Moord op polisie: Verdagte ‘moes agter tralies gewees’ het

Bheki Cele, minister van polisie, op besoek aan een van die bedroefde families. (Foto: SA Polisie)

“Die inhegtenisneming van hierdie misdadiger gaan nie ons polisiebeamptes terugbring nie. Dit is moeilik wanneer hardwerkende polisiebeamptes wat hul lewe daaraan wy om gemeenskappe te beveilig, wreed vermoor word deur genadelose boewe.

“Dit is selfs erger wanneer ʼn verdagte [in die moorde] vantevore vir verskeie ander misdade aangekeer is. Die verdagte het geen reg gehad om in die samelewing te wees nie omdat hy reeds verskeie kere in ander dele van die land met die gereg gebots het.

“Hy moes agter tralies gewees het.”

Só het ʼn emosionele Bheki Cele, minister van polisie, Woensdag gesê tydens ʼn welwillendheidsbesoek aan die families van twee lede van die blitspatrollie wat vandeesweek vermoor is.

Cele, saam met genl. Fannie Masemola, nasionale polisiehoof, was gister in Kimberley waar hulle die families van konst. Okaetse Mandindi (35) en sers. Kedimetse Masilo (45) vertroos het. Hulle het ook terugvoer aan die bedroefde families gegee oor vordering met die ondersoek na die moorde.

Konst. Okaetse Mandindi en sers. Kedimetse Masilo (Foto: Verskaf/SAPD)

Maroela Media het vroeër berig die polisiebeamptes, verbonde aan die Kimberley-blitspatrollie, het inligting oor ʼn gesteelde voertuig wat van Bloemfontein onderweg was, opgevolg toe hulle doodgeskiet is.

Die beamptes het die voertuig in Kimberley gewaar en agternagesit. Die verdagte het tot by ʼn Transnet-perseel gejaag waar hy in ʼn ongeluk betrokke was en toe verder te voet gevlug het. Mandindi en Masilo het hom agternagesit, waarna die verdagte op hulle losgebrand het. Albei is doodgeskiet.

Die man is kort daarna in hegtenis geneem en sal na verwagting later vandag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die verdagte se misdaadgeskiedenis strek glo tot 2014 terug. Aanklagte teen hom het ingesluit sake van bedrog en die onwettige besit van dwelms.

Cele het ook die besluit van die polisiebestuur, om die opleiding van polisiebeamptes by opleidingskolleges landwyd te herevalueer, verwelkom.

Altesame 31 beamptes – aan diens én nie aan diens nie – is tussen April en Junie vanjaar vermoor.

Masemola het onderneem om die taktiese en straatoorlewingsopleiding by alle polisiekolleges op te skerp. Die proses sal samelopend wees met die verbetering van ʼn veiligheidbewustheidsprogram van operasionele beamptes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Die foto spreek boekdele… ‘n “Erg emosionele” minister van polisie en hierdie arme mense wat “aan sy lippe hang”…..
Ek is SO jammer vir al die familie en bid dat God hul sterk sal maak in hierdie hartseer tyd. NIKS sal hul, of enige ander vermoorde in hierdie land, se geliefdes terugbring nie. Hierdie sogenaamde minister EN sy regering het die land se mense vreeslik gefaal. Ek sou nie my gesig in die openbaar gewys het nie wat nog te sê by hartgebroke families wat hul geliefdes verloor het aan die hand van misdadigers in ‘n gefaalde Staat oftewel, meer spesifiek in hierdie geval, departement. Dan word die belastingbetaler se geld gebruik vir brandstof na hierdie arme, hartgebroke mense wat volgens my net ‘n skouspel is. Wat ‘n klug! Ek kan ure aangaan maar ek glo almal in die land weet wat hul weet. Daar is in elke land gepeupel maar hopelik is die ANC geskiedenis vir die meerderheid inwoners van die land, selfs vir van hul eie ondersteuners ook.

Trotse Boervrou ·

Juis Delia. Dit is juis wat ek tussen die lyne sê. Hulle stel NIE in sy besoeke belang nie.

Amelia ·

cele maak nou so bohaai oor kriminele wat uit was op borg maar wat van al die plaasboere wat ook vermoor is deur mense wat uit was op borg n moord is n moord maak nie saak wie vermoor word nie

Porseleintjie ·

Hierdie is seker een van die boewe wat saam Zuma vrygelaat is.

Frank ·

Sal interesant wees om te weet hoekom hy op vrye voet was want blykbaar het net NIE geweldadige misdadigers gekwalifiseer om vrygelaat t word.

Tanniepetoors ·

Beter opleiding en baie beter beskermende drag en toerusting is broodnodig.

Thelsa ·

SAPS opleiding swak. 1 Krimineel skiet 2 SAPS lede dood. Dit moes anders-om gewees het.

Elma ·

ALLE misdadigers hoort agter tralies, die wat “gewone burgers” vermoor, OOK.

Shakespeare ·

Ja Ramaphosa. Om skurk Zuma vry te laat het jy in jou onnoselheid 9000 misdadigers vrygelaat. Ek sal nie verbaas wees as sulke gevalle die hoogte gaan inskiet agv jou onbesonne daad nie.

Emily ·

En hoeveel wat nou weer vry gelaat gaan word, sal weer oor n maand of 2 terug wees.
Die land is vir die misdadigers, Hulle leef soos konings in die tronk.
Cele moes lankal afgetree het. Misdadigers het meer regte as ons.

Janine ·

“Dit is selfs erger wanneer ʼn verdagte [in die moorde] vantevore vir verskeie ander misdade aangekeer is. Die verdagte het geen reg gehad om in die samelewing te wees nie omdat hy reeds verskeie kere in ander dele van die land met die gereg gebots het.

“Hy moes agter tralies gewees het.” Ek was vir ‘n oomblik stomgeslaan, en toe onthou ek diè moordenaar is blank…..

Delia ·

Hoekom vat mens n fotograaf saam as jy gaan simpatiseer. Dis m privaat aangeleentheid, nie m roadshow

Niklaas ·

Cele reis nogal baie sedert hy minister geword het , hy sien die hele land , gratis . Beter as die meeste toeriste.

Papsak ·

Nee baie onregverdig kyk hoe vinnig kan ou Cele daai vermoordes se families besoek maar nog nie een keer gesien hy besoek die vermoorde boere se families so vinnig nie ag nee wat wat sal hy worries boere is wittes wat val in sy oe hy ook seker deel daar agter pateet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.