Mokgoro se mandaat vir Noordwes

Job Mokgoro (Foto: ANA)

Die provinsiale regering in Noordwes beoog om diensleweringkwessies ʼn prioriteit te maak, sê Job Mokgoro, die nuut aangestelde Noordwes-premier.

Mokgoro het gesê hy is bewus van die dringende behoefte om ʼn kultuur van goeie etiese en morele waardes binne die staatsdiens te ontwikkel en te onderhou. Hy besef ook watter enorme uitwerking onetiese gedrag binne die regering op die provinsie en sy mense het.

Volgens hom bly dit daarom die provinsiale regering én die inwoners se gesamentlike verantwoordelikheid om tekortkominge soos binne die provinsiale regering te identifiseer en te herstel, asook die stabiliteit in Noordwes te verseker.

Mokgoro wil in sy termyn as premier ook swak leierskap, die ondoeltreffende gebruik van hulpbronne en korrupsie binne die provinsie uitwis. Volgens hom sal hy nié openbare beamptes duld wat die regering en sy mense uitbuit en bloot nie “opdaag vir werk nie”.

“Kom ons verseker dat ons nie in hierdie laaste paar maande voor die verkiesing ʼn klomp mense bly wie se enigste doel selfverryking is nie. Om in ʼn posisie van leierskap te wees is nie ʼn geleentheid om jouself te verryk nie. Die behoeftes van die inwoners van die provinsie is belangriker as die behoeftes van die individu.”

Mokgoro het Vrydag gesê hy het ʼn baie spesifieke mandaat – om hoop en vertroue in die provinsie te herstel. Hy beoog om reeds volgende week te begin om die vertroue tussen die provinsiale regering en mense van Noordwes gaandeweg te herstel.

Hy het ná sy inhuldiging aan die media gesê: “Die partytjie vir staatsamptenare in Suid-Afrika se Noordwes-provinsie is verby. Ons beoog om te werk aan die herstelling van stabiliteit, asook diensleweringskwessies te hanteer.”

Opposisiepartye het ʼn beroep op Mokgoro gedoen om sommige lede van die provinsiale kabinet wat in Supra Mahumapelo se ampstermyn gedien het, af te dank. Hulle moedig hom aan om korrupsie uit te wis. Mahumapelo het juis vroeër gesê hy het glo as lid van die Noordwes- provinsiale wetgewer bedank om plek te maak vir Mokgoro om tot premier van die provinsie verkies en ingehuldig te word.

Die DA en EFF, wat Mokgoro se inhuldiging gesteun het, het swart armbande gedra om oorledenes te gedenk wat tydens die anti-Mahumapelo-betogings gesterf het.

Joe McGluwa, die DA se provinsiale leier in Noordwes, sê dit is “duidelik” dat verandering in die provinsie vinnig nodig is. Hy meen progressiewe optrede deur die nuwe premier sal herstel wat die “ANC in die provinsie veroorsaak het”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

Jy kan nie gee wat jy nie het nie…al is dit ou Job! Sterkte Noordwes…hoop julle het genoeg tyres want julle gaan dit nodig kry!

Michael ·

Ja nee hy se gister aand op tv ” The party is over” nou is dit my beurt om te skep.

Chris Ws ·

Bla-bla-bla!Nes Cyril Ramaphosa!NIKS gaan verander nie .Kyk maar.

Ja Nee ·

Hy kan nie eers n dronknes in n bar reel nie. Net nog beloftes

John ·

Professor Mokgoro glo. Hy het na bewering ‘n MA-graad oorsee behaal. Wanneer en waar sy doktorsgraad en sy professeraat en hoeveel publikasies? Dis seker nie ‘n staatsgeheim nie? Of is prof bloot sy bynaam?

Boerseun ·

Selfde worde, selfde uitkoms. Al die ouens gebruik dieselfde geskrewe toespraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.