Minstens 14 polisiebeamptes reeds dood weens Covid-19

(Foto: SA Polisie)

Genl. Bheki Cele, die minister van polisie, het aangekondig minstens 14 polisiebeamptes is reeds dood weens Covid-19. Altesaam 1 685 lede het tot dusver positief getoets.

“Die Wes-Kaap het 1 134 gevalle gevolg deur die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Meer as 600 beamptes het reeds herstel en is terug aan diens,” het Cele tydens ʼn multidissiplinêre operasie in Soweto gesê.

Die operasie het ten doel om nakoming aan Covid-19-riglyne tydens vlak 3 van die afsonderingsperiode te assesseer. Die operasie was Saterdag een van sewe aktiwiteite in Gauteng deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, ondersteun deur die Johannesburgse metropolisie en SA Nasionale Weermag.

Cele het die informele nedersetting geloof dat daar in sekere dele nakoming is. Hy het egter gewaarsku dat sommige inwoners steeds nie sosiale distansiëring in ʼn ernstige lig beskou nie.

“Daar is ook nog ʼn kwessie wat betref nienakoming wat betref die beweging van alkohol. Die wet sê mens moet by die huis alkohol drink en nie in groepe nie. Groepe word steeds verbied.”

Polisiebeamptes het tydens die operasies beslag gelê op alkohol wat in openbare ruimtes verbruik is en sigarette wat onwettig verkoop is. Talle persone is in hegtenis geneem omdat hulle die Rampbestuurwet oortree het.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

BoerSonderRoer ·

Ek hoop hulle toets dis polisie gereeld.

Vet weet hoe land en hoeveel mense daai beamptes aansteek.

Vranet ·

Sal graag wil weet wat is die gemiddelde dodetal van polisielede oor die afgelope 2 jaar. Mense gaan dood . Dis normaal. So, hoeveel lede is in dieselfde tyd as tydens die grendeltyd dood, maar nie agv die sg. Covid19 virus nie.

JM ·

Nie “sg. Covid19 virus” nie. Die Covid-19 virus is ‘n werklikheid.

Sarel ·

Minister toe ” Sanitizers” aan die Polisie geskenk het die Hoofde dit geweier. Is julle nie dan deels verantwoordelik vir Positiewe gevalle en sterftes nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.