Nasionale plan versoek vir langafstandbusse voor feesseisoen

Intercape busse. (Foto: Intercape/Facebook)

Ná ʼn jaar van eindelose aanrandings en uitbuiting van die langafstand-busbedryf, maan die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap die nasionale minister van vervoer, Fikile Mbalula, om onmiddellik ʼn nasionale plan van aksie bekend te stel wat die veiligheid van langafstandbusse, passasiers en bestuurders sal verseker in die lig van die komende feesseisoen.

Ricardo Mackenzie, die DA se provinsiale woordvoerder oor vervoer, sê duisende Suid-Afrikaners sal na verwagting tydens die vakansieseisoen tussen provinsies reis en van busse, minibustaxi’s en ander vervoer gebruik maak. “ʼn Strategie moet in hierdie stadium reeds geformuleer wees en publiek gemaak word deur die nasionale departement van vervoer in reaksie op moontlike aanvalle op langafstandbusse.”

Maroela Media het vroeër berig die Oos-Kaapse hooggeregshof het bepaal dat minister Mbalula stappe moet doen teen die voortgesette aanvalle op die langafstandbusdiens Intercape en het die minister tot 28 Oktober kans gegee om met ʼn aksieplan vorendag te kom. Intercape het bevestig dat die minister nog nie enige poging aangewend het om met die maatskappy in verbinding te tree nie.

“Daar was ook nog nie enige gesprekke met die Wes-Kaap nie – die provinsie wat die swaarste deur dié voorvalle geraak word,” het Mackenzie gesê.

Die DA glo daarom dat ʼn nasionale aksieplan die langtermyn beskerming moet bepaal vir bestuurders, pendelaars en infrastruktuur, veral tydens ʼn periode waar daar verhoogde interprovinsiale reise sal plaasvind.

“Ons wil nie verdere geweld, uitbuiting of bloedgieting sien nie. Dit kan op ons interprovinsiale roetes voorkom word.”

Ondanks minder aanvalle wat aangemeld is, moet die departement nietemin voorbereidings tref vir die toekoms, meen Mackenzie.

“Die DA in die Wes-Kaap vertrou dat minister Mbalula sal ag slaan op die versoek vir ʼn nasionale aksieplan om ʼn doeltreffende reaksie op die geweld en misdadigheid wat die langafstandbusbedryf teister, te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Danie ·

Wie van die dept van vervoer sluit in sap gaan hulle aan die hofbevel steur.Daar is die vorige polisie hoof wat hooggeregshof bevele verontagsaam het en hy is niks aan gedoen nie.Die polisie kan hulself nie eers oppas nie.

Theuns ·

Kriminele moet hul cadres aankeer? Wat n grap. Die cabinet clown moet dit Lei! Grsp dat da so nsief is en NIKS self Dien nie. Hul is nie magtelooos nie maar skapgat nes regering. Beroep is WINDOWDRESSING om fools wat vir hul stem stil te hou. Dom om die spul leuenaars te glo

Herman L ·

Al die busmaatskappye moet in Desember vir ‘n week staak. Die taxis sal nie al die mense kan vervoer nie. Die massas sal briesend wees en hopelik die taxi-base laat verstaan om die busse in vrede te laat.

Heinrich ·

Wishful thinking Herman, hulle sal net die taxis oorlaai en net meer slagtings veroorsaak.

SjN ·

Frikkie soek seker nog na iemand om te help met die veiligheidsplan.

Heinrich ·

Almal weet wie is verantwoordelkik vir die afpersing en geweld maar niemand sal optree nie, want die regering is vrek bang vir die taxibedryf se mafia.

Theuns ·

Diewe kty steun by diewe. Soort does soort en dreams is 110% veilig by anc

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.