Nederland gee R300 m. vir openbare vervoer in Kaapstad

MyCiTi-bus in Kaapstad (Foto: Facebook)

Die Nederlandse regering het Donderdag ’n ooreenkoms met die Stad Kaapstad onderteken waarin dié regering onderneem om ’n skenking van R300 miljoen aan Kaapstad se vervoerdirektoraat te gee met die oog op die verbetering van openbare vervoer.

Dié finansieringsooreenkoms, ook bekend as die Orio-projek, gaan oor die volgende vyf tot tien jaar implementeer word. Die geld gaan hoofsaaklik vir die verbetering van die MyCiTi-busdiens wat tussen Khayelitsha, Wynberg en Claremont in die Wes-Kaap diens doen, gebruik word.

Luidens ’n verklaring deur die Stad Kaapstad het die samewerking tussen die Nederlandse regering en Kaapstad al in Junie 2012 begin. Die Stad het aansoek gedoen om in aanmerking te kom vir die Orio-projek, waarna ’n kontrak in Oktober 2015 onderteken is om die projek aan die gang te sit.

“Die R300 miljoen gaan gebruik word om nuwe hoof- en toevoerroetes, bushaltes en -stasies en ’n busdepot in Khayelitsha op te rig. Nolungile, Vuyani en Nyanga as openbare vervoerwisselaars gaan ook opgradeer en ontwikkel word omdat pendelaars wat van MyCiTi se dienste gebruik maak ook ander vervoermiddels, soos minibustaxi’s en treine, gebruik,” lui die verklaring.

Die Stad Kaapstad se vooruitsig met die Orio-projek is om ander maatskappye aan te moedig om ook in die land se openbare vervoer te belê. Die Stad het gesê hy is dankbaar vir die Nederlandse regering se vrygewigheid en toewyding om Kaapstad se openbare vervoer te help opknap. “In moeilike ekonomiese tye soos nou is hierdie hulp van kardinale belang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hoese? ·

Neeeee rerig dit maak nie sin nie. Waarom sal iemand so ‘n skenking maak? UhUh daar gaan iets aan.

JohanR ·

1. Iets stink hier…..R300m darem baie geld!!!
2. Darem vir ‘n DA provinsie gegee, en nie vir ‘n ANC een….. maar
3. Sal die geld reg gebruik word, en nie in verkeerde hande, en bankrekeninge opeindig nie?

Realisties ·

Nederland. Ons boere gaan onder deur droogte- help liewe die droogte slagoffers asb.

Bert ·

Is die vuurhoutjies ingesluit of moet hulle dit self aanskaf?

Emma ·

Ja help ieder ons boere want die anc regering sien nie hoe swaar hulle kry nie.

Jean ·

Daar brand hulle die busse en stasies so gou af, wat n mors van geskenkte geld, hoekom kon hulle nie die buslyne met meer noordelike voorstede verbind nie, in Durbanville en Brackenfell sou die mense dit waardeer sonder om dit af te brand

Leonard ·

En so suig die Noordelike voorstede weer aan die agterste speen. Nie eens die opgraderings aan die N1 verbeter die spits verkeers druk nie. Wanneer wil jul Stad Kaapstad na ons kyk!

De Noon ·

Netjiese bushalte. Plat geplunder. Dit was geldmors. Waarom dit regmaak. Los hom so.

Karel Klap-n-Toon ·

Belê die R300 000 000.00 en gebruik slegs maandeliks die helfte van die rente om vir ewig busse te koop en stasies te bou…julle sal nie vinniger kan bou as wat die rente inkom nie…vir ewig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.