Motorfietsryers vat saam pad vir kombersinsameling

Meer as 30 motorfietsklubs van regoor Gauteng het onlangs aan Solidariteit Helpende Hand se Pretoria-Noord-tak se tiende jaarlikse Blanket Run deelgeneem. (Foto: Verskaf)

Meer as 30 motorfietsklubs van regoor Gauteng het onlangs aan Solidariteit Helpende Hand se Pretoria-Noord-tak se tiende jaarlikse Blanket Run deelgeneem.

Verskeie sakeondernemings, kerke en individue het kragte saamgesnoer om sowat 600 komberse in te samel vir behoeftige gesinne wat vooraf geïdentifiseer is.

Die kombersinsamelingsprojek is saam met Helpende Hand se motorfietsklub van stapel gestuur.

Volgens Corrie van der Merwe, voorsitter van die Pretoria-Noord-tak, is die organisasie dankbaar vir elke persoon wat die afgelope tien jaar die projek ondersteun.

“Sonder ons ondersteuners sou dit nie moontlik gewees het nie. Ons sien daarna uit om nóg tien jaar met almal hande te vat om nog meer in die gemeenskap te kan doen,” sê Van der Merwe.

Die komberse wat ingesamel is, is deur die tak gesorteer en gaan in die volgende paar dae aan gesinne en organisasies geskenk word.

Die Lavender Kontrei-mark het ook die geleentheid ondersteun deur stalletjies met eet- en drinkgoed te verskaf.

Francois van Rensburg was die seremoniemeester van die geleentheid. (Foto: Verskaf)

Francois van Rensburg, sanger en radio-omroeper by GrootFM, het as die seremoniemeester opgetree en het heerlik saam met die ondersteuners gekuier terwyl die Drommedaris Drum Duo die musikale vermaak verskaf het.

Volgens Mariana Kriel, streeksorganiseerder van Helpende Hand Pretoria-streek, is dit van kardinale belang dat lede van die gemeenskap moet betrokke raak by gemeenskapsorganisasies sodat daar ʼn  volhoubare verskil in die gemeenskap gemaak kan word.

“Vat vandag nog as vrywilliger hande met een van Helpende Hand se takke en neem deel aan die opbou van mense en gemeenskappe. Jy kan hoop skep daar waar hoop al verlore is,” sê Kriel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Renier ·

Mense wat dit nodig het. As jy een kort,laat weet,ons help jou graag. Mense ‘from all walks of life’ sukkel,en word gehelp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.