Minister reageer op uitspraak oor kleuterskole

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling (Foto: Verskaf)

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het die hooggeregshof in Pretoria se uitspraak oor kleuterskole en dagsorgsentrums wat kan heropen, verwelkom. Regter Hans Fabricius het Maandag beslis sentrums vir vroeë kinderontwikkeling kan open, mits hulle die nodige veiligheidsmaatreëls getref het.

Die hofuitspraak volg nadat daar maande lank onsekerheid was oor wanneer kleuterskole kan heropen. Solidariteit se beroepsgilde vir maatskaplike werkers en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het die hof genader omdat daar steeds geen vasgestelde datum vir die heropening van private kleuterskole en dagsorgsentrums is nie.

Volgens Lumka Oliphant, woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling, het die departement die afgelope paar weke saam met rolspelers gewerk om gereedheidsprogramme gereed te kry. Die gereedheidsprogramme sit die protokolle uiteen vir kleuterskole om te volg wanneer hulle heropen.

Kleuterskole en dagsorgsentrums is onderworpe aan die toepaslike en voorgeskrewe veiligheidsmaatreëls ingevolge die Rampbestuurwet wat ingestel is om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Oliphant sê elke sentrum vir vroeë kinderontwikkeling is verantwoordelik om die veiligheidsmaatreëls en prosedures by die onderskeie sentrums gereed te hê voordat hulle kan heropen. Dit sluit in om die nodige materiaal aan te skaf en personeel op te lei. Sentrums wat nie die nodige maatreëls getref het nie, kan nie heropen nie.

“Die departement sal ook saam met die sentrums werk om te verseker dat alles gereed is voordat hulle kan open,” sê Oliphant.

Oliphant sê die minister sal maatreëls in die Staatskoerant aankondig om leiding oor die heropening van sentrums te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willem ·

Nou dat die hof haar dwing stem sy saam en wil sy nou ander mense se reëls in die staatskoerant publiseer. Kan sien hul weet nie wat om te doen. Ek wil nou net dat die hof moet beslis ons is nou lank genoeg in afsondering. Die wat nie siek wil word nie sal die reëls nakom en die res sal maak net soos hul wil

Jaco ·

maak reg vir GROOT reen. Die wes-kaap se damme gaan 110% vol wees. Want in 2020 VERWELKOM ‘n minister van die anti-wit ANC ‘n uitspraak van ‘n WIT regter en hy is nogal ‘n wit Afrikaanssprekende man. Dis uniek en uiters seldsaam dat so iets gebeur.

JohanR ·

Nou maak die een asof sy die held in die uitkoms is. As daar een ding is wat Covid-19 na voore gebring het is net hoe ABSOLUUT USELESS van die ANC ministers is! As jy vir ‘n groot maatskeppy se HR – menslike hulpbronne werk, kan jy jouself dit voorstel om mense soos NDZ, Bheki Cele, Lindiwe Sisulu, Lindiwe Zulu, Ebrahim Patel, Fikile Mbalula, David Mabuza, Ace Magashule, Stella Ndabeni-Abrahams ens ens ens aan te stel. Ek dink nie eers ek sal ‘n werk aan Cyril Ramaphosa offer nie! Dink nie eers ek kon in die selfde kantoor of gebou saam met die lot werk nie – sies man – soe ek sal seker bedank en ‘n werk gaan soek saam met mense wat ek van hou.

Kokerboom ·

Die hofuitspraak toon weereens die ABSOLUTE ONBEVOEGDHEID van die ANC om te regeer!

Scalla ·

Kry die regte mense vir die job dan word die hof se tyd nie gemors nie.

koos10 ·

Sy is baie verlig, en eintlik slim as politikus.
As daar enige iets skeef loop blameer sy net die regter en die hof. As alles goed verloop pluk sy natuurlik die roem daarvan.

Jacobus ·

Sy moet darem besef dat daar in elke verhaal ‘n vark of ‘n held is: me Zulu en me Oliphant – ‘take your pick’. ‘n Wenk is dat ‘n held nie soos ‘n MPH kader lyk nie.

Hans ·

Dit maak nie sin nie…… sy beveg dit die heeltyd maar verweljom dit waneer die hof die feit afdwing En hul noem haar n minister, moet eerder self terug gaan skool toe

Yvonne ·

Sy moet bietjie van die blonde grappies lees dalk help dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.