Mosselbaai-moordverdagte bly agter tralies

Johannes en Marietha Willemse (Foto: Verskaf)

Seabata Kholoane (40), die Lesotho-burger wat van die moord op Marietha Willemse (79) by die spoglandgoed Pinnacle Point in Mosselbaai aangekla word, sal eers vroeg volgende jaar aansoek om borgtog kan doen en minstens tot dan in aanhouding bly.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die saak tot 4 Januarie uitgestel is.

Die saak sal dan weer in die Mosselbaai-landdroshof voorkom, waar Kholoane  Maandag op aanklagte van moord, huisbraak en diefstal verskyn het.

Maroela Media het vroeër berig dat Kholoane verlede week op Wepener in die Vrystaat in hegtenis geneem is. Dit is ses maande nadat Willemse grusaam in haar dogter, Mia Heuer, se huis vermoor is.

Willemse se eggenoot van die afgelope 55 jaar, Johannes, het tydens die aanval op 4 Junie verskeie steekwonde opgedoen en het ná die aanval hospitaalbehandeling ontvang. Die 86-jarige wewenaar ly aan Alzheimer se siekte en demensie.

Die egpaar se huis is reg langs hul dogter se huis op die landgoed geleë en hulle het ʼn ogie langsaan gehou. Heuer was ten tyde van die voorval op haar wittebrood.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sonblom ·

So ver sê ek dankie aan die gereg dat die man nie op borgtog vry gelaat is nie.

Niklaas ·

Dis mo0s belaglik dat hy , die gearresteerde , gaan aansoek doen om parool. Dan verdwyn hy mos dadelik as dit toegestaan word.

Papsak ·

Nee ek is bly hy nog agter tralies hou hom daar ons kan ook maar seker op kom vir ons mense soos hulle vir hulle mense op kom

Johan Tredoux ·

“Agter tralies” is vir party n eer en word gedoen met graagte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.