Moordklag teen Lesotho se oudpremier laat vaar

Thomas Motsoahae Thabane, eerste minister van Lesotho (27 September 2019) (Foto: AP Photo/Richard Drew, File)

Die moordaanklag teen Lesotho se oudpremier, Thomas Thabane, en sy vrou is laat vaar.

Thabane is in 2020 aangekla van die moord op sy vervreemde vrou, Lipolelo, in Junie 2017. Thabane se huidige vrou, Maesaiah, is ook vir die moord aangekla nadat sy vlugtig landuit gevlug het.

Aanklaers het tydens ʼn hofsitting in die hoofstad, Maseru, gesê die besluit is geneem aangesien hulle nie meer ʼn sleutelgetuie in die saak kon opspoor nie.

“Ons kon nie ʼn belangrike getuie in hierdie saak opspoor nie en die direkteur van openbare vervolging het besluit om die aanklag teen die beskuldigde terug te trek,” het aanklaer Gareth Lappan aan die hof gesê.

Thabane (83) is daarvan beskuldig dat hy huurmoordenaars gekry het om Lipolelo te vermoor, twee dae voor sy inhuldiging as eerste minister, vir ʼn tweede termyn.

Maroela Media het vroeër berig Lipolelo en Thabane was van bed en tafel geskei. Net voor hul egskeiding is sy op 14 Junie 2017 naby haar huis in Maseru doodgeskiet. Haar vriend, Thato Sibolla, wat saam met haar in haar motor gery het, het skietwonde opgedoen. Hy het intussen uit vrees vir sy lewe na Suid-Afrika verhuis.

Thabane is twee maande ná Lipolelo se dood met Maesaiah getroud.

Die moord het ʼn politieke krisis ontketen in die land.

Thabane het in Mei 2020 onder toenemende druk om uit te tree oor die saak as premier bedank.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Dit is Afrika. Miskien nie uniek nie, maar tipies van Afrika.

Harley Davidson ·

Afrika mentaliteit, Pres Trump was reg oor sy stelling van Afrika.

Johan ·

Jip, dit is beslis Afrika. So het Kaalkop ook van sy vrou ontslae geraak……..onthou julle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.