MK-veterane boos oor korrupsie in ANC

Carl Niehaus.
(Foto: Karen Sandison/African News Agency)

Militêre veterane wat deel was van die anti-apartheidstryd het die ANC gekap oor plundering en korrupsie wat klaarblyklik die toekenning van Covid-19-fondse -en kontrakte gekenmerk het. Sommige lede van die ANC-regering word by dié beweerde misdade betrek. Self die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, se seuns word daarvan beskuldig dat hulle onbehoorlik voordeel getrek het uit kontrakte vir Covid-19-toersuting in die Vrystaat.

In ʼn sterk bewoorde verklaring wat deur Umkhonto we Sizwe (MK) se vereniging vir militêre veterane (MKMVA) uitgereik is, sê lede enige ANC-lid wat skuldig bevind word aan wandade behoort “genadeloos ontbloot en uitgedryf te word”. MK was die ANC se militêre vleuel gedurende die stryd teen apartheid.

“Niks is meer bedorwe as om te steel van die armes, haweloses en dié wat honger ly; om jouself ten koste van hulle te verryk nie,” sê Carl Niehaus, woordvoerder van die MKMVA.

“Die betrokkenheid van sogenaamde ANC-kamerade in hierdie plundering is ʼn groot verleentheid, boos en teenstrydig met alles waarvoor die ANC behoort te staan.”

Die ANC het self Dinsdag gesê dat hy “sy kop in skaamte laat hang” en kan verstaan dat die gemeenskap boos is oor harteloosheid wat vertoon word deur sommige elemente binne die regering, die ANC en die private sektor.

Niehaus sê egter die tyd om doekies om te draai is verby en dat die enigste geregverdigde optrede in dié situasie is dat die MK-veterane met woede reageer en hul ontevredenheid hard en duidelik te kenne te gee. “Ons veterane het nie ons lewens op die spel geplaas tydens die stryd om demokrasie vir ʼn samelewing waarin korrupsie floreer en kos letterlik uit die monde van die armstes gevat word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Wilhelm ·

So asof die ANC korrupsie iets nuut is. Die MK-mannetjies is klein bietjie laat om lawaai te begin maak.

Trotse Boervrou ·

Niemand stel in Carl Niehaus of sy mening belang nie.

koos10 ·

Carl Niehaus, jy wat vir Zuma tot nou toe nog ondersteun???
Span jy jou seile beitjie na die wind?

Mauritz ·

Die MK se keuse van ‘n woordvoerder veroorsaak ongelukkig dat hulle hele storie plat val.

JohanEtz ·

Is Hy jaloers omdat hy uitgesluit is by die stropings, korrupsie en selfverryking…. LOL

Isabella ·

Presies hy besef nou hoeveel hul in hul sakke gesit ht… ht hy gedink hul gan vr hom enige iets gee…. anc gee nt vr hul kamerade …wat n ontnugtering

marius ·

Ek sou ook gal gebraak het as ek nie ‘n stuk koek gekry het nie . Dit is al waaroor die gekerm gaan .

JohanR ·

Ou Carl Niehaus. Die ou dink nog hy is enigsins belangrik! Kon, en kan ook nooit enige ander plek ‘n maandelike salaris “verdien” anders as by die ANC. Miskien wou niemand anders hom gehad het nie….Caltex, Woolworths, Checkers, Shoprite, Ou Mutual, Sanlam, Katolike Kerk, Outsurance ens. Net een kyk na hom en sy CV gekyk, en gese haikona….we will call you, don’t call us! Ek het altyd gedink hy vroetel rond in Jacob Zuma se sakke vir kleingeld hy het soe naby aan hom gestaan. Ou Carl die ANC se dae is verby en getel. Die NP het 40 jaar gehou. Wonder of die ANC 30 jaar gaan hou?

Niklaas ·

Dis nou dieselfde knaap wat destyds so vreeslik hard geveg het om tronke in SA op 3 ster hotel vlak te kry vir die arme gevangenes . Nou is misdaad sommer ‘n aanloklike opsie vir die standaard bosslaper wat hongerte het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.