Munisipaliteit gaan eis oor Knysna-brand teenstaan

Een van die huise wat destyds in die brande verwoes is. (Foto: Facebook)

Die Knysna-munisipaliteit het aangedui dat hy ʼn eis deur inwoners van Elandskraal buite Knysna in die Wes-Kaap vir die skade wat hulle weens ʼn verwoestende brand in 2017 gely het, gaan teenstaan.

Maroela Media het vroeër berig die groep eisers dagvaar die munisipaliteit vir skadevergoeding van R17,2 miljoen. Die munisipaliteit het Woensdag kennis gegee van sy voorneme om die 19 eisers se aansoek teen te staan.

Inwoners van Elandskraal het die munisipaliteit en brandweerdiens destyds deurentyd gevra dat ʼn brand, wat weke lank op ʼn plaas in die omgewing gesmeul het, geblus moet word. Hulle versoeke het op dowe ore geval.

Die brand het weke later opgevlam en na Knysna versprei. Wat daarop gevolg het, was een van die ergste brandrampe in Suid-Afrika se geskiedenis.

Sewe mense is eindelik dood in die brande wat 12 dae lank deur die omgewing gewoed het. Sowat 700 huise en ander strukture is verwoes en tussen 10 000 en 15 000 ha grond is afgebrand. Sowat 5 000 mense moes in dié tyd na veiligheid geneem word.

Jean du Plessis, verbonde aan die regsfirma Klagsbrun, Edelstein, Bosman & Du Plessis Ing., het gesê inwoners meen die munisipaliteit het hulle in die steek gelaat nadat hulle telkens om hulp gesmeek het. Selfs nadat die brandweer na die gebied uitgekom het, het die owerheid niks aan die smeulende vuur gedoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Die Wolf ·

Ongelukkig gaan dit die belastingbetalers wees wat aan die kortste ent trek.Klink vir my hulle assuransie wat munipaliteite vir aanspreklikheid uitneem, het hulle laat verval en of nie eers het nie. Die aanspreeklike persoon in my opinie is die persoon in beheer van brandbestryding indien hulle nie op die klagtes reageer het nie. Hoop die inwoners kan bewyse lewer van klagtes.

marius ·

Hulle sal dit natuurlik teestaan . As die eis slaag gaan dit nie by R17.2 m bly nie , en hulle weet dit .

daniel ·

Is daar nog n munisipaliteit wat funksioneel is in die land, wat word van die geld?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.