Minister ‘spoorloos’ terwyl WVF-eise sloer

(Foto: Facebook)

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het Woensdag om verskoning gevra vir ʼn “fratsonderbreking” in sy netwerk wat beteken hy sukkel om Mei se aansoeke vir hulp van die regering se tydelike verligtingsfonds (Covid-19 TERS) te verwerk.

Die stelsel word sedert verlede week getoets en moes Dinsdag in werking getree het. ʼn Beskadigde veselkabel tussen die WVF se kantoor en dié van die staatsinligting- en tegnologie-agentskap (Sita) het dié plan in die wiele gery.

“Ons doen alles moontlik om te verseker dat die probleem vandag nog opgelos word sodat ons dadelik die Mei-aansoeke kan begin verwerk,” het Teboho Maruping, kommissaris van die WVF, gesê.

Die WVF het ook onderneem om die agterstand so gou moontlik te probeer inhaal en sy spanne is op ʼn gereedheidsgrondslag om te begin werk sodra die stelsel aanlyn is.

“Ons het ʼn magdom klagtes hieroor ontvang en ons verstaan dat dit frustrerend vir ons kliënte en vennote is. Ek wil elkeen wat negatief hierdeur geraak is verseker dat die probleem buite ons beheer was, maar dat ons dit gaan regstel.

“Daar was die afgelope twee maande geweldig baie [netwerk]-verkeer weens die afsonderingsvoordele. In die algemeen kon ons onder die omstandighede kop bo water hou en daar is geen rede hoekom ons nie selfs harder gaan werk om op te vang nie,” het Maruping gesê.

Die WVF sal ʼn aankondiging doen sodra die stelsel weer werk.

Die DA sê intussen terwyl dié situasie ʼn tikkende tydbom is, is die minister van arbeid, Thulas Nxesi, spoorloos.

“As die voordeel eindelik opdaag gaan dit vir baie mense te laat wees. Werkers en werkgewers het rekeninge om nóú te betaal. Hulle kan nie wag nie,” het dr. Michael Cardo, die DA se woordvoerder oor arbeid en indiensneming, gesê.

Cardo sê die vertraging in die stelsel beteken talle mense gaan geen inkomste aan die einde van Mei verdien nie.

“Vir die meeste salaristrekkers wat staatmaak op die Covid-19 TERS-voordeel is hierdie veel meer as net ongerieflik. Dit is die oorsaak van desperaatheid, depressie en in sommige gevalle finansiële ruïnering.”

Cardo sê dit neem in elk geval lank vir eise om uit te betaal en die jongste verwikkelinge voorspel niks goeds nie.

In antwoord op ʼn parlementêre vraag het die departement gesê 195 000 werkgewers en 2,5 miljoen werkers het teen 21 Mei sowat R14 miljard in voordele gekry – aan die ander kant het talle nie ʼn sent ontvang nie.

Meer as 76 000 werkgewers en 559 000 werkers se eise – ter waarde van sowat R2,3 miljard – is afgekeur omdat hulle nie op die WVF se stelsel aangedui word nie, of bloot omdat die fonds dit sonder verduideliking afgekeur het, sê Cardo.

Hy sê ook vakbonde moet die minister namens werkers voor stok kry.

Die DA vra ook Nxesi moet sê hoeveel geld nog oor is om aan werkers uit te betaal, of die WVF die vermoë het om eise vir die res van die afsonderingstydperk te hanteer, en waarom dit lyk of bitter min buitelanders tot dusver betaling gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anel ·

Op grond wasrvan kan buitelanders eis? As ek in die buiteland werk kan ek nie van hulle werkloosheidsversekering eis nie! Maar nou ja.
Die minister het seker met die geld verdwyn!
En hoekom kon die informasie nie maar solank in gelees word nie? Sodra die stelsel dan aangaan is dit mos klaar in gelees. Dan kan dit mos net gestuur word. Nou sit hulle maar en doen niks. Voel vere vir die mense, wsnt hulle kry elke maand hulle geld.

Johanncb ·

Die agbare minister kan skynbaar níé die druk hanteer nie!

PH ·

Kabel se skuld? Geen ” backup ” stelsel nie. ?
Stoute SITA !

Sarel ·

1. Ons kon probleme voorsien want nie TegniesecStelsels of Personeel was hiervoir voirberei nie. Frustrerend en ititerend ja maar verstaanbaar.
2. Hoekom moet daar agter Buitelanders omgesien word terwyl ons eie mense nie gehelp word nie. Hoe om hierdie Buitelanders op SA se sisteem.

Sarel ·

Staak salarisse vir Parlementariers en kyk hoe vinnig hulle reageer

marius ·

Jan kan rustig slaap . Dis nou die van der Skyfies se beurt om die skuld te dra.

Kokerboom ·

Ons is, uit die aard van ondervinding met nuwe bestel, geneig om alle ernstige tekortkominge en vergrype in ‘n komiese situasie te omskep. Dis verstaanbaar aangesien die frustrasievlakke met onbevoegdheid en wanadministrasie asook kaderaanstellings ons verdra -drukmeter konstant tot in die rooi druk. Die realiteit is dat die kaders aan bewind nie dieselfde emosie en humorsin het en dit nie verstaan en dan alles persoonlik opneem.
Dis ALTYD iemand anders se skuld. Enigste optrede is regsdruk…koud klinies en hard. Ons stem is in die minderheid. Dis frustrerend en tydrowend maar ongelukkig die enigste uitweg. Die uitdaging egter is dat ons net moet leer om saam te staan. Dis baie gevra!

Tienie ·

Ons ken julle so.

Verskonings verskonings en nogmaals verskonings…

Boortor ·

Tegniese probleme?? Nee…die geld is klaar! Hulle sal dit NOOIT erken nie want dan is hierdie land “gone” en hulle. Klomp liegbekke!!

Hans ·

Hul flippen website se “we have not started accepting claims for May” en ons kla op die einde van die maand!!!! Dit is hiper pateties, seker n gesloer om te kyk hoe kan die geld liewer verdwyn

JM ·

Verskonings, verskonings, verskonings vir onbevoegdheid, nou kry die veselkabel die skuld. Weet nie om hulself in rat te kry nie. Nooit hul eie skuld nie! Die blaam word altyd verskuif.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.