Min vordering in saak oor Myeni-skietdood

Lindsay Myeni tydens haar man se roudiens. (Foto: KZN provinsiale regering/Facebook)

Dit blyk dat daar min vordering is met die ondersoek na die dood van die Suid-Afrikaner Lindani Myeni verlede maand in Hawaii.

Myeni is Donderdag in Empangeni in KwaZulu-Natal, waar hy voorheen gewoon het, begrawe ná ’n lang gesukkel om sy oorskot na Suid-Afrika te repatrieer.

Myeni se vrou, Lindsay, het Donderdag ná afloop van sy begrafnis tydens ’n mediakonferensie gesê dat sy steeds geen samewerking of terugvoer van die polisie ontvang nie. Myeni se familie het kort ná sy dood aangekondig dat hulle ’n klag van onregmatige dood teen die Honolulu-polisie gaan indien.

Die familie se regspan het ook geëis dat die polisie Myeni se selfoon en ander persoonlike besittings oorhandig en die volledige beeldmateriaal van sy dood beskikbaar stel. Die beeldmateriaal wat die polisie beskikbaar gestel het, is glo onvolledig.

“Ek het ook die burgemeester in Honolulu genader, maar geen antwoord gekry nie. Ek dink hy weet dat die polisie in die moeilikheid is en daarom swyg hy. Die polisie het steeds sy foon, klere en kopband.

“Ons gaan wel voort met die hofsaak teen die Honolulu-polisie.”

Maroela Media het vroeër berig dat die familie daarvan oortuig is dat Myeni se selfoon belangrike inligting oor die omstandighede rakende sy dood bevat en onbeantwoorde vrae sal uitklaar.

Lindsay het die Suid-Afrikaanse regering bedank vir hul ondersteuning met die begrafnisreëlings en om Myeni se liggaam na Suid-Afrika terug te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nie Verbaas ·

So die polisie het hom klaarblyklik sonder enige rede geskiet en hy het sy samewerking ten volle gegee?

Tubac ·

Ek sal nie verbaas wees as sy bloed wys dat daar ongerymdhede was nie. Slegs n persoon wat nie by homself was nie , sou so opgetree het.

Niklaas ·

Ek is nogal verbaas oor die ophef en die regering se groot betrokkenheid. Die man het nie meer gewoon in SA en het glo ‘n misdaad (inbraak) gepleeg toe die polisie ontbied is. Waarom die bohaai?

Pieter J ·

Hierdie ou het vergeet hy is nie meer in SA waar jy kan doen net wat jy wil as jy die regte kleur het nie.

Jaco ·

Vreemde optrede van die polisie in Honolulu. Die hoogheilige Demokrate wat voor hulle aan bewind gekom het gewelddadig betoog het vir “defund the police”, is dan nou in beheer daar. President Joe Biden is ook ‘n groot vriend van ramaphosa en die ANC. OF is dié stilte en min vordering juis die gevolg van “defunding the police”?

Tubac ·

Nie werd om kommentaar te lewer nie. I can see says the blind man to his deaf daughter.

MakersMark ·

Niks sal van dit kom nie hy was onwettig in iemand se huis toe die polisie ontbied is het hy soos meeste ander wat so eindig polisie bevele verontagsaam en selfs besluit om die polisie aan te val. Polisie het hom probeer kalmeer met ‘n taser maar hy het aangehou met sy agressie. Soos baie hier sê daar is nie kroonwild in die USA nie as jy nie die polisie gehoorsaam nie gaan dit sleg eindig. Soos gewoonlik was hy ‘n engel, wonderlike Pa en man en ‘n wetsgehoorsame burger. Ongelukkig behalwe op die dag.

Hennie ·

Snaaks hoe verhewe mense bo die reg raak, al weet jy jy het verkeerd opgetree. Jammer dat iemand moes sterf, maar as jy geweld wil i span teen VSA polisie, moet jy maar die pyn vat….

Tubac ·

Sal beslis nie net staan en kyk as ek geweldadig aangeval word nie.

Danie ·

Verbeel ek my of is van my belastinggeld aangewend om hierdie man terug te vlieg SA toe??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.