MTN wil nou ook inenting verplig

(Argieffoto)

MTN sal vanaf Januarie sy personeel verplig om teen Covid-19 ingeënt te word.

Werknemers wat die inenting weier en geen geldige rede kan verskaf om van die nuwe inentingsbeleid vrygespreek te word nie, sal afgedank word.

“Die wetenskap is duidelik,” meen Ralph Mupita, uitvoerende hoof van MTN.

“Inenting teen Covid-19 verminder die aantal ernstige infeksies, hospitaalopnames en sterftes. Ons het as werkgewer ʼn verantwoordelikheid om te verseker dat ons werkplekke gelei word deur die hoogste standaarde van gesondheid en veiligheid, en dit het ons besluit gedryf om Covid-19-inenting verpligtend vir ons personeel te maak.”

Die selfoondiensverskaffer se nuwe Covid-19-beleid erken wel werknemers se reg om aansoek te doen om op grond van sekere duidelik omskrewe beweegredes vrygestel te word van die beleid.

Die maatskappy besef ook dat sekere van sy markte nie voldoende toegang tot entstowwe het nie en dat sommige personeel in sogenaamde laerisikorolle betrek sal moet word. Dit kan heeltydse werk van die huis af of ander alternatiewe reëlings insluit.

“Maar dit sal ʼn klein groep binne ons arbeidsmag wees,” het Mupita Maandag gesê.

Mupita het ook van die geleentheid gebruik gemaak om hom uit te laat oor die onlangse reisverbod wat weens die nuwe Omikron-variant teen onder meer Suid-Afrika ingestel is.

Mupita meen die reisverbod “is nie op wetenskap gegrond nie, onregverdig en dra by tot die gebrek aan ondersteuning vir Afrika wat broodnodig is vir ʼn doeltreffende wêreldwye reaksie op die pandemie”.

“Afrikalande word gestraf vir die einste deursigtigheid wat eintlik nodig is om die uitwerking ​​van die Covid-19-virus op lewens en lewensbestaan suksesvol te bekamp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Renier johannes ·

Geen mediese in enting mag op jou af gedwing word nie

groenboer ·

Daar gaan straks hofsake daaroor wees. Sal interessant wees om te sien wat die hof daaroor besluit.

ES ·

Jy is reg Renier, maar maatskappye kan doen wat Standard Bank nou gedoen het. Hulle het hul werksbeleid verander waar hulle klient-siendende werknemers versoek om teen April 2022 ingeent te word. Indien hulle nie van die nuwe beleid hou nie, het hulle tot April om liefs ander werk te soek. En dit is wettig.

piet ·

Op grond waarvan is dit onwettig? Ek sou dink dat daar wyd gekonsulteer is met regskenners voor hierdie besluit geneem is. Is in elk geval nie onwettig volgens die Grondwet nie, Artikel 36 maak voorsiening dat individuele regte ingeperk kan word indien nodig.

SjN ·

Frik, die wat weier kan mos ander werkplek gaan soek, hul stel ander werknemers in gevaar.

Francois Le Cochon ·

Niemand word gedwing nie. Werknemers het nogsteeds n keuse.

Julius ·

MTN gaan baie werkers verloor omdat die enstof die doel nie bereik nie en nie bewysbaar is nie. Druk die werkloosheid op en op en op.

VaalDonkie ·

Hulle kan nie eers na drie weke vir my se waar my nuwe “upgrade” foon is nie, maar hulle wil mense teen hul wil inent. Lekker man

Nie Verbaas ·

Hulle kan nie eers n kers partytjie in n brouery reel nie. Hopelose klomp.

VaalDonkie ·

Haha. Weet jy ne, vanoggend, so uurtjie nadat ek hierdie kommentaar gemaak het, toe bel hulle my wragtig en vra of ek nie wil “upgrade” nie! Ek vertel toe maar vir die agent ek het klaar en wag nog altyd vir my nuwe foon.

Danie ·

Ja nee, dis mos Afrikaner se mentaliteit. So het julle bv Spur ook probeer boikot, ek sien nie dat hulle op n streep toegemaak het nie

bobmartin ·

Die werkloosheid syfer styg so hoog en vinnig, dat dit maak in elke geval nie saak aan die inent verpligtinge wat so geswaai word voor almal. Wat moet n arm werklose persoon doen met inenting? Hy gaan meer bekommerd wees oor kos en water met blyplek as inenting. Die inenting “pasboek” gaan net groter probleme veroorsaak.

Tipper ·

Laat ons sien hoe dit gaan uitspeel,Maroela moet ons up to date hou.

