“Moenie meer in swart en wit dink nie” – Kurt Darren

Kurt Darren en die sanger Matthew Mole voor hul optrede by die Uniegebou in Pretoria Foto: @kurtofficial, Twitter

Kurt Darren en die sanger Matthew Mole voor hul optrede by die Uniegebou in Pretoria Foto: @kurtofficial, Twitter

Die Afrikaanse sanger Kurt Darren het Saterdag ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners om saam te werk om die regering te help om vorentoe te beweeg.

“Die huidige regering het tandkryprobleme, maar ek dink ons moet saam werk om daardeur te kom,” het hy by die Uniegebou gesê voordat hy by pres. Jacob Zuma se inhuldigingseremonie opgetree het. “Ons is ʼn ongelooflike nasie.”

Dit is die tweede keer wat Darren by ʼn inhuldigingseremonie optree. Hy het ook in 1994 tydens Nelson Mandela se inhuldiging opgetree. “Dit is ʼn groot eer. Ek het dit 20 jaar gelede ook vir Mandela hier by die Uniegebou gedoen. Dit is fantasties vir die nasie om hier te wees, dis wonderlik om soveel kulture te sien,” het hy gesê.

Darren het sy bekende treffer, “Kaptein” en Brenda Fassie se lied, “Vulindlela” opgevoer.

Hy het Suid-Afrikaners gevra om nie meer na mekaar te kyk gebaseer op die kleur van vel nie. “Ons moenie meer in swart en wit dink in Suid-Afrika nie. Ons moet aan Suid-Afrika dink soos televisie; soos hoëdefinisie-televisie. Dít is my droom vir die land,” het Darren gesê.

Hy sê die land het al ver gevorder sedert 1994, veral in terme van opleiding.

Nagenoeg 18 000 mense het op die grasperk voor die Uniegebou bymekaar gekom om die inhuldigingseremonie te aanskou. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

84 Kommentare

jongste oudste gewildste
Justi

Ek kyk na realiteit. Punt.

Trudie Erasmus

Ag nee wat, nog nooit veel van Kurt gedink nie en nou nog minder! Ook een van ons landsver
raaiers.

Realist

And being colour blind will help what if that is the thing the govt is doing.. all they see is darker shades of grey… is it fair to say i must not see colour if the govt only sees colour?…BEE, Affirmative Action, no food aid to poor whites, no subsidies to white children homes, to white old age homes? Where only black students are getting bursaries, where black areas dont pay for water and electricity, they dont pay refuge removal, dont pay rates and taxes, where blacks are exempt from paying e-toll… so now tell me Mr celeb why should… Lees meer »

Rudolf Peens

Kan mens na 20 jaar nog so surealisties wees?

Anno

Kurt vat jou cd’s en vlieg in jou maai. Gelukkig het ek nog nooit na jou snert geluister nie met die gevolg, nog nooit een sent by jou bankrekening gevoeg nie. Jy is duidelik onbewus van al die moorde op blankes.