Motor oortrek met koeëlgate ná skietery op R21

Die Toyota Land Cruiser ná die voorval. (Foto: Verskaf)

ʼn Ondersoek is deur die polisie van stapel gestuur nadat ʼn groep rowers Dinsdag op ʼn motor  op die R21-snelweg in die rigting van Kempton Park, Johannesburg, losgebrand het.

Twee mense is gedurende dié skietery beseer waarna hul motor oortrek met koeëlgate langs die snelweg gelaat is.

Kapt. Kay Makhubela, Gauteng-polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Makhubela het ʼn groep van agt tot tien rowers in twee motors gister omstreeks 12:00 ʼn wit Toyota Land Cruiser op die R21 agternagesit waartydens talle skote afgevuur is om die motor tot stilstand te bring en die mense te beroof.

Die insittendes van dié motor is in die spervuur raakgeskiet waarna hulle naby Emperor’s Palace beheer oor die voertuig verloor en eindelik langs die snelweg tot stilstand gekom het.

Die Toyota Land Cruiser ná die voorval. (Foto: Verskaf)

Makhubele verduidelik dat die polisie intussen na die toneel ontbied is waarna ʼn skietery tussen die polisie en die verdagtes ontstaan het. Die verdagtes het met leë hande op die vlug geslaan.

Makhubele verduidelik dat die rowers glo op soek was na goud wat later deur die polisie in die motor ontdek is. Dit is onduidelik wat die beraamde waarde van dié fonds is.

Die beseerdes is op die toneel behandel waarna hulle na ʼn hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling, het Makhubele gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en poging tot roof.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Andre ·

Enige burger gaan nie met goud in sy voertuig rondry nadat hy die hele wereld daarvan laat weet het nie…

Stuiwer ·

Dit lyk of die Land Cruiser gepantser is. Die polisie was vining op die toneel, Dus reken ek die Land Cruiser bestuurder moes panic button gehad het. En dus is die vervoer van goud seker ‘n redelike gereelde ding met hierdie kar en die rowers het dit geweet en beplan.

HPV ·

Enige burger wat gewapen is kan immers terugveg. As jy dan moet sterf probeer van jou aanvallers saamneem. Dit is beter as om niks te doen.

Die Hond Se Baas ·

Goeie vraag… waar is daai kameras wat die hele Jhb glo vol is nou?

BlinkStephaans ·

Ek merk op dat die voertuig gepantser is. Hierdie viertuig is doelgebou en vervoer gereël waardevolle vrag vir iets of iemand. Die aanvallers was bewus daarvan. Inside info as jy my vra.

Johan ·

Ja, die ‘Cruiser 200 is gepanser. Soos ek verstaan is beide insittendes intussen oorlede.

Lee ·

Op Kempton Express se website gesien dat die een ou vanoggend 7uur blykbaar oorlede is. (In artikel se comments)Dis so hartseer dat kriminele ons land rule…. letterlik en figuurlik. Sterkte aan die familie.

Katklou ·

En die polisie is ook met leë hande en ‘n leë vangwa daar weg!

willem Botha ·

Soos gewoonlik,hulle moet nie meer uniforms kry nie reik hulle uit met oorpakke wat”gebrand” is USELESS.

Anoniem ·

Die bestuurder van die land cruiser is vanoggend oorlede. Dis so onregverdig teenoor hom en sy familie. Hopenlik word die mense gevang en kry wat hulle verdien.

anntjie ·

ons lewe in die wilde suide. Net soos Ameria se wilde weste vroeer jare, beleef ons tans ook om net sommer geskiet te word. Voelvry verklaar!

Jean van Rensburg ·

Ons is ontwapen…die misdadigers het vd beste wapens..maak talle kere oorlog op ons paaie..as hulle in die townships en informal settlements begin om onwettige wapens te vat sal die polisie groot werk gedoen kry…maar nee hulle boelie die ouens wat lisensies het…mask dit onmoontlik vir die wettiges..en ja daar stasn hulle met n lee vangwa..selde ou storie

KaterinaKat ·

My man werk op n klein goudmyn. Daar is n helikopter wat een of 2 keer n week goud kom haal. Hoe hulle in Die helhool nog goud via die paaie met voertuie wil vervoer gaan my verstand te bowe.

Obserweer ·

Tragies verby ek tel meer as 50 koeël gate .Daar was n paar jaar trug op my kar geskiet 6 skote. God dank ek kon wegkom. Simpatie aan die families hoop daai rowers loop hul riemme styf.

Amanda ·

Hierdie is so tragies as wat dit afgryslik is. ‘n Jong man van 23 het sy lewe verloor. Daar is video’s wat wys hoe hulle lyk net na dit gebeur het en dit ruk in jou binneste om die realiteit van misdaad in SA so voor jou te sien. Hierdie land is sonder twyfel ‘n misdaadhool.
Ons het nie behoorlike polisie nie, ons is absoluut uitgelewer aan kriminele en koelbloedige moordenaars.
My seun is 23 soos dié jong man, wie se ouers moes besluit om die masjiene wat hom aan die lewe hou af te skakel. My hart gaan uit na hulle. Niemand in SA verdien hierdie land waarin ‘n lewe nikswerd geword het en die polisie toeskouers vir misdaad is nie.

Hendri ·

As oud Polisiebeampte wat drie jaar gelede uit die Polisie is kan ek n redelike tydlyn gee van waar die Polisie beging verkeerd gaan het. gedurende die laat 80’s was daar n geweldige tekort aan Polisiebeamptes en is enige persoon wie aansoek gedoen het aangestel. daar het dit verander van ‘n roeping na ‘n beroep. Die amalgamasie met die voormalige tuislande se Polisie het onbevoegdheid by die mengsel ingeroer. Daarna het vakbonde in die Polisie kom nesskrop net nog n spyker in die doodskis. NA 1994 het die Polsie teen ‘n geweldige tempo party-gepolitiseerd geraak, lees ANC. Die oorname van die die Polisie se Misdaad Intelligensie deur voormalige MK en APLA kaders was nie toevallig nie, ons regerende party is in misdaad ontvang en gebore en dit het en gaan ook nie verander nie. Waar trots die optrede van ons Polisiemag gerig het, het eiebelang oorgeneem in die Polisiediens. Kyk maar hoe misdaadsyfers gekook word op Stasievlak net om uit te blink vir bevordering. Vir sommige bevelvoerders en Polisielede het die posisie hulle in staat gestel om deur korrupsie hulself te verryk. Die onbesproke karakter van selfs onskuldige en eerlike lede het nou plek gemaak vir gelate aanvaarding van die gemeenskap se minagting. Die Polisie is gebreek op bykans elke vlak, gedemoraliseerd en gaan blind aan intelligensie. SA gaan oor 10 jaar beheer word deur verskeie los groeperings onder Misdaad base /Krygshere. Niks kan dit afwend nie.

Wielspore ·

Ryk man kapitaal…
Inside job, goed beplande roof om die goud te kry.
Sterkte aan die familie van die oorledenis.

Zet ·

Duidelik iewers n insidejob gewees. Iemand het geweet wat wanneer en waar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.