N7 by Piketberg oopgestel ná ongeluk vyf lewens eis

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

Die N7 naby Langvlei in die Wes-Kaap is weer oopgestel ná ʼn ongeluk Saterdag vyf lewens geëis het. Verskeie ander mense is beseer.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeerspolisiehoof, het gesê ʼn silwer Toyota-dubbelkajuitbakkie het omstreeks 18:45 van die pad gery en omgeslaan. “Die voertuig was van Langebaan na Citrusdal onderweg,” het Africa gesê.

‘n Eenjarige kind, drie vroue (twee van hulle 25 jaar oud en die derde 44 jaar oud) en ʼn 44-jarige man is op die toneel dood.

Drie kinders, onderskeidelik sewe, nege en 13 jaar oud, is baie ernstig beseer, het Africa gesê. Twee vroue was ook in ʼn bedenklike toestand, terwyl nog ʼn man en vrou ernstig beseer is.

Die pad is ná die voorval vir verkeer in albei rigtings gesluit. Dit is ure later weer oopgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Neels ·

Diet is erg en simpatie met die naasbestaandes. Dit wil voorkom of die Dubbel kajuit oorlaai was ek tel 14 insittendes en seket nog bagasie of kruideniersware

Dennis Dietrich ·

Ons feesgety begin bloedig….. Bestuur asseblief versigtig…. Ekstra bedagsaam wanneer jy passasiers in jou motor karwei…. Behou spoedgrens… Volgafstande….. En ontspan as jy moeg voel…. Kom liewer later aan as nooit…..

CdV ·

Simpatie aan die naasbestaandes. Lees Maroela joernaliste nie meer hul artikels en vergewis hulself van die feite voor julle dit publiseer nie? Opskrif sê by vyf dood, maar in artikel het 2 kinders, 3 vroue en man omgekom = ses ???

Christel Cornelissen ·

Dagsê CdV
Dankie vir jou boodskap. Ons het die berig gewysig en vra om verskoning vir die fout.
Groetnis
Christel
nms Maroela Media

Danie ·

12 persone in een voertuig lyk na vervoer van mense.
Was dit wettig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.