Mosambiek stuur hulp na KZN ná vloede

Die oorblyfsels van ‘n huis in KwaNdengezi buite Durban. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, sal Maandagoggend ’n besending humanitêre hulp op die King Shaka Internasionale Lughawe in KwaZulu-Natal in ontvangs neem.

Mosambiek het die besending van meestal kosprodukte gestuur in ’n poging om die nood in KwaZulu-Natal te verlig ná vloede grootskaalse verwoesting gesaai het.

Die hoë kommissaris van die Republiek van Mosambiek, Paulino J Macaringue, sal die besending omstreeks 11:00 aan Dlamini-Zuma op die lughawe oorhandig. Die minister ontvang die besending namens die provinsiale regering.

Minstens 461 mense is dood en 87 vermis nadat swaar reën verwoestende vloede in April en Mei in KwaZulu-Natal tot gevolg gehad het. Sowat 4 000 gesinne is dakloos gelaat en maak sedertdien staat op die provinsiale regering om in hul basiese behoeftes te voorsien.

Meer as 27 000 huise is deur die oorstromings geraak en meer as 8 500 hiervan is heeltemal vernietig. Duisende mense is gevolglik dakloos gelaat en maak staat op die provinsiale regering om in hul basiese behoeftes te voorsien.

Sommige dele van KwaZulu-Natal het in April meer as 300 mm reën binne ’n tydperk van 24 uur gekry. Hierdie swaar reënval het tot erge modderstortings gelei wat onder meer mense, paaie en geboue meegesleur het.

Lees al Maroela Media se berigte oor die vloede in KwaZulu-Natal hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

miche ·

Maar Mosambiek se eie landsgenote het nie eens genoeg voedsel nie.
Wat het ons Regering hul in ruil belowe?
Iets maak nie sin hier nie.

Nie Verbaas ·

En die kos sal ouder gewoonte nie by die mense uitkom nie.

hpven ·

Een regering wat hulle self nie eers kan help, kom help ‘n ander wat hulself nie kan help? Net in Afrika…

Waarnemer ·

Hoeveel miljoen rand het kopdoek vir Mozambiek belowe….dalk ook R350 miljoen….en dan word die koskaste van ministers en kaders eers gevul en dan net vir die skyn….so n paar mense in die vloed geteisterde gebied net om vir die wereld te wys “kyk ons;die A en C gee om”

Anel ·

Nou verstaan ek nie so mooi nie. Ons aanvaar koshulp van Mozambiek wat self van die honger dooi, maar ons wpu miljoene aan Kuba skenk wat ook honger is. Verstaan nie so mooi nie. Iewers probeer die kopdoek ons ‘n mielie rol!

Marcello ·

Met al die korrupsie, wonder mens hoeveel van die voorrade werklik by die mense gaan uitkom…..

marius ·

Mosambiek . Een van die armste lande stuur hulp aan die Afrika leier land ? Die waarheid oor hierdie hool bars nou uit sy nate .

domheks ·

nkandla is baie naby – en daar is hordes wat gevoed moet word……..
kopdoek sal met groot gebaar die skenking ontvang – maar vertroue is haar? =NEEEE

Kokerboom ·

Dis nou amper 3 maande later en die gekerm(nie ongevoelig!) van onbeholpe regering duur voort!! WANNEER hoor ons dan weekliks GOEIE nuus van program van herstel???

Mariana ·

En dan neem sy self die “skenking” in ontvangs. Jammer ek vertrou nie die vrou en die ANC nie. Hier sit iets meer agter die storie.

Ragner ·

Kan dit nie glo nie, ons is veronderstel om hùlle te help!

Jacobus ·

Suid Afrika skenk die geld aan Mosambiek en Mosambiek skenk paar sakke mieliemeel aan Suid Afrike en word deur NDZ op lughawe iin ontvangs geneem. Die mieliemeel word dan deur die NDZ faksie uitgedeel en gebruik om stemme on KZN te koop.

Niklaas ·

Ek vertrou nie die prag gebaar van brandarm Mosambiek nie. Dan wantrou ek als wat Kopdoek kwytraak. Iewers langs die pad gaan kaders weer bevoordeel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.