Mpuma-ongeluk eis 9 lewens

Foto verskaf deur Mpumalanga SAPD

Minstens nege persone is Vrydagmiddag dood op die N11 tussen Middelburg en Hendrina in Mpumalanga.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die nege persone het almal in ʼn minibustaxi gery. Hulle het onherkenbaar verkool. Hulle is vermoedelik werknemers van ʼn nabygeleë myn.

Die minibustaxi het met ʼn vragmotor gebots. Albei bestuurders het geringe beserings opgedoen en ontvang behandeling by Life Cosmos-hospitaal in Emalahleni.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Mmusi het gesê ongeluksondersoekkenners van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) en veiligheidsingenieursbeamptes van die departement van gemeenskapsveiligheid, sal dadelik met ʼn ondersoek begin. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Gabisile Shabalala, provinsiale LUR van gemeenskapsveiligheid, het haar skok uitgespreek oor die ongeluk en gemaan padgebruikers moet versigtig wees. Sy betuig haar meegevoel met alle naasbestaandes en wens die beseerdes ʼn spoedige herstel toe.

Sy het daarop gewys dat daar gereeld dodelike ongelukke op die N11 plaasvind. “Sy het vandeesweek tydens haar eerste begrotingsrede gesê dié pad is een van die paaie wat aandag sal geniet in die huidige finansiële jaar,” het Mmusi bygevoeg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het ongeveer 20 km voor Middelburg plaasgevind. “Paramedici het omstreeks 17:00 by die toneel opgedaag waar ʼn vragmotor, minibustaxi en ʼn ligte motor langs die pad gestaan het. Die voertuie het aan die brand geslaan ná die impak.”

Middelburg se brandweer en plaaslike boere kon die brand blus.

Meiring het gesê twee persone wat in die ongeluk betrokke was, het ongedeerd daarvan afgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Michael P ·

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. DIT IS N TAXI !!!!!

Gideon ·

Sumpatie met die familie betuig – Shabalala LA-LA-LA. Terwyl hulle absolut niks aan die vele oorskake van ongeluke doen nie!!?? Naamlik TAXIS L. Ek sien daagliks hoe taxis die wet oortree in aankoue van metro polisie met ZERO OPTREDE.

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan die families wat hul geliefdes verloor het.

fred ·

dat hulle hier die groot steenkooltrokke nog op die paaie toelaat verstaan ek nie….n paar jaar terug het honderde van hulle van Ellisras na witbank deur Vaalwater gery…dit was chaos en die pad heeltemal stukkend gery en natuurlik ongelukke veroorsaak..weer n uitvloeisel van n spoorwegstelsel wat vernietig is…hulle sal nooit leer nie..

Uilspieel ·

Ek sien ELKE dag hoe ń taxi op ń dubbel streep of blinde hoogte verby jaag. DIT IS DIE OORSAAK!!!

Annie2 ·

Dit is ‘n “dood” pad. Die trokke en die taxi’s ry ewe erg. Ek was amper in ‘n kop aan kop een aand met ‘n vragmotor. Ek het gelukkig kop gehou.Die feit dat ek stadig gery het, was my redding. Spoed en roekelose bestuur is die oorsaak van al daardie ongelukke. Dit is nogtans tragies. Dankie aan die Boere wat gehelp het. Innige simpatie aan die oorledenes se families.

marous ·

Dis nie die pad nie . Dis die moordenaars agter stuur wiele .

Ig ·

Elke naweek se storie, 10 dood, 15 dood 7 dood en so gaan dit aan. Hulle kan 500 nuwe paaie bou maar dit gaan niks help nie. Die onbevoegde en “Wettige” ONWETTIGE LISENSIES gaan dekades vat omuit te faseer as daarmee nou begin word.

chrisjan ·

Ons raak nou soos Amerika – met elke botsing slaan als aan die brand!Sjoe!Ek bly van die paaie af so veel ek kan deesdae.Dit maak ook my bydrae agv die belasting heffing op brandstof ook minder vir die regering.

Hanna Hoekom ·

Die oorsaak van die ongeluk? Dit word mos in die berig genoem: weereens n doodskis op wiele! Wat anders?

humor ·

Dit lyk my die oorsaak van die ongelukke is defekte stuurmeganisme dit gaan uitsluitlik vir die groot vragmotors.

Anoniem ·

Taxi, taxi taxi altyd die taxi nooit die ander party. Word wakker dit is nie net taxis nie die vragmotors ry net so roekeloos en ander voertuie ook. Daar is n gebrek aan EERLIKE verkeersbeamptes. As AARTO wakker skrik en die korrupsie onder verkeersbeamptes uit te roei dan sal daar meer wet gehoorsame bestuurders wees, maar as verkeersbeamptes voortgaan om bribes te vat dan sal die probleem nie verbeter nie. Ek se nog taxis moet ondehewig wees aan n 6 maandelikse padwaardigheids toets en padwaardigheids toetse moet opgeskerp word en slegs deur die AA gedoen word geen ander private instansie nie. Voertuie moet ingeperk word deur meganisme wat installeeer word dat geen motor vinniger as 150km per uur te kan ry, geen swaar voertuie vinniger as 100km per uur en alle superfietse verban moet word op openbare paaie.

Janine ·

Ek sien daagliks hoe roekeloosdie steenkool trokke, wat baie op daardie pad ry. Moet nie vergeet van die roekelose taxi’s ook

Magda ·

Begin om die TAXI EIENAARS verantwoordelik te hou vir HULLE bestuurders se ongelukke. Dit is die Taxi eienaars wat baie druk op bestuurders plaas om meer geld in te bring, en ja die bestuurders is ook skuldig maar BEGIN OM TAXI EIENAARS OOK AAN TE kla AS DAAR ONSKULDIGE mense sterf in pad ongelukke. Sal sien dat ongelukke en onverskillige bestuur sal verminder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.