Munisipale bestuurder gevind

Maggie Skhosana (Foto: Verskaf)

Die ontvoerde munisipale bestuurder van die Nkangala-distriksmunisipaliteit in Mpumalanga en haar motorbestuurder is albei Woensdag lewend opgespoor.

Maggie Skhosana en Gugu Mtsweni glo gister laatmiddag deur hul ontvoerders in die bosse naby die N14 in Diepsloot afgelaai. Mtsweni, wat met toue vasgebind was, kon daarin slaag om by die pad uit te kom om hulp te onbied. ʼn Taxibestuurder het tot hul redding gekom en die polisie in kennis gestel.

Die slagoffers is onmiddellik na die Diepsloot-polisiestasie geneem en daarna hospitaal toe, en is Donderdag uiteindelik met hul families herenig.

“Volgens die polisie se inligting is die twee slagoffers verlede Donderdag by die munisipaliteit se perseelhek deur verdagtes in ʼn wit sedan aangeval en ontvoer,” het Donald Mdluli, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê.

Die slagoffers se voertuig is dieselfde dag by een van die myne in Middelburg-omgewing opgespoor. Skhosana se rolstoel sowel van die slagoffers se ander besittings is in die verlate voertuig gevind.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale kommissaris van polisie, het kort nadat die voorval aangemeld is, ʼn ondersoekspan saamgestel om te verseker dat die twee slagoffers opgespoor word. Die privaatondersoeker Mike Bolhuis het die polisie gehelp.

Volgens sy ondersoekspan het die ontvoerders ʼn losprys vir die twee se vrylanting geëis.

Manamela het haar dank teenoor almal uitgespreek wat bygedra het tot die ondersoek, ook vir lede van die publiek se bydrae.

Die verdagtes is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

piet ·

Lyk my ontvoering is nou die nuwe “craze”. Maak maar gereed vir meer ontvoerings en lospryseise. Lekker man, gangster paradise.

Anonymouse ·

Yep. Hulle het Maandag ‘n leerling by ‘n skool in die Ooste van Pretoria probeer ontvoer. Sy het gelukkig weggekom. Dit het nie eers die nuus gehaal nie — al hoekom ek weet is omdat ek iemand daar ken.

Casper ·

Genadiglik is hulle lewend gevind,maar ek wonder hoekom is hulle net vrygelaat na ‘n losprys geëis is.Dit maak nie sin nie.

Morné ·

Uiteindelik ‘n gelukkige einde, wonder net of dieselfde lot sou geval het as dit iemand anders was?

Moedeloos ·

Wonder of die losprys betaal is daarom is hul vrygelaat. Die berig is baie vaag, was die aangehoudes geblinddoek dat hul nie weet waar hul was of hul ontvoerders gesien het nie.

Nicholaas ·

Wonder wat het van ander vrou geword wT sy rukkie terug ook ontvoer is nadat sy in haar sportsmotor voor gekeer is.

Danie ·

Ek dink hulle was n handvol vir die ontvoerders.Dalk was daar nie geld nie of dalk het sy hulle omgekoop mos goed daarin.

maruis ·

Die munisipaliteit betaal die losprys en die kaders verdeel dit – soms ‘n slim plan om maklik en vinnig ‘n paar miljoen te maak?

Nettie ·

Ek is dankbaar hulle is gekry. My hart het uitgegaan na hulle. Watter hel het hulle nie deurgemaak nie. Mag hulle genesing en vrede vind. Dankie aan al die polisie, die taxibestuurder en almal wat gehelp het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.