Motoris in sop oor ‘inmenging’ by blouligkonvooi

Argieffoto bloot ter illustrasie van die polisie se BBP-beskermingsdienste-eenheid. (Foto: Twitter/DA)

ʼn 57-jarige motoris is in die moeilikheid nadat hy glo by ’n blouligkonvooi ingemeng het wat ʼn buitelandse hooggeplaaste Sondagoggend na die Lanseria-lughawe begelei het.

Die man is op aanklag van roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem en sal Maandag in die landdroshof op Krugersdorp verskyn.

Volgens Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, is die motoris deur die verkeersbeamptes en polisielede wat die BBP vervoer het, gewaarsku om van die konvooi weg te bly. Die motoris het dié waarskuwings glo geignoreer.

“Hy het na bewering probeer om die konvooi binne te dring en is met sy derde probeerslag deur die polisie afgetrek en in hegtenis geneem,” het Mathe gesê.

“Ingevolge die Nasionale Padverkeerswet, het voertuie wat ʼn blou lig vertoon ryvoorrang wanneer dit veilig is om te ry, en motoriste word versoek om sodanige ryvoorrang aan dié voertuie te gee.”

Mathe benadruk dat blou ligte slegs by voertuie aangebring mag word wat deur die Suid-Afrikaanse polisie, munisipale polisie, verkeerspolisie en weermag bedryf word.

“Burgers sal skuldig wees aan ʼn misdryf indien hulle blou ligte gebruik.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Kerrie ·

So as jy GP nommerplate het en jy jaag deur Benoni met jou blou ligte, dan mag ons jou met klippe gooi, want jou kar het nie Polisie/Weermag nommerplate nie….lol.

hpven ·

“Buitelandse hooggeplaaste”….. Kom ons raai?
Hy wou seker sien wie is dit.

Herms ·

Die neiging van die blouligbrigade is om moteriste van die pad af te druk en hulle ry soos manike. Dit was nie so gewees voor 1994 nie so hoekom is dit nou so.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hopelik sal die landdros deeglik na die burgerlike se storie luister en hom onskuldig bevind. En dan die bombastiese blouligbende vasvat vir hul optrede. Die Nasionale Padverkeerswet word verseker voorgehou vir wangedrag.

Koen ·

As jy vir moeilikheid soek, is jy mos mans genoeg om die straf te hanteer. Kry vir jou!

mattk ·

Og, en ons kaders wil tog sooo graag hul kamstige belangrikheid en mag vertoon…… en dan wonder ek ook maar net van wanneer af is ‘n burgermeester se voertuig gemagtig om met ‘n blou lig te ry? Wonder maar net!!!!

Roek ·

Absolute snert . nerens in die wet bepaal dit dat jy moet voorang verleen vir ligte nie , net sirenes , die ligte is ken-lampe en dit is al !. die idee is as waneer jy sirenes hoor dat jy kan uitken vanwaar die noodvoertuig kom en wie dit is ,elke Jan Raap en sy maat het deesdae flitsende ligte op hul voertuie , eis my maat eis !

Roek ·

Ingevolge die Nasionale Padverkeerswet, het voertuie wat ʼn blou lig vertoon ryvoorrang wanneer dit veilig is om te ry, en motoriste word versoek om sodanige ryvoorrang aan dié voertuie te gee.” BOG !!!Daar bestaan nie so wet nie, haal die regulasie vir ons aan en voed ons op asb ?

Daisy ·

Ek sal ook graag wil sien waar daardie wet aangeteken is.
Hierdie blouligbendes ry regtig soos maniake – het gister weer een teegekom op die N3

Perdeby ·

Ongelukkig was die prrsoon verkeerd. Ek was self in die SAPD die publiek dink hulle is snaaks of vermakerig as hulle dit doen! Maar as dit jou familie of vriende is wat hulle besig is om te verkrag of ernstig beseer is en die SAPD was te stadig dan was dit ons wat te stadig was. Nog steeds word n bloulig en serene gebruik in n NOODGEVAL. BBP’s was nog altyd so vervoer.

Raadsman ·

Die K53 noem slegs een rede wanneer afgewyk moet word van verkeers reels, en dit is wanneer ‘n verkeersbeampte jou dit beveel en vir geen ander rede hoef jy vir enige een ry voorrang te gee nie.

Wakkerslaper ·

Tyd dat die publiek aktief begin opstaan teen hierdie blou-lig terroriste. Hulle is NIE bo die wet nie, en die wet sê (sover ek weet), dat blou ligte en sirenes NET in NOODGEVALLE gebruik mag word. Hoe is die vervoer van ‘n staatsamptenaar ‘n noodgeval?!

Nommer 7 ·

@ Roek, Regulasie 176. @Raadsman, Regulasies 176 en 185 maak voorsiening dat bloulig voertuie mag afwyk van die padreels.

Bolandse Nooi ·

@Nommer 7 – regulasie 175 en 185 VAN WAT??? Die grondwet? Padverkeersregulasie wetgewing?

Republikein in die Wes Kaap ·

Perdeby, indien die blitspatrollie, polisiewa, brandweer, ambulans en noodvoertuig aankom met flitsende ligte en sirenes wat lawaai gee jy pad en laat hulle verbygaan. Maar dis te betwyfel of hierdie BBPs en hul bloulig brigades spesiale behandeling kan eis indien daar geen bedreiging is nie. Maar kom ons hoor wat is die landdros se mening.

Danie ·

Ag is dit nie te lekker om te spekuleer en belaglike insette te lewer nie.Kom ons wees eerlik met mekaar ons het mos nou genoeg gehoor en gesien wat die gemors instaat is.Hoe kan jy nog kant kies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.