Frik ·

Geheel en al ongrondwetlik!
Netso is daar geen arbeidswetgewing wat hul die reg gee om dit te doen nie.
Wie gee hulle die regsadvies oor hierdie dinge want dit is duidelik nie goeie advies nie en hulle gaan nog duur betaal hiervoor!

piet ·

Verskeie top regslui wat spesialiseer in Arbiedsaangeleenthede het reeds gese dat hulle voorsien dat die werkgewers sal slaag op grond van die feit dat dit hulle plig en voorreg is om ‘n gesonde werksomgewing te skep vir werknemers en klante/kliente. Nie ongrondwetlik nie siende dat groepbelange swaarder gewig dra as individuele regte. Individuele regte is nie absoluut nie. Die Konstitusionele Hof sal in werkgewers se guns beslis.

Frik ·

Gaan kyk bietjie na Schalk van der Merwe en sy sake waar maatskappye mense onregmatig ontslaan het oor hul nie wou inspuit nie en ook nie CPR toetse wou gaan doen nie.
CCMA het in al die werkers se guns beslis!
Jy weet natuurlik nie wie Schalk is nie?

ES ·

Frik, die CCMA se bevindings het nie geregtelike presedent nie. Die word op ‘n saak-tot-saak basis hanteer en goedgekeur. Die CCMA het vir die werknemers se werksvergoeding en gesorg en seker gemaak hulle word weer aangestel en die besluite word geneem op grond van regverdigheid. Dit beteken nie dat elke geval so sal uitdraai nie en dit het absoluut niks met die inenting te doen nie en als met die prosedure wat gevolg is toe hul afgedank is.

piet ·

CCMA is nie ‘n hof nie. Ek wil nie spekuleer oor wat in ‘n random saak by die CCMA gebeur het nie, ek het nie die besonderhede nie en ander sake by die CCMA het waarskynlik ander beslissings opgelewer. So om na ‘n CCMA saak te verwys, is basies useless want dis nie deur ‘n Hof getoets nie. Bestudeer Artikel 7(2) van die Grondwet en in meer besonder sub-artikel 7(3) wat voorsiening maak vir die beperking van individuele regte soos ingevolge Artikel 36 van die Grondwet. Selfs die SAHRC (South Aferican Human Rights Council as jy nie weet nie) het reeds amptelik verklaar dat verpligte inenting grondwetlik sal wees in terme van die artikels soos voormeld. Dit sal verpligtend wees indien die regering ‘n Wet uitvaardig en indien dit redelik geag word in ‘n oop en demokratiese bestel soos ons s’n.

Johnny ·

MRK is nog minder ‘n geldige instelling wat regspraak betref as CCMA.

Francois Le Cochon ·

Frik, verskaf ons asb die CCMA saaknommers. Ek kry dit nie op SAFLII se webblad nie.

piet ·

Jy sal dit nie daar kry nie Francois, Dit was nie ‘n regsaksie nie en CCMA het geen regsprekende gesag nie. Die CCMA se beslissing kan byvoorbeeld by die Arbeidshof getoets en ongedaan gemaak word. Beteken niks.

VaalDonkie ·

Piet, as ‘n maatskappy ‘n skrifgeleerde aanstel om ‘n saak ten gunste van gedwonge vergiftiging te maak, dan gaan daai skrifgeleerdes hul bes doen om ‘n argument ten gunste van daai giffie aanmekaarsit. Dis maar hoe dit werk. Dis nie te se die saak gaan noodwendig slaag nie, want die ander kant van die saak had ook regslui wat hul saak kan stel.

Truman Burbank ·

Gaan die maatskappye wat hul werkers wil dwing, ook kliente wegwys wat nie die jab gehad het nie?

Alida ·

Werkgewers, besighede en instansies soos universiteite, privaatskole behoort te kan kies of te kan besluit dat mense wat daar werk of studeer of die besigheidsperseel wil besoek (bv. ‘n restaurant) ingeënt moet wees. As daardie keuse jou nie pas nie omdat jy nie ingeënt is nie, kan jy besluit om elders heen te gaan of om te gaan inent.

Truman Burbank ·

Meeste mense wat nou nog nie die jab gekry het nie, het daarteen besluit en sal nie maklik oortuig word nie. En as besighede staf gaan afbetaal omdat hul nie wil val vir die grap nie, moet hulle ook maar kliente wegwys wat nie daarvoor cal nie

Alida ·

Hoekom moet die individu (wat bv. nie wil inent nie) se keuse swaarder weeg as die besluit of keuse van ‘n werkgewer/organisasie? Ek sê nie inenting moet verpligtend gemaak word vir almal nie, maar dat almal ‘n keuse moet hê – ook besighede of werkgewers. Baie mense sal verkies om bv. nie ‘n restaurant te besoek wat vereis dat kliënte en kelners ingeënt is nie – dit is hulle goeie reg. Ander sal dit weer juis verkies.

piet ·

Dit sou juis diskriminerend wees indien werkgewers nie ‘n veilige werksplek skep nie. Absoluut nodig.

