MRK sal hospitaal besoek waar pediater geskors is

Die Rahima Moosa-moeder-en-kind-hospitaal. (Foto: Facebook)

Die Menseregtekommissie (MRK) sal Maandagoggend die Rahima Moosa-moeder-en-kind-hospitaal (RMMCH) in Gauteng besoek waar die pediater dr. Tim de Maayer verlede maand geskors is.

Maroela Media het vroeër berig De Maayer is Vrydag weer in sy pos aangestel. Hy is geskors ná ʼn ope brief oor skokkende omstandighede by die RMMCH.

Wisani Baloyi, woordvoerder van die MRK, sê die kommissie het dieselfde hospitaal in 2018 besoek toe ʼn getal babas gesterf het. “Die hospitaal het in daardie stadium oor ʼn verskeidenheid van probleme gekla, insluitend personeeltekorte en ʼn gebrek aan toerusting en ander noodsaaklikhede.”

Baloyi sê die kommissie is besorg oor die risiko’s vir kinders wat by die hospitaal opgeneem word. “Die Grondwet bepaal dat ʼn kinders se beste belange van uiterste belang is.”

Deur sy monitering van openbare gesondheidsorgfasiliteite in die land is die kommissie bewus daarvan dat staatshospitale, oor die algemeen, nie voldoende hulpbronne het nie en dat hulle geteister word deur verskeie probleme, insluitend personeeltekorte en swak infrastruktuur.

“Die provinsiale LUR vir gesondheid het erken dat daar uitdagings in die gesondheidsorgstelsel is in die provinsie en in die land. Tensy ons aanvaar dat daar tekortkominge in ons gesondheidsorgstelsel is en ʼn poging aanwend om dit uit te roei, sal dit aanhou bly gebeur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Swerwer ·

Wat gaan dit help! Die Man/Pediater is klaar in die gesig gevat en hoe moet hy weer vertroue in sulke omstandighede toon. Siek spul, almal van die ANC/EFF

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.