Verdagte vas ná twee polisiebeamptes doodgeskiet is

Konst. Okaetse Mandindi en sers. Kedimetse Masilo (Foto: Verskaf/SAPD)

ʼn 38-jarige verdagte is in hegtenis geneem nadat twee lede van die Kimberley-blitspatrollie Dinsdagoggend doodgeskiet is.

Konst. Okaetse Mandindi (35) en die 45-jarige sersant Kedimetse Masilo was besig om inligting oor ʼn gesteelde voertuig wat van Bloemfontein onderweg was op te volg toe hulle noodlottig geskiet is.

Volgens brig. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, het die beamptes die voertuig in Kimberley gewaar en agternagesit. Die verdagte het tot by ʼn Transnet-perseel gejaag waar hy in ʼn ongeluk betrokke was en toe verder te voet gevlug het.

Die beamptes het die verdagte agternagesit. Hy het op hulle losgebrand en die twee polisiebeamptes doodgeskiet. Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem. Hy sal Donderdag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het die inhegtenisneming van die verdagte verwelkom en beloof dat daar geregtigheid sal wees vir Mandindi en Masilo se families, vriende en kollegas.

Sers. Masilo het in 2007 by die polisie aangesluit en het 16 jaar diens gehad ten tyde van haar dood, terwyl konst. Mandindi in 2012 by die polisie aangesluit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Delia ·

N aanval op n polisiebeampte is n aanval op die Staat. SWAAR strawwe moet geld.

Cherokee ·

‘n Aanval op ‘n polisiebeampte, boer, lid van die publiek of boemelaar, behoort in dieselfde klas van misdaad te val.

Delia ·

Ek verstaan wat jy bedoel. Ek maak nou egter nie hier vergelykings nie. Alle moorde is erg. Ek praat spesifiek hier van n aanval teen die staat.

Mnr De Beer ·

Kriminele is nie eers meer bang vir die polisie nie. Hartseer eintlik. RIV.

Witbaard ·

Geregtigheid in hierdie land is van korte duur. Kort voor lank is hulle weer op straat.

Bulkalf ·

Ja hulle is volgens ander nuus kanale, met hulle eie vuurwapens geskiet nadat hy man alleen oorompel het.

Linx ·

Hulle is met een R5 rifle geskiet,wat afgeneem is by een van d lede,Rus in Vrede….

Aai ·

Ja nee gedink iets baie snaaks hier jy hoor nie dat dit so gebeur die polisie het dan die voorhand gehad hoe het dit so uitgedraai?Sterkte daar aan famiies

Delia ·

En Fannie hou asb in hemelsnaam net op om geregtelikheid te beloof. Jy kan dit net doen as jy die vermoorde lewendig kan maak.
Vang die varke en begin defensief optree ipv offensief.
En moet asb nie my anglisisme korrigeer nie. Ek is woedend moeilik kwaad.

Karoo ·

Dit wil voorkom dat deesdae die trotse mense in die Mag dood gemaak word sodat die krimineele in die Mag kan voortgaan onversteurd.

Skappie ·

Sterkte aan hulle gesinne. Mag julle deur gedra word in hierdie moeilike tyd, deur ons Liewe Heer.

Aai ·

Maroela hou ons op hoogte van die voorval iets baie snaaks hier verdagte baie verdag.

Casper ·

Geregtigheid gaan nie hulle kinders versorg nie en ook nie kos op hulle tafel sit nie.As meer polisielede hulle werk doen sal vuurwapens nie in verkeerde hande beland nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.