Mkhwebane se aansoek verwerp

Adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die konstitusionele hof het Woensdag die geskorste Openbare Beskermer adv. Busisiwe Mkhwebane se aansoek om direkte toegang tot die hof van die hand gewys.

Mkhwebane het dié dringende aansoek ingedien waarin verskeie uitkomste versoek word, insluitend ʼn verklaring dat die speaker van die nasionale vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die voorsitter van die artikel 194-komitee, Qubudile Dyantyi, ʼn vorige konstitusionele hofbevel van Februarie 2022 verontagsaam het. Die hof het bepaal dat die staat ʼn wettige verpligting het om Mkhwebane gedurende die artikel 194-ondersoek van regsverteenwoordiging te voorsien.

“Die aansoek het ook die versoek gerig dat Dyantyi se besluit, om tot na 31 Maart 2023 met die ondersoek voort te gaan onder die ‘voorwendsel van ʼn komiteevergadering’, hersien en omgekeer moet word,” sê Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement. “Die aansoek het ook versoek dat die president se weiering om Mkhwebane se skorsing te verander of op te hef, hersien of omgekeer moet word.”

Die konstitusionele hof het egter ná sorgvuldige oorweging geen gronde vir uitsluitlike jurisdiksie en direkte toegang gevind nie. “Die hof het gevolglik die aansoek verwerp sonder dat adv. Mkhwebane enige koste hoef te dra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius ·

Die blote feit dat sy aanhoudend hierdie mislukkende aansoeke na die hof bring sê hoe min sy eintlik weet van die reg.

Danie ·

N Groter mors van geld sal jy nie kry nie.Dalk alles plan van die begin af met volle voordele?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.