Die Wes-Kaapse polisie het motoriste gewaarsku om nie by De Doorns op die N1 tussen Worcester en Touwsrivier stil te hou om druiwe te koop nie.
“Die polisie in De Doorns maan motoriste om nie naby GG Camp- informele nedersetting langs die N1 buite De Doorns stil te hou om druiwe te koop nie,” het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê. “Verskeie rooftogte is reeds in die gebied aangemeld.”
Rwexana het gesê in meeste gevalle het die motoriste slegs stilgehou om druiwe te koop wanneer misdadigers toegeslaan en hulle van persoonlike besittings, soos selfone en kontant, beroof is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
Daardie is ‘n pragtige stuk aarde in die vallei teen die heksrivier af met die mooiste sprokieskleurige wingerd in die herfs, maar soos menige ander plekke in die land word die landskap ontsier en het die derde wêreld intrek geneem waarby mens probeer verbykyk en die mooie maar liewer so uit die verte aanskou.
Jy koop nooit geen enige iets ooit op straat nie.
Maak n trogeon horse en moenie speel nie.
wand oral word toe gelaat dat mense kan plak kyk mooi oral langs al die toe gang paaie word daar geplak dit is tyd dat die anc regering hulle werk begin doen
ja waarsku die slagoffers, verander HULLE gedrag en doen NIKS aan die kriminele nie.
net rape culture.
Hierdie land is belaglik