Petrus Klipkop ·

Alida, ek stem met jou saam, maar met ‘n voorwaarde. ‘Reg van toegang voorbehou’ moet dan konsekwent geld vir toegangsweiering op grond van enige rede, insluitende inentingstatus, MIV status (wat beide private mediese inligting is), negatiewe toetsing van enige oordraagbare siekte, taal, ras, seksuele oriëntering, ouderdom, geslag, gender, et al, sonder enige gevolge vir die eienaars van die besigheid. Segregasie is segregasie, maak nie saak wat die rede is nie.

Miskruier ·

Vaccinated and unvaccinated have one thing in common, neither will ever be fully vaccinated.

Papsak ·

Hou op die mense dwing julle gaan besigheid verloor en geld julle gaan moet plekke toe maak gaan aan druk net op en op gaan soek vir julle ander werk wat nie enting in julle kele sal af druk nie

ES ·

Ek se nie ek stem noodwendig saam met dit nie, maar dit is ongelukkig hoe ver die Suid Afrikaanse gemene reg ontwikkel is op hierdie stadium. Dit is hoekom daar nog nie saakreg is wat ‘n geregtelike presedent geskep het oor die besluit nie. Elke saak sal CCMA toe gaan en dan sal die CCMA kyk of die regte prosedures gevolg is vir afdanking, al dan nie, maar geen besluit kan daar gemaak word oor of dit Konstitusioneel is of nie.

Discovery en Standard Bank het vir hul personeel die keuse gegee. Jy is of ingeent teen Maart of April 2022 en voldoen aan hul beleid of jy moet vir jou ander werk gaan soek. Daar is nog geen sake wat verwys is Konstitusionele Hof toe nie a.g.v. afdanking nie, so om te se dit is Onkonstitusioneel is feitlik nie korrek nie.

VaalDonkie ·

Ja niemand weet nog nie. En weining mense wat afgedank is, gaan R250 000 he net om op die rol te kom in die grondwethof.

piet ·

CCMA is nie ‘n hof nie. Sal nog getoets word deur die Hof maar ons weet reeds dat artikel 36 van die Grondwet voorsiening maak dat individuele regte ingeperk kan word as dit billik is. Die skep van ‘n veilige werksomgewing is myns insiens nie net billik nie maar nodig.

VaalDonkie ·

Artikel 36 se jy kan onder geen omstandighede my reg ontneem om NIE op ge-eksperimenteer te word nie. Kyk maar na daai tabel.

piet ·

As die beperking Wet gemaak en billik is (soos om vir ‘n veilige werksplek vir almal te sorg)….gaan die betrokke individuele reggie vir ‘n pot ertjiesop. Baie duidelik volgens die Grondwet. Maar kom ons wag maar vir die Konstitusionele Hof om die posisie te bekragtig wat ons reeds weet bekragtig sal word (maar net om dit WEER swart op wit te stel).

Johnny ·

Inentings maak jou immuun, wat hierdie nie doen nie. So hierdie is bloot ‘n inspuiting. Hou dus op om daarna te verwys as ‘n inenting, aangesien dit ‘n valse indruk en verwagting skep.

SwartBees ·

Mooi, ek hoop meer werks plekke wil dit verplig.

Soos al genoem is, die persoon wat nie gejab is nie veroorsaak mutasies en verspreiding in die werks plek wat die ekonomie vertraag (persone in sleutel posisies wat afwesig is en selfs afsterf….etc)

So ja, dis my 2c worth as dit ooit sin maak.

Irma ·

Jy is dan seker ten gunste daarvan dat die werkloosheidssyfer daardeur verder die hoogte gaan inskiet. Hoeveel mense gaan dan sonder werk sit of maak dit nie aan jou saak nie.

SwartBees ·

Dis n catch 22 situasie….. Die maatskapy waarvoor ek werk se groot besluit nemers is tans baie siek en die CFO het afgesterwe n maand en n half terug. Die dilema is dat groot finansielle transaksies op hold is en tot nuut gaan want die kennis wat saam met die transaksies geloop het is nou siek en nie meer met ons nie omdat hulle aangesteek het by kollegas met dieseldfe siens wyse as jy. So wat maak mens want dit gaan by ander maatskappye ook so?

bobmartin ·

Lyk my tekort aan spanwerk om n oplossing te kry vir die wat inenting geneem het en nie inenting neem, te akkommodeer. Albei is geregtig om te werk vir hul geld om te kan sorg vir hulself en hul familie. Met of sonder die inenting verpligtend maak.

Irma ·

Ja bobmartin, om darem mense af te dank omdat hulle vir welke rede ookal nie die enstof wil of kan neem is vir my net ‘n te drastiese stap van firmas. Daar moet tog seker iewers ‘n middeweg gevind kan word om albei partye te kan akkommodeer.

bobmartin ·

Lyk eerder tekort aan spanwerk. N Opplossing sal moet uigewerk word om albei partye te akkomodeer (inenting neem of nie). Elkeen se reg om te werk vir geld sodat hy of sy vir hulself en hul familie te kan sorg. Of jy inenting neem of nie.

piet ·

Dis nie jou reg om teen jou werkgewer se reels en regulasies op te tree nie. Wat van die werkgewer se reg en verpligting om ‘n gesonde werksomgewing te skep en die werknemers se reg op gesonde en ‘n veilige werksomgewing?

bobmartin ·

Mnr Piet. Om in n span te werk en n oplossing te soek is heeltemal anders as om teen jou werkgewer se reels en regulasies op te tree. Werkgewer sowel as die werknemer het die reg om te werk en geld te verdien om na hulself en hul gesin om te sien. Maak nie saak wat jou geloof, politieke standpunt of jou gesondheid status is.

Irma ·

bobmartin, ek dink ook in sekere gevalle kan die moontlikheid ook bestaan dat daar met hierdie beoogde beleid dit dalk die enigste broodwinner in ‘n familie is wat sy werk kan verloor. Maar nou ja, die mense wie op hierdie blad kommentaar lewer was seker nog nooit in ‘n posisie waar hulle gewonder het waar hulle volgende bord kos vandaan gaan kom.

Pieter ·

Wel, dis jou eie keuse dat jy werkloos gaan wees. jy het beheer daaroor of jy n werk gaan he of nie.

bobmartin ·

Waar is die keuse as dit verpligtend is? Waar is die beheer of n persoon werk gaan he of nie as dit eenstrydig is?

bobmartin ·

Ekonomie was en is nogsteeds gekniehalter nog voor die verpligting van entstof vat. Dit help nie jy blameer die wat nie die entstof vat vir swak ekonomie in ons land.

Jaco ·

Almal wat hier so kommentaar teen inenting lewer, hou seker van die lockdown wat maar net aangaan en aangaan en aangaan.

Marius ·

Dit is tragies dat mense verplig word om inentings te neem. Wat het geword van “my liggaam, my keuse”. As dit jou dag is om dood te gaan dan sal dit so wees. Maak nie saak wat die rede is nie.

Danie ·

ja Marius maar jy gaan soek ook nie onnodig vir jou dood nie. Mens dobbel nie met jou of ander se lewe nie

Alida ·

NIemand verplig jou om in te ent nie, net soos niemand jou verplig om bv. op te hou rook nie. Jy word slegs verhoed om in sekere plekke te gaan as jy nie die inspuiting gehad het nie – soos rokers nie in nie-rokersareas of kantoorgeboue mag rook nie. Maar covid het ‘n ernstige effek op die land se ekonomie en op gesondheidsdienste, en as daar dan ‘n inspuiting is (kom ons noem dit dan ‘n inspuiting ter wille van Johnny hierbo) wat profalaktiese toegedien kan word, m.a.w. voorkomend om ernstige komplikasies te verhoed, dan behoort regdenkende mense dit ernstig oorweeg om dit te kry. Ek kry die indruk die mense wat nie die inspuiting wil neem nie, het nou soos kinders geword wat net skree “ek sal nie!” om ‘n punt te bewys, en nie omdat hulle die hele saak behoorlik en nugter en met behulp van die wetenskap ontleed het nie.

Samuel ·

Lees gerus die artikel in Lancet van 1 Desember 2021 en sien hoe die gety begin draai. Wetenskaplikes is nie meer so bang om hulle uit te spreek oor die werking al dan nie, van die sogenaamde inenting nie. Regerings en die groot farmaseutiese maatskappye begin kennis neem.

MTN saal ‘n wilde perd op met die gedwonge inentingstorie. Daar is geen wetenskap daarby betrokke nie.

Frikkels ·

MTN moet eerder hulle diens opskerp. Hier waar ons woon is daar omtrent nooit internet toegang nie, alhoewel ons omtrent 1,5 km van die toring af woon. Male sonder tal het ons al gerapporteer en het ook al deur cell c gerapporteer dat ons op reëndae geen internetverbinding het nie. Die terugvoer was, dat die toring opgradeer moet word omdat dit nog steeds LTE 2G is, maar daar kom dadels van. Nee man, hou julle by julle eie sake en los verpligte inenting vir ñ onbevoegde regering!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.