? Die Kongo rivier het altyd water ..

Sarel ·

Slegs twee Werkneners????
Dit is waarvoor jy Beurtkrag verduur

Harley Davidson ·

Dit is net nog een van vele redes hoekom die Weskaap so gou moontlik moet afstig van die piesang Republiek